.22?

Post Reply
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

.22?

Post by Jake1 »

Ek is opsoek na 'n skyfskiet .22- kan enige iemand raad gee oor watter make goed is en nie.

Met my ou cbc (onbekende naam) met knaldemper op 50 m en lapau subsoniese patrone skiet ek groepe wat so 10 tot maks 20mm uitmekaar is. is dit normaal of kan mens dit beter kry met hierdie patrone en silencer op.

Jake1
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .22?

Post by tripodmvr »

Jy kry eintlik goeie groepe met so ou geweertjie en veral met die' Brasiliaanse maak.

Die eintlike skyfskiet gewere se mikpunt is die Anschutz. Weet van iemand wat paar jaar gelede R25 000 vir 'n 2de handse geweer betaal het.

As jou geweer skiet soos hy wel skiet sal ek heel tevrede wees. Jy gaan nie baie beter doen tensy jy baie meer geld uithaal nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: .22?

Post by Frikkie Coetzee »

Jake

Die CBC is n Brasiliaanse fabriek en is die kwaliteit maar middelmatig.  Ek reken met n goeie teiken .22 soos n Anshutz sal jy op 25m groepe van onder 5mm kan skiet heeldag lank.

Daar is n ou gesegde dat die verskil tussen n 2 duim geweer en n halfduim geweer is die prys. Dit bly maar waar tot n mate.

Frikkie
Cradock
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: .22?

Post by JTM »

Jy kan ook na Walther kyk. As jy bietjie rond soek hoort jy dalk 'n ouer weergawe Walther teiken geweer teen 'n billike prys te kry. My een vriend het noudie dag so geluk raak geloop.

[img width=560 height=155]http://www.gunsports.co.za/photos/hi-re ... get_hr.jpg[/img]

EK het die een op gunsports.co.za gesien
Jannie Welman
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: .22?

Post by Frikkie Coetzee »

Ek ken nie die Walters persoonlik nie, net hull reputasie.

Het vir my die ander dag n Remington 521 T gekoop. Is n ligte teiken geweer gewees vir die Boy Scouts in Amerika.

Baie akkuraat maar nie die ekwivalent van die match Anschuts en Walter nie.

Frikkie
Cradock
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: .22?

Post by Jake1 »

ek het vandag op 50m met cci subsonies en knaldemper almal in die kol geskiet-11 patrone wat almal aan mekaar raak- ek het dit 3 keer namekaar gedoen- dink julle dis dan nog nodig om 'n ander geweer te kry?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .22?

Post by tripodmvr »

Waarvoor gebruik jy jou .22? Skiet van ongediertes of skyfskiet?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: .22?

Post by Jake1 »

Ek gebruik hom vir altwee maar ek skiet sommer op my eie teiken. Weet jy wat die vereistes is vir amptelike .22 skyfskiet, moet jy met versier skiet of mag jy 'n teleskoop gebruik?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .22?

Post by tripodmvr »

Praat uit monde van die SA Jagters se skietoefeninge. Jy kan met oop visier of teleskoop skiet. Oefenening begin op 50m en tot op 25m.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: .22?

Post by swc-tr »

Jake1 wrote: Weet jy wat die vereistes is vir amptelike .22 skyfskiet, moet jy met versier skiet of mag jy 'n teleskoop gebruik?
SATRA is die amptelike .22 skyfskiet liggaam (prone en 3P, soos tydens die Olimpiese Spele)
In RSA is daar klasse vir beide oop visier en teleskoop (F-klas) in die prone afdeling.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Post Reply