Page 1 of 2
Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 9:53 am
by Gerhard
Ek sukkel elke nou en dan met spasma in my nek veral as ek sleg geslaap het.
(Gebreekte nek help ook seker nie)
Dan as dit nou on aangenaam raak drink ek n dicloflam en dit sort n spasma redelik vinnig uit.
Maar nou sit ek met spasma tussen my skouer blaaie.
Dis nie ondraaglik seer nie net onaangenaam.
Wat is die beste manier om van die spasma's ontslae te raak?
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 10:21 am
by SV MAD (Henk)
Hoe is jou sit postuur by die werk?
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 10:30 am
by Eugene
Gerhard, fisio en naalde! Moet net NOOIT vra dat hulle daai spasma met die hand uitvryf nie, vat die naalde, dis baie beter en BAIE minder pynvol....
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 10:42 am
by Gerhard
Eugene wrote:
Gerhard, fisio en naalde! Moet net NOOIT vra dat hulle daai spasma met die hand uitvryf nie, vat die naalde, dis baie beter en BAIE minder pynvol....
Ek ken...
Daai naalde is goeie manier maar ek het nie tyd om weg te loop by die werk nie...
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 10:45 am
by SV MAD (Henk)
slow-Mag aanvullings?
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 10:50 am
by Gerhard
SV MAD (Henk) wrote:
slow-Mag aanvullings?
Nou begin met Magnesium en Calsium aanvullings
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 11:12 am
by kopskoot
Gerhard wrote:
Wat is die beste manier om van die spasma's ontslae te raak?
Osteopatiese masering.
Ons het so maseuse wat elke Woensdag na ons kantore toe kom.
Laat weet my as jy dalk 'n tydjie kan afknyp,dan kom val jy sommer in vir 'n halfuur, anders gee ek jou haar nommer en sy sal na jou toe kom.
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 11:18 am
by Gerhard
kopskoot wrote:
Osteopatiese masering.
Ons het so maseuse wat elke Woensdag na ons kantore toe kom.
Laat weet my as jy dalk 'n tydjie kan afknyp,dan kom val jy sommer in vir 'n halfuur, anders gee ek jou haar nommer en sy sal na jou toe kom.
Dit klink na n plan...
Sal laat weet as ek bly sukkel.
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 11:49 am
by THOMAST
Gerhard, as ek so lees het jy 'n ongeluk gehad waartydens jy jouself beseer het.
Indien dit rug verwant is, is dit moontlik dat werwel belyning 'n faktor kan wees, wat kan lei tot inflammasie in die kolom, en spiere wat dan saamtrek om die area te beskerm, wat dan eintlik die ongemak vererger. Sulke tye is 'n yspak op die aangetasde area van meer waarde as hitte, wat inflammasie aanhuts.
Moet dit nie ignoreer nie en met medikasie maskeer nie.
Het jy al 'n chiropraktisyn besoek?
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 11:54 am
by Born2Late
Na n harde sessie drink ek eno's of sitro soda in n glas water.Dit haal die melksuur bietjie uit.Ek het dit gereeld gedrink met oefening vir n 100myl wedloop waarvoor ek ge oefen het.Elke dag was amper 20-30km se hardloop en dit het die bene nogal gevreet.Slowmag werk ook mooi of as julle eetplan dit toelaat kan jy piesangs eet.
Groete.
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 11:54 am
by Gerhard
THOMAST wrote:
Gerhard, as ek so lees het jy 'n ongeluk gehad waartydens jy jouself beseer het.
Indien dit rug verwant is, is dit moontlik dat werwel belyning 'n faktor kan wees, wat kan lei tot inflammasie in die kolom, en spiere wat dan saamtrek om die area te beskerm, wat dan eintlik die ongemak vererger. Sulke tye is 'n yspak op die aangetasde area van meer waarde as hitte, wat inflammasie aanhuts.
Moet dit nie ignoreer nie en met medikasie maskeer nie.
Het jy al 'n chiropraktisyn besoek?
Ek het my C3 vertebra vergruis (nek gebreek) met n bakkie ongeluk.
