Oom!!!! Dis die CHOPPER!!!

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Oom!!!! Dis die CHOPPER!!!

Post by Ponkie »

Reg, meeste manne het al gehoor van Natuurbewaring wat in die nag met die helikopter vlieg.
Wel hier in die Rietbron/Willowmore distrik kuier hy gereeld. Meeste van die tyd om die ouens wat op die lande die koedoes so skiet vas te trek.

Ek en Oom Johannes jag verlede week op 'n veepos. Ons ry na die plek waar die nes was in Desember. Ek sit die roeper uit en spring weer terug in die Landie. Oom Johannes het seker net nog 2 keer kos geroep toe hy vir my oor die gehoorstuk se: " Paulkie, hier is moeilikheid! " Ek kyk in die