Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Gert Odendaal »

Dit is seker nou nie die regte afdeling nie maar dit is darem iets met boerdery te doen.... ;) ;D

Oorplant van Bonsai: (jong boompie)

Benodig `n bak (verkieslik klei of glasuurde bak, klippe, veenryke grond ...haal Bonsai uit oorspronklike kwekery plastiese bak...snoei wortels indien te dig....plaas klip waarop Bonsai gaan staan uit die middel van die bak uit...plaas boom met wortels oor klip..versprei wortels..en bind vas met draad op klip vir tydelike anker..wortels sal vorm van klip aanneem.....
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013731.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013729.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013728.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013727.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013735.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013734.jpg[/img]

Plaas klippe oor gat in bak...gruis en kleiner klippe vir dreineering , gooi veengrond mengsel in...plaas klip met boom op sy plek in bak...gooi die res van die grond in en maak oppervlakte mooi gelyk...gooi klippe bo-op om die afronding te doen...jy kan mos ook opplant maar dit is geneig om die bak toe te groei..
.[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013743.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013742.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013741.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013740.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013739.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013737.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013736.jpg[/img]

Plant die boompie weer oor twee jaar uit ...
Last edited by Gert Odendaal on Sat Dec 29, 2012 4:32 pm, edited 1 time in total.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by jaracal »

Lyk baie goed Gert. Lyk of jy dit al lank doen
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Jassie »

Gert

Baie netjies.

Ekself het ook al probeer en lyk maar oes.

As jy sê "plant dit weer oor twee jaar uit", is dit dan dieselfde klip en bak maw jy snoei net weer die wortels en sit hom weer op sy plek?

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Kalahari »

Baie interessant Gert
Iets wat my nog altyd baie fassineer het, maar nooit die moed het op te probeer leer en aan te pak nie.
Weet ook nie of die klimaat hier by my reg is nie, gister 38grde in die huis gewees en vandag voel dit of dit nog warmder gaan wees.

Elk geval, baie mooi.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Gert Odendaal »

Hein, Jassie en Kalahari
Dit is eintlik `n eenvoudige tegniek...in Suid-Afrika pas jy net die metodes aan..agv die droee klimaat by ons...jy gebruik dieper bakke...porselein /gevuurde bakke as jy kan wat geglasier is, miskien duurder maar op die lang termyn beter. `n Mengesl van veenryke grond wat water kan hou...bome wat goed werk is Olienhout, Tambotie, Kremetart, Sand -olien, Huilboerboon, Huilboom, Wit-stinkhout (Celtis Africana) alle doringbome.alle Wilde Vye(net nie in die koue streke nie....besonderse boom is die Swart-Apies doring, uitheemse bome is die Elm (ulmus Paviflora) Braziliaanse Perper boom, Bamboes...Kersie-bome, Chinese Elms...

Al wat eintlik gebeur in kort is dat jy `n boom met `n pen-wortel stelsel "modify" jy maak dat hy `n by-wortel stelsel kry...lengte/hoogte groei word in dikte en wydte groei omgeskep..

vir die manne wat in die streke langs die Botswana en Limpopo grens plase het kan jy bome gaan uithaal wat klaar Bonsai vorm is van baie jare oue ouderdom is,...die bokke en vee het klaar die snoeiwerk gedoen...jy moet hom net uitgrou en in `n swart sak plaas tot hy klimatiseer ...dan behandel jy hom soos  `n Bonsai...ek soek regtig `n plek langs die Botswana grens om die bome te gaan uithaal. ,...

..die twee jaar periode is maar dat die wortels baie erg gegroei het en die spasie in die bak oorneem...die boom begin dan honger ly...en vrek...baie ingewikkelde metodes bestaan om die bome te vorm, buig, bedraad ens...maar ek hou van `n natuurlike vorm..soos in die natuur..ek sal minimaal verander aan die groei..

