Die jong Ou Ballie jag te perd

Post Reply
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Die jong Ou Ballie jag te perd

Post by PWV »

Toe ek nou FHM se “post”, In die saal jag, lees , kon ek nie anders as om hierdie ervaring met julle te deel nie.

Kyk, as kind het ek as’t ware op ‘n perd groot geword.  Agterwêreld was so gebrei dat ‘n onderwyser maar die rottang kon gebruik sonder dat ek ‘n bek getrek het.  En toe gaan ek universiteit toe en na ses jaar begin ek skoolhou op Vryburg.  (Ja, ses jaar -  ek het nie my kursus op PUK afgerammel nie.)

Twee van die matriekmanne nop Vryburg, Brooks Bruwer en Danie Wiese reël toe dat ons vir ‘n lang naweek bietjie veld toe gaan en kyk of ons ‘n paar springbokke kan kry.  Ons sou te perd jag.  Al wat ek gehad het was ‘n .22 magnumpie  met ‘n oop visier  -  ‘n lekker “poach”-geweertjie, maar nog nooit vir springbokjag gebruik nie.

Na al die jare klim ek die bruin vosperd met groot moeite, want hy wil nie stilstaan vir die opklimslag nie.  My pa het my egter geleer hoe om so ‘n perd te uitoorlê.  Jy druk jou vinger in sy oog en as hy nog wonder wat gebeur het, moet jy sorg dat jy in die saal kom.

Verbasend hoe naby jy aan die wild kan kom te  perd.  Was te bang om van die perd af te skiet en het maar tot naby die wild gekom, agter ‘n bos afgeklim, die perd vasgemaak en dan bekruip tot so op 50 tot 75 meter.

Na ongeveer 4 ure in die saal het ek die eerste goeie skoot op ‘n ram gekry. Kopskoot op 50 meter nadat ek omtrent 100 meter deur die bosse gekruip het.  Pens uitgehaal en toe die gesukkel om die bok op die perd te kry en op te klim. 

Die dag, ‘n groot sukses.  Die aand om die kampvuur, nadat ons die bokke verwerk het , gooi die manne die murgbene in die vuur.  Na ‘n ruk word dit uitgehaal, oop gekap en in ‘n ysterpot leeg gemaak.  Mieliemeel en sout kom by en so maak hulle pap.  Kyk dis nou pap uit die boonste rakke  -  smullekker!

En toe kom die volgende dag.  Nie so suksesvol nie.  Jy kom mos eers die volgende dag agter as jy blikners gery is.  Met ‘n opgehewe, rooi sitvlak wat brand soos vuur, stap jy wydsbeen soos ‘n cowboy.  Maar dit was het einde niet.  Daardie murgpap van die vorige aand het my maag laat rebelleer, want ek het mos nie maat geken nie.  Kyk, dis kort-kort bos toe en dié brand ook nie net tot jou boude beperk nie, maar ook hier in jou binnebene waar die stiegrieme jou geknyp het.  Geen salf byderhand nie.  Net ‘n bietjie uitgebraaide bokvet.

Dit was lank, lank gelede toe Piet Visagie nog vir Griekwas gespeel het en toe Frik du Preez op sy “prime” was.  Toe Mannetjie Roux die drie gedruk het waarvan Laurika Rauch sing. Toe ek nog nie vrou gevat het nie!  Toe onderwysers nog gerespekteer is en boompies gebuig kon word terwyl hulle nog jonk was!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Die jong Ou Ballie jag te perd

Post by Chevvy SS »

Mooi vertel oom PW. (PW wie?)
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Die jong Ou Ballie jag te perd

Post by FHM »

Aaaaag n heerlike lees weer Oom Pieter. Ja nee ek het darem self na n skoolvakansie die ou man se samboksalf vir so paar dae geleen - blikners is n bliksm, veral daar reg teen die exhause! :o

Oom Pieter - jy sou darem lekker voorletters gehaad het as jou oumense jou Klaas of Kallie of iets met n "K" as  eerste naam gegee het ..... ;)
Last edited by FHM on Wed Jan 23, 2013 3:58 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Die jong Ou Ballie jag te perd

Post by PWV »

Chevvy karring met my oor my voorletters!  FHM het 'n eiertjie te le!  Wat is julle storie.  ??? ???

Sal graag wil weet hoekom nou 'n "K".  "K" kan vir 'n mooi ding staan, bv. Kaptein  :) :)of vir iets baie leliks, bv. soos vir KILO ALPHA KILO!  :-[ :-[
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Die jong Ou Ballie jag te perd

Post by FHM »

Pieter Willem Vorster wrote: Chevvy karring met my oor my voorletters!  FHM het 'n eiertjie te le!  Wat is julle storie.  ??? ???

Sal graag wil weet hoekom nou 'n "K".  "K" kan vir 'n mooi ding staan, bv. Kaptein  :) :)of vir iets baie leliks, bv. soos vir KILO ALPHA KILO!  :-[ :-[

Of.... KWV... ;)

Ek dink Chevvy skimp so liggies op die 'PW' omdat ons mos so iemand n rukkie terug in die goewerment gehaad het...
Last edited by FHM on Wed Jan 23, 2013 4:20 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Die jong Ou Ballie jag te perd

Post by Chevvy SS »

Die man wat die langste en reguitste wysvinger in die ou SUID-AFRKA gehad het!

Hoe lyk jou vinger oom PW?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Die jong Ou Ballie jag te perd

Post by PWV »

Chevvy SS wrote: Die man wat die langste en reguitste wysvinger in die ou SUID-AFRKA gehad het!

Hoe lyk jou vinger oom PW?
My handpalm haak om die "recoil pad" dan kom ek net lekker die sneller op my geweer beet!  Omdat dit bietjie ongemaklik was het ek nou vir my 'n nuwe kolf laat bou met 'n "thumb hole" net voor die "recoil pad".  Man, ek kan dit aanbeveel!
Kon ook die laaste ou wat met my gekarring het se nersderm bykom en uitruk. 
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: Die jong Ou Ballie jag te perd

Post by Johan22 »

Ja Oom Pieter
So van die blikners ry en maag wat nie einde kry moet 'n man maar seker swaar onder die hart laat kry. Maar dit is 'n Lekker storie wat nog vertel was en 'n lekker lekker kry as jy terug dink aan dit en groot les uit dit geleer moet nie te veel murgpap eet as jy 'n ongemaklike perd op saal nie ne.

Groete
Johan22
.270 (Musgrave)
.303 (Lee Enfield) 
.357 (S/Weston) 
.22 (Bruno)
.243 (Krico)
.308 (Mauser)
.22 (Remington)
Post Reply