Page 1 of 1

Nuut Op die Forum

Posted: Tue Jan 22, 2013 7:03 am
by Jaco Brink
Hallo Almal. 

My naam is Jaco en ek woon in 'n klien dorpie in die Wes Kaap, George Miskien het julle al daarvan gehoor. 

Ek was vir 'n tyd betrokke by 'n ander forum wat nou lyk my nie meer bestaan en iemand het my vertel dat baie van die manne wat daar betrokke was, nou ook hier skryf.  Ek sien ek is 'n paar jaar laat op die forum, daar is 'n magdom info, sal maar probeer om op te vang.

Re: Nuut Op die Forum

Posted: Tue Jan 22, 2013 7:11 am
by VdWalt
Welkom hier!

Re: Nuut Op die Forum

Posted: Tue Jan 22, 2013 7:44 am
by Johan JvR
Jaco, baie welkom !  Gewonder wanneer jy hier gesig gaan wys  ;D

Manne, die van julle wat nie vir Jaco ken nie - hy weet van skiet.

Jaco, waarmee skiet jy deesdae? Steeds die Sako75 of is jy nou ook 'n Savage man?

Baie welkom, jy sal dit geniet hier.
Johan
Cradock 

Re: Nuut Op die Forum

Posted: Tue Jan 22, 2013 8:03 am
by Pitbull
Welkom Jaco
Geniet dit,
Groete
Henno

Re: Nuut Op die Forum

Posted: Tue Jan 22, 2013 8:58 am
by WillemS
Jaco

Welkom, jou kennis sal van groot waarde wees!

Willem Steenkamp

Re: Nuut Op die Forum

Posted: Tue Jan 22, 2013 7:13 pm
by Johan Reyneke
Welkom Jaco

Geniet die forum

Re: Nuut Op die Forum

Posted: Tue Jan 22, 2013 11:23 pm
by Ponkie
Jaco

Welkom hier!

Diegene wat nog nie weet nie, Jaco se kennis en skietvernuf is uitstaande, sy teenwoordigheid is 'n aanwins vir die manne op die forum.

Groetnis
Ponkie 

Re: Nuut Op die Forum

Posted: Wed Jan 23, 2013 5:51 am
by Reggie Gerber
Welcome Jaco

Glad you've joined this family

Reggie

Re: Nuut Op die Forum

Posted: Wed Jan 23, 2013 7:57 am
by the kid
Welkom Jaco,

Ek is seker jy sal dit hier geniet.

Re: Nuut Op die Forum

Posted: Wed Jan 23, 2013 8:14 am
by Dries Skiet
Welkom welkom Jaco, kan nooit teveel kennis he nie.

Glo jy gaan dit hier saam ons geniet.

Re: Nuut Op die Forum

Posted: Wed Jan 23, 2013 3:04 pm
by Jaco Brink
Dankie Manne

Johan ja ek het nog die SAKO gewere, ek het ook 'n Savage waarmee ek nog moet begin skiet.  Die kolf pas my nie maar daar is 'n ander kolf oppad, sal seker oor 'n week of so hier wees.  Sover beindurk die geweer my nogal, veral wat groeperings aanbetref en natuurlik is die sneller fantasties.  Ek het beide die Rifle Basix en die Target Accutriger en is beindruk met beide.

Die magasyn is net 'n 4 skoot so dit is lastig maar ek kry 'n nuwe magasyn wat meer kan neem.  Sal julle op hoogte hou as ek met hom begin deelneem. 

Hy is net baie swaar so ek sal eers moet gaan gym voor em met hom kan begin skiet. :o

Re: Nuut Op die Forum

Posted: Wed Jan 23, 2013 4:57 pm
by Johan JvR
Jaco - LRP, 260Rem ?

GRS kolf ?

Sit asb foto of 2 op as hy klaar is. Sal lekker wees om te sien.

Laat weet my groot asb as jy jou Sako wil smous  ;D

groete

Re: Nuut Op die Forum

Posted: Wed Jan 23, 2013 5:16 pm
by Jaco Brink
Johan

Die Savage is 'n 6XC.  Dit is die LRP Model met die swart veselglas kolf. GRS maak nog nie die die Savage kolwe nie.  Die nuwe kolf is 'n Savage long range palma kolf wat dan oopgesny word vir die magasyn.

Die 2 Sako 75's het GRS Kolwe op. Baie lekker kolwe, ek sien Safari & Outdoor hou hulle nou aan.  Voorwaar 'n lekker belegging in mens se skiet.

PS Ek het nou 5 keer nuwe prente moes aanvra om die post te doen, kry julle ouens die goed gelees?  Ek weet nie of ek dalk biejie kleurblind is nie.  Ek het nou maar geluister daarna.

Re: Nuut Op die Forum

Posted: Fri Jan 25, 2013 4:40 pm
by Jaco Brink
Johan

"I stand corrected".  Safari and Outdoor het 'n tyd gelede vir GRS in Noorwee gevra om kolwe te begin maak vir die Savage aksies.  Dit is nou gedoen, ek vestaan die eerste kolwe vir Savage gewere het sopas by Safari geland.  Ons sal dan die eerste land in die werel wees waar GRS kolwe verskaf vir die Savage aksies.

Ek sal wanneer myne kom en die geweer klaar gepak is vir jou 'n foto opsit. :)

Re: Nuut Op die Forum

Posted: Fri Jan 25, 2013 8:54 pm
by immelmanw
Jaco Brink wrote: Johan

"I stand corrected".  Safari and Outdoor het 'n tyd gelede vir GRS in Noorwee gevra om kolwe te begin maak vir die Savage aksies.  Dit is nou gedoen, ek vestaan die eerste kolwe vir Savage gewere het sopas by Safari geland.  Ons sal dan die eerste land in die werel wees waar GRS kolwe verskaf vir die Savage aksies.

Ek sal wanneer myne kom en die geweer klaar gepak is vir jou 'n foto opsit. :)
WELKOM JACO, jyngaan my makliker hier kry as op my selfoon!
Yip, die GRS kolwe vir die Savage behoort volgende week hier te wees.
Ek hoop jy geniet die form, jy moet versigtig wees, hier is n paar moeilike manne!

Elandsheuwelgroete