.ek sal `n meer intensiewe verduideliking plaas om die metode stap vir stap in fotos te verduidelik...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Jassie »

Gert

Sien uit daarna

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Gert Odendaal »

Jas/Kalahari
Na die twee jaar(dit is ongeveer hoe lank dit neem vir digte wortelgroei in `n bak) dan kan jy die boom oorplant, of in `n ander bak, of dieselfde  bak maar miskien op `n klip, of in `n groep bome net soos wat jy verkies...dit hang af van jou kunstigheid en oorspronklikheid....

Kalahari
Jy kan bome in dieper bakke plant, met `n ryk veengrond mengsel...plaas die bak met boom op `n plathouer met water in wat jy klippe ingooi sodat daar altyd vogtigheid onder die bonsai is in warm gebiede..plaas ook die bonsai in die posisie dat hy oggend son kry en nie middag son nie...moet nie `n Bonsai in `n huis plaas nie..huise is te droog vir Bonsai bome....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Kalahari »

Gert

Dankie vir die info, in Windhoek is 'n Bonsai klub as ek reg is, so miskien loer ek eendag by die mense in.

Beste
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Pvdw »

Ludwig het jy nog van daai saad? Ek is verbaas dat net 1 opgekom het, hulle groei gewoonlik soos vuilgoed as hulle eers in kookwater laat lê is.

Ek het al kremetart bonsai gesien, saad was in 1935 geplant. Boompie was so 70cm hoog en amper 30cm in deursnee. was regtig iets besonders.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Gert Odendaal »

Ludwig
Jy begin goed om met saad te begin...maar dit gaan jou baie jare neem om `n mooi sterk Bonsai te groei.....gaan na `n kwekery..gaan soek bome wat al lank in swart sakke staan wat agter gebere word en nie verkoop word nie...hulle sal "root-bounded" wees...wortels groei in `n spiraal...in die sak..hoogte groei vind nie meer plaas nie...dit is goeie Bonsai materiaal as jy vinnig resultate wil behaal....kies bome met klein blaartjies om mee te begin...

Jy moet eers besluit hoe hoog moet die Kremetart Bonsai staan...(bepaal sy hoogte..klein-100-150mm/meduim 150-350mm/meduim/groot 350-600mm en groot 600-950mm hoog)..laat die boom groei soos wat jy dink jy wil he hy moet lyk.(15 jaar van nou af..wees siener van rensburg)..dan moet jy die takkies wat uitloop links en regs laat groei en agter moet ook takke uitgroei...so `n semi sirkel van bo-af gesien...enige ander tak moet jy uitbreek...afskeur...dit maak `n mooi wond wat die stam verouder....seel die wond /skeur met vaseline..

as al die takke wat jy wil he uitgegroei het tot die verlangde lengte...(die profiel behoort soos `n skewe driehoek te lyk...die laagste punt links...middel regse punt (regs van die boom...) en hoogste punt die kroon/top van die boom....elke tak gaan jy so 8-10 blare aan die bo-kant van die tak laat uitgroei...dit gaan `n tipe blaar platvorm gee...ander blare knyp jy met jou vingers af...dit sal sorg dat die blare ook kleiner word soos die boom oud word...die afknyp metode van blare kan ook gebruik word om die vorm van jou boom te bepaal....kyk na baie fotos van Kremetarte in die natuur en kies een om jou boom op te moduleer....(na te aap).....

Gebruik maar `n diep glas-gevuurde pottebakkers bak...goeie sand /veen grond mengsel vir goeie dreinering....(in die begin kan jy maar `n swart sak of in gewone kwekery bak hou tot jy moet oorplant en jy weet wat jy wil doen...lekkerte van `n kremetart boom...jy kan snitte (van bo na onder) in die bas maak wat die stam vinniger gaan ver-ouder...

