Enige iemand wat n leer gebruik?

Dagroep stories en vrae/ Day Calling stories and questions
Post Reply
hagar

Enige iemand wat n leer gebruik?

Post by hagar »

Ek wil julle manne wat in die vlaktes jag n goeie tip gee, staan op n leer! Dit het soos n bom vir ons gewerk in Arizona, jy trek goeie kamofleer klere aan insluitende n gesigsmasker, sit jou roeper of vriend wat roep so 30-40 tree links of regs van jou af, klim so halfpad teen die leer op en jy kan die terrein baie verder dophou as wat jy plat op die grond sit. Die leer doen ook dubbel diens as n dooierus.
User avatar
Francois B
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am

Re: Enige iemand wat n leer gebruik?

Post by Francois B »

Middag Hagar

Intresant jy noem dit nou ek is ook op die oomblik in die vsa en het net gister op n tv program gesien hoe 3 mans regop staan met vol camo en ghieli suits aan en hulle het die coyotes sommer lekker geroer!
Ek het gister my spitfire gekry ek kom so mid augustus terug weens n werksbesering!
EK moet se ek sien uit om terug te kom want ek het nou my spitfire en daar wag n termenator kd by die huis!
Post Reply