Ek wil nou eenjarige mengsel van raaigras stoelrog en assegaaiklawer 10ha onder spilpunt plant om lammers op af te rond, het iemand ondervinding van so mengsel. Hulle reken opbrengs 15-17t DM/ha met drakrag 40-60 lammers/ha of 8-12 speenkalwer/ha. Ek is versigtig vir die klawer vir opblaas maar die verhouding het baie min klawer in. Die rog help met vertering omdat hy grof is en dan is die droe voer behoefte nie so groot nie. Laat weet wat julle dink plantyd kom nou nader.
Groete
Ben
Voermengsel
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Voermengsel
Ons het eenjarige raaigras saam wit en rooi klawer geplant onder spilpunt waar voorheen net kikuyu was.
In die eerste jaar is dit oorwegend die raaigras wat deur die koue maande weiding lewer met die klawer wat stadig vorder. Soos dit warmer geword het het die klawer en kikuyu al meer begin toeneem en die raaigras verdwyn. Van die lande is nou al 3jaar laas met die mengsel geplant en die kikuyu floreer saam die klawer. Die rooiklawer is byna heeltemal weg en dis die wit klawer wat sterk groei. Deur die winter vrek die kikuyu maar die klawer bly mooi groen.
In die somer kan maklik tot 15 speen kallers van so gem 230kg per ha wei.
Deur die winter neem dit af na so 7 kallers per ha maar dit moet maar fyn bestuur word.
Die eerste winter met die raaigras het ook so 15 beeste per ha gedra.
Geen opblaas gehad nie maar die mis was baie los en het addisionele hooi uitgesit.
Van tyd tot tyd het die dorpers ook daar gewei sonder enige probleme. Die ooie is in die oggend rondom 9uur uit om te gaan wei en is weer 5uur die middag gekraal. Het die ooie al op die weiding laat lam en het niks opblaas gekry nie.
Die raaigras en klawer weiding se proteien inhoud behoort gemaklik bo 13% te wees so dit behoort nie n probleem te wees nie. Het wel ketose onder van die ooie gekry so dragtige ooie moet maar n energie aanvulling kry.

- cg rossouw
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Sat Apr 07, 2012 8:31 pm
Re: Voermengsel
Hallo Ben
Nou gelees en klink na goeie weiding, ek dink ek sou net die stoelrog met gars gemeng het. Ons plant dit droe land en gee goeie weiding. Sit maar goeie lek of jy kry blowgard blokke(nie seker van die spelling), sit oral in die land uit. Sal goed werk. As jy tot baie mielies beskik meng gemaalde mielies en ss 200, jy sal nie lammers lank voer tot wanneer hulle moet ry nie.
Sterkte
Groete CG