Ek sal die week begin om die basisese beginsels (praktiese metodes ) op te laai dan kan die manne wat wil begin net die fotos en stappe volg.....
Last edited by Gert Odendaal on Mon Jan 07, 2013 6:49 pm, edited 1 time in total.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Rasmus »

Gert

Dankie dat jy dit deel. Dit is baie interessant. Ek sal self nie omgee vir n kremetart bonsai nie. Het n jong boom gehad maar die ryp het hom ongelukkig bygekom.

Het eenkeer by n bonsai skou n kremetart en n witstinkhout woud bonsai gesien. Wou nog altyd dit probeer.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Gert Odendaal »

Rasmus
Die groep-planting (woude) is die maklikste om aan te plant...maar daar is `n paar punte wat jy in gedagte moet hou as jy die plantwerk doen...belangrikste ...kyk na `n klomp bome in die veld..oudste en hoogste is gewoonlik in die middel en agter..die jonger bome is na die kante voor uitgesprei...jy kan die bome in verskillende style plant in so `n bak...miskien een op `n rots ens...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Gert Odendaal »

Ludwig, jy sal moet wag dat die Kremetart boompie tot die vereiste hoogte wat jy wil he groei...maar intussen....kan jy die vorm wat jy graag verlang begin bepaal ...jy kan die blare wat aan die onderkant van die tak groei afknyp...as die tak sy verleiste lengte  bereik het moet jy die groeipunt/blaar afknyp , dit sal die blare wat weer uitkom verklein...uit die hooftak sal takkies links en regs uitkom...kies skuins teen-oorstaande takkies en breek die uit wat reg-oor ander takke uitkom...die omtrek van jou boom se stam en bak verhouding is slegs `n riglyn...belangrikste wat jy moet onthou is dat ons klimaat droeer as Oosterse lande is...potte behoort diep te wees..en sand/veen mengsel vir kremetart boom...jy wil nie he hy moet met sy wortels in water staan nie...hy gaan roes/wortel vrot kry......onthou net dat jy met `n moeilike boom begin...soos ek voorheen uitgewys het...daar is makliker maniere en bome om vinniger resultate te behaal...soos met boogskiet moet jy sukses behaal in `n kort tydperk anders verloor jy belangstelling...laat die kremetart groei..maar kry solank makliker bome by die kwekerye...fotos van kremetart se vorms..

Image
Image
Image
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Gert Odendaal »

Ludwig
By die kwekery kan jy( Cultera produkte of enige ander) `n 1x sak potgrond aankoop..1x veenmos.1x kompos..1xpak beenmeel(1 kg)..1x sak saailinge plant mengsel..kry dan `n sak growwe rivier sand.wat gewas is..

mengsel ratio...werk met `n bak wat 1 kg kan hou : 1xpotgrond 1x veenmos..1x saailinge mengsel gooi 1.5x growwe riviersand 1x kompos , gooi die beenmeel by ...250 gram (omtrent `n koppie) en meng goed....jy kan omtrent op dieselde verhouding die sakke saam meng en beenmeel as verhouding bygooi...die mengsel is lig en kan gestoor word vir `altyd ..dan het jy grond beskikbaar as jy wil plantwerk doen...probeer `n mengsel kry wat voedsaam en lig is...pasop vir te veel tipes kunsmis bymeng om vinnige groei te stimileer...in die natuur is die enigste kunsmis weerligstrale(stikstof) reenwater..minerale ens....en blare materiall wat afbreek en kompos vorm...maar eksperimenteer ook op jou eie...elke persoon wat Bonsai kwekery bedryf het maar sy eie spesiale mengsel...my moto is dat die mengsel ryk, lig en goeie dreinering moet te weg bring...

Bome om mee te begin...eienskappe...klein blaartjies, kort bonkige groei , ou bome wat root-bounded is (doringbome) ...
Swart Apies doring boom
Alle tipe doring bome
Moeras Sipress
Huilboerboon boom
Vaderlands Wilg
Kleinblaar rotsvye
Tambotie
Privet spesies
Olien/Olyf bome
Sand Olien
Jakkalsbessie

Chinese Elm
Alle elm bome (hulle wortels maak ook baie mooi rotsplantings)
Deur net hulle wortels uit te grou en te plant kry jy baie mooi bonsai plante....