C2 -4 is nou aan mekaar vas met plaate en skroewe nadat hulle been uit my heup gehaal het om C3 oor te bou.
Gelukkig pla dit nie regtig nie behalwe vir n spasma nou en dan as die kussing draai deur die nag en ek sleg le.
Waar ek nou spasma het is so tussen die blaaie en ek vermoed dit is maar omdat ek laas week die kilograme aan gedraai het in die gym en nou gee my rug my bietjie grief... lol
Daar is nie n manier wat ek naby n rug en pluk dokter kom nie agv my nek...
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 11:56 am
by Gerhard
Born2Late wrote:
Na n harde sessie drink ek eno's of sitro soda in n glas water.Dit haal die melksuur bietjie uit.Ek het dit gereeld gedrink met oefening vir n 100myl wedloop waarvoor ek ge oefen het.Elke dag was amper 20-30km se hardloop en dit het die bene nogal gevreet.Slowmag werk ook mooi of as julle eetplan dit toelaat kan jy piesangs eet.
Groete.
Nee vrek...
100 myl wedloop???
Gee jou heupe en kniee nie probleme na al die hardloop nie?
Ek sal van more af weer piesangs kry.
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 12:04 pm
by Smirre
Gerhard
Stress is baie keer die oorsaak van spasma
van die Anti dep pille keer ook spasmas... het laasjaar vir so 6 maade gedrink en my spasmas is weg
VRA jou dr.
Smirre
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 12:16 pm
by Gerhard
Smirre wrote:
Gerhard
Stress is baie keer die oorsaak van spasma
van die Anti dep pille keer ook spasmas... het laasjaar vir so 6 maade gedrink en my spasmas is weg
VRA jou dr.
Smirre
Smirre,
Ja glo my stress word hier by die bakkie vrag vol af gelaai in die kantoor.
As dit aan hou en regtig n probleem raak sal ek by die GP n draai gaan maak.
Dankie vir die raad sover manne...
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 12:53 pm
by PWV
Vra jou dokter wat hy dink van Arcoxia. Dit het vir my gehelp.
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 1:00 pm
by Born2Late
My kniee gee deesdae bietjie las,maar net tot hulle warm is dan gaan dit aan.n Goeie warmvryf met perdesalf help ook.
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 2:03 pm
by Gerhard
Born2Late wrote:
My kniee gee deesdae bietjie las,maar net tot hulle warm is dan gaan dit aan.n Goeie warmvryf met perdesalf help ook.
My Ex Skoonpa het net so baie gehardloop.
Maar hy moes teen 69 n heup vervang agv die hardloop...
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 2:09 pm
by henried
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 2:17 pm
by Gerhard
Nee,
Net al goed ge pannel beat...

Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 2:20 pm
by henried
Ek terg net, sukkel self in die oggend om teen die trappe af te kom, my enkels...
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 2:29 pm
by Born2Late
Jy begin oud word as jy meer dokter telefoon nommers op speeddail het as vriende.

Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 3:16 pm
by Dawie Malan
Gerhard
Pasop vir te veel Natrium Diclofenak soos Voltaren en Cataflam. Dit help, maar dit voeter jou dukderm baie vinnig op.
Ek weet nie wat gaan jou spasmas wegvat nie, maar klink vir my jy het spiere wat oorkompenseer.
Groete
Dawie
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 3:21 pm
by Geno
kopskoot wrote:
Osteopatiese masering.
Ons het so maseuse wat elke Woensdag na ons kantore toe kom.
Happy ending and all?
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 3:29 pm
by Musgrave
Geno wrote:
Happy ending and all?
LMGA!!!!
Re: Spier Spasma's
Posted: Mon Jan 21, 2013 3:30 pm
by savage(P Coetzer)
Gerhard, kry vir jou n sleep active memory foam matras.
Hulle is vrek duur maar dis ongelooflik watse nagrus mens met so matras inkry.
Na my skouer operasie het ook met spasmas gesukkel maar na ons so matras gekry het gebeur dit amper nie meer nie.