Wat beteken dit as 'n wapen oor gedoen is by Musgrave.

Post Reply
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Wat beteken dit as 'n wapen oor gedoen is by Musgrave.

Post by HennieC »

Hi aan almal.
My 303 Lee Enfield is oor gedoen deur Musgrave in Bloemfontein toe hulle nog bestaan het.
Die geweer is oor gedoen en my swaer se pa is toe oorlede paar maande na dit, so het die geweer in my swaer se kluis gestaan vir 15 jaar. Nou is ek die trotse einaar van die geweer vir die af gelope 3 maande. Ek wil net graag weet wat sal als gedoen geword het as die wapen gestuur was om oor gedoen te word.  Dit lyk of die loop splinternuut is. Hy verkies ook eerder PMP se 150 gr punte(0.311) teen oor hornady se 150 gr(0.312) om te groepeur.
Indien enige iemand inligting kan gee sal ek bly wees.
Groete
Hennie.
So paar gewere en messe.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Wat beteken dit as 'n wapen oor gedoen is by Musgrave.

Post by James Wilson »

Haai Hennie, ek sien jy is nuut hier by ons. Hartlik welkom.

Daar is sekerlik nie n ander manier om jou te antwoord as om die geweer self te sien en dan maar so te bepaal wat is verander nie. Wat van n foto of ses? Dit sal baie help.

So n paar vrae:

-Het die wapen nog sy 303 voorkoms of is hy gesporter?
-watse aksie het die geweer?
-Het die geweer n scope op? Indien wel weet jy watse mounts?


Ek skat dit was seker moontlik dat Musgrave destyds n paket aangebied  (deur hul pasmaak winkel)het vir ombouings op n 303. Nogsteeds sal die pakket sekerlik nie altyd diselfde gewees het nie. Vandaar dat ek glo fotos is n moet om jou korrek te kan antwoord.

Daan Els is n lid van die forum, afgesien daarvan dat hy baie jare vir Musgrave gewerk het, was hy ook op n staduim verantwoordelik vir hul pasmaak werkswinkel. 

Hier op die forum is n afdeling wat gaan net oor Musgrave navrae. Daan antwoord gereeld daar vrae, maar ek weet hy kyk min rond op die res van die forum. Ek sal hom bel en se hy moet onder hierdie afdeling kyk vir jou navraag.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Wat beteken dit as 'n wapen oor gedoen is by Musgrave.

Post by HennieC »

Ja die geweer is geport en het 'n scope op.
hier is paar fotos.
dankie.
So paar gewere en messe.
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Wat beteken dit as 'n wapen oor gedoen is by Musgrave.

Post by HennieC »

skies ek sukkel met sizes van die fotos
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by HennieC on Wed Jan 09, 2013 10:58 am, edited 1 time in total.
So paar gewere en messe.
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Wat beteken dit as 'n wapen oor gedoen is by Musgrave.

Post by HennieC »

no 3 is die scope mounting.
Het geen idee wat dit is nie
no 4 en 5 is die slot aksie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
So paar gewere en messe.
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Wat beteken dit as 'n wapen oor gedoen is by Musgrave.

Post by HennieC »

foto no 6 wys dat die loop af gewerk is op die punt waar voor sal dit wees.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
So paar gewere en messe.
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Wat beteken dit as 'n wapen oor gedoen is by Musgrave.

Post by Daan Els »

Hallo Hennie,
Musgrave het die ou 303 Lee Enfields omskep om n meer praktiese jaggeweer teen n bilikke prys aan die eienaar te bied.
Die grootste gros se hout- gedeeltes is verander om die militere image te verwyder.
Ons het ook die loop vervang met n 6mm Musgrave wat oor dieselfde balistiese vermoee beskik as die 243W
Jy kon ook die kolf vervang met ene wat n wangstuk insluit.
Ons het verder die romp aangepas om teleskoop monterings te huisves. Hierdie ombouings was baie populer en die gewere doen steeds hul ding vandag!
Plaas gerus jou vrae onder die Musgrave gedeelte aangesien ek nie eintlik ronddwaal op die forum nie.
Mooi loop......so ook die plasing!
Daan Els
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Wat beteken dit as 'n wapen oor gedoen is by Musgrave.

Post by HennieC »

Dankie Daan

Ja die geweer skiet baie lekker en reguit veral met die herlaaide petrone wat ek laai.
Ek het die 3rde Januarie 'n Blou wildebees en europese bosvark geskiet met die 303.
Ek is baie gelukkig met my geweer en hoop vir nog baie jag geleenthede.
So paar gewere en messe.
Post Reply