Daar is nog baie spesies
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Gert Odendaal »

Ek help graag... ;D Vir die manne wat Bonsai ernstig opneem..hier is `n Bonsai forum...

http://www.sabonsai.co.za/forum/

Ludwig hier is `n voorbeeld van `n Witstinkhout wat `n kweker in `n Kremetart styl gedoen het...

http://lennardsbonsaibeginnings.blogspot.com/2011_09_19_archive.html
Last edited by Gert Odendaal on Wed Jan 09, 2013 11:27 am, edited 1 time in total.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Frikkiedbr »

Dankie Oom Gert, die is wonderlik.
Ek is ook mal oor Bonsai's en dis 'n lekker stokperdjie.

Mens sien so baie en wonder hoe kry hulle dit reg om daai boom so te kry.
Vat maar soos die voorbeeld:
Image
Image
Image
Image
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Gert Odendaal »

Frikkie
As `n mens nie tyd/ouderdom aan jou bome koppel nie maar meer fokus op die potentiaal van jou boom waaraan jy werk sal jy die kuns baie meer geniet...ek geniet die eenvoud van die kuns...tyd is relatief...ouderdom ook...baie metodes bestaan om "ouderdom" te skep op jou bome...maar hoe meer bome hoe meer intensief is die stokperdjie...op `n staduim sal jy nie op vakansie kan gaan sonder skade aan jou boom nie...soos `n boer..hy moet heeltyd daar wees dat niks met sy beeste gebeur nie...as jou stokperdjie `n werk raak, verdwyn die entoesiasme gewoonlik... ;D 
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Frikkiedbr »

Oom Gert,

Ek stem saam, sien die manne maak daai bome so oud en ja nee die kuns is goed.
Ek het 'n mooi apies dorning boom gehad, Shame hy is dood. Maar ja dis 'n lekker stok perdjie en mens leer baie.
En net soos oom daar sê mens het partykeer nie eers 'n vakansie nie  :)

Hulle sê nie verniet buig die boompie terwyl hy nog jonk is nie  :D :D
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by PaulM »

Gert,

Ai, jy het nou weer 'n lank vergete stokperdjie begin stook! Ek hou met groot aandag hierdie post dop.
(Ek dink ek moet Saterdag bietjie by die kwekery gaan draai, wie weet......)

Paul.
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Frikkiedbr »

ek het die video vanoggend gekry en wil dit graag deel
http://www.youtube.com/watch?feature=pl ... 0bsqODVemc#!
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Kleinskaal boom boerdery(Bonsai)

Post by Gert Odendaal »

Paul/Frikkie
Ja dit is `n stokperdjie wat agterwee geraak het toe ek begin studeer het...studies is nou eers afgehandel..sal so twee jaar breek vat en vir die laaste keer akademiese studies begin en klaarmaak...maar nou gaan ek eers weer begin om die drade op te tel waar ek dit ses jaar gelede laat val het...ek wil nou begin om weer `n versameling Bonsai bome van vooraf te begin kweek...

Maar ek wil kwaliteit kweek nie kwantiteit nie...my stokperdjie moet ook nie `n werk raak nie...ek sal van volgende week indien moontlik begin met `n basiese plant oefening...

Frikkie die Japanese se kultuur is baie oud...hulle lewenswyse is geskoei op die Bonsai kultuur...ek wil maar waar moontlik `n Suid-Afrikaanse stelsel/kultuur behou met my Bonsai bome...nie te veel kunsmatige tegnieke op die bome toepas nie....meer soos waar die bome in hulle natuurlike omgewing groei...

Ek moet net my bome een keer `n jaar na `n Boerbok boer toe neem dat die bokke my bome kan terugvreet soos wat hulle in die ou tuislande gedoen het ...baie natuurlik.. ;D ;D ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Post Reply