Page 1 of 1

.308.

Posted: Wed Jan 23, 2013 12:50 pm
by Gerhards
Hi manne.

Dm wil gou by die ouens hoor wat .308 het of n mens kan vlakte jag doen met hom.

Groete Gerhard.

Re: .308.

Posted: Wed Jan 23, 2013 12:56 pm
by FCLoretz
Jy kan vlagte jag met.

Kyk na 150gr of 130gr koeels.

Belangrikste is dat jy jou geweer ken en die koeel se trajek ken.

Re: .308.

Posted: Wed Jan 23, 2013 12:59 pm
by THOMAST
En die bok se afstand ken.
Ek reken 'n afstandmeter (rangefinder) sal baie waardevol wees, veral vir langer skote.

Re: .308.

Posted: Wed Jan 23, 2013 1:08 pm
by Gerhards
Ek het darm n afstandmeter. Watse geweer sal julle voor stel n Ruger Hawkeye od n CZ 550 deluxe in 308 kaliber. Lk die ander vraag is ek het n 7x57 sal dit dom wees om n 308 ok te koop ek soek n bos en redelik ver skiet geweer wat ander stel julle voor vir n vlakte geweer.

Groete Gerhard.

Re: .308.

Posted: Wed Jan 23, 2013 1:13 pm
by FCLoretz
Ek dink nie daar is 'n groot balistiese verskil tussen die 7x57 en .308(Help my maar reg as ek verkeerdis) nie. As jy reeds 'n 7x57 het sal ek nie 'n .308 koop nie.

http://www.chuckhawks.com/rifle_trajectory_table.htm

Cartridge (Wb@MV) Bullet BC 100 yds. 200 yds. MRT@yds. MPBR (yds.)
7x57 (140 BT at 2660) .485 +2.7" +1.3" 3"@125 264
7x57 (175 Sp at 2540) .519 +2.8" +1.0" 3"@125 256

.308 Marlin (160 EVO at 2660)* .400 +2.8" +1.2" 3"@130 261
.308 Win. (150 BT at 2800) .435 +2.7" +1.7" 3"@135 275
.308 Win. (165 Sp at 2700) .410 +2.7" +1.3" 3"@130 264
.308 Win. (180 Sp at 2610) .483 +2.8" +1.2" 3"@125 259

Re: .308.

Posted: Wed Jan 23, 2013 1:21 pm
by Jean Marais
Gerhard

Wat wil jy op die vlakte jag, eland, gemsbok, springbok, blouwildebees, blesbok ens.

Vir die kleiner wild - 6.5 x 55 perfek

Vir kleiner en die groter wild - 7mm RemMag of een van die 300 magnums.

Ek stem met FC saam. Die 7x57 is te na aan jou 308, en sal ek eerder groter gaan.

Hoop dit help jou met jou keuse.

Groete

Re: .308.

Posted: Wed Jan 23, 2013 1:26 pm
by James Wilson
Gerhard, ek is n groot voorstander en aanhanger van die 308. Besit self een en het al baie vlakte met hom geskiet.

MAAR as jy reeds n 7x57 het, gaan dit jou niks help om n 308 te koop nie. Die verskil tussen die 2 is marginaal.

Dit is soos om n 30-06 te besit en dan n 308 te koop.

Jy sal na iets baie groter of baie kleiner as die 7x57 moet kyk. Iets soos n 300mag of 243.

Re: .308.

Posted: Wed Jan 23, 2013 1:36 pm
by Gerhards
Hulle.

Geweer koop is soos vrou kies. Ek het al gekyk na die 6.5x55 en sterk oor weeg om een te koop ek soek ook n geweer waar mee my vrou kan skiet. Ek het al gehoor die 243 in moeilik om te laai maar ek sal nou nie weet nie ek het nog nooit.  Ek wil net klein wild skiet met die geweer. Dink julle n mens gaan nog lank kompente vir die 6.5x55.

Groete.

Re: .308.

Posted: Wed Jan 23, 2013 1:41 pm
by Jean Marais
Gerards

Jy sal nooit spyt wees oor daai kaliber nie, en glo my, hy word elke dag meer en meer populer. Ekself is hard aan die oorweeg vir een.

Met die relatiewe lang koeels het die kaliber 'n puik BC wat hom uiters geskik maak vir lang afstande, en jy het 'n redelike spektrum van koeelgewigte tot jou beskikking.

As jy net kleiner wild wil skiet is die kaliber ideaal, en vroulief sal hom gemaklik kan hanteer.

Groete

Re: .308.

Posted: Wed Jan 23, 2013 1:58 pm
by Gerhards
Manne.

Die ander ding wat my pla. Ek het nou die dag gekyk na n Cz in die 6.5x55 en sien sy twist rate is 1-9 watse punt sal ek hom kan laai.

Groetnis.

Re: .308.

Posted: Wed Jan 23, 2013 2:07 pm
by Jean Marais
Ek stem saam met Ludwig

Re: .308.

Posted: Wed Jan 23, 2013 2:17 pm
by Skolla
Gerhards wrote: .308 het of n mens kan vlakte jag doen met hom.
Jy kan verseker vlaktejag doen met hom maar, hy kom eintlik tot sy reg in veld wat baie bulte het.
Jy kan lekker oor die bulte skiet met hom, as gevolg van sy trajek. ;D
Sommer n grappie, sorry ek kon dit nie weerstaan nie.

Re: .308.

Posted: Wed Jan 23, 2013 3:52 pm
by Gerhards
Weet iemand dalk of ruger die 6.5x55 maak. Ek sien hulle het net die creedmoor.

Groete.

Re: .308.

Posted: Wed Jan 23, 2013 5:23 pm
by James Wilson
Ingedagte dat jy van die 6.5 hou het jy al die 25-06 oorweeg?

Re: .308.

Posted: Wed Jan 23, 2013 5:56 pm
by Gerhards
Nee ek het nog nie. Dk bly nou by die 6.5.

Re: .308.

Posted: Wed Jan 23, 2013 11:31 pm
by ruger
Skolla wrote: Jy kan verseker vlaktejag doen met hom maar, hy kom eintlik tot sy reg in veld wat baie bulte het.
Jy kan lekker oor die bulte skiet met hom, as gevolg van sy trajek. ;D
Sommer n grappie, sorry ek kon dit nie weerstaan nie.
Pasop vir die manne wat daardie trajek ken,as julle saam speel dan steek die 270 manne hul eie ammo weg en
sê dit is op!

Re: .308.

Posted: Fri Jan 25, 2013 12:57 pm
by Roger
Met 150gr PMP rondtes in my .308 (wat op 100m gezero is) het ek al SWB op 229m geskiet, SWB op 278m geskiet en Blesbok op 236m geskiet. Dis gerange en met n Lynx LX2 3,5-10x50 scope. So met bietjie oefen en dalk gezero op 150m of 200m, glo ek sal 300 - 350m doenbaar wees.