Karp Hengel By Harties
-
Fanuspienaar
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Sun Dec 30, 2012 10:28 pm
Karp Hengel By Harties
Ek wil graag so bietjie hulp he met Karp hengel by Harties,was die naweek daar by Magalies Park. Die ding is ek en my neef vang nou al vir 'n geruime tyd saam met baie min geluk. Ek gebruik maar nog die metodes ens wat my pa my geleer het maar sal meer gereeld niks vang nie. Ek het wel die naweek 'n mooi 6kg baber gevang op 'n banana degie. Maar die karpe is maar sku.....of dis dalk net ons metode : Ek vang graag met die ou fisiese gooi metode omdat die diep plek in die water nie baie ver le op die plekke wat ek kies nie,dan hengel ek graag met 'n wit brood degie,mielies en partykeer met boilies ook. Die wit broodjie dip ek graag in Almond,Banana,FX,Banjo of Heuning. Ek hou daarvan om bietjie op te lees wat waar werk as ek gaan vang,maar gewoonlik met als wat hul se werk is waarmee ons sukkel.Die vraag is dus,het enige iemand vir my raad vir Harties,'n tipe byt wat amper "fool proof" is want ek frustreer my maar lekker as mens als het wat oop en toe maak maar mens vang niks nie. Dit kan miskien my metode wees of my plekke wat ek kies om te hengel.....het al op plekke soos Standerton en private damme mooi Karp gevang op die metodes maar sukkel by ons plaaslike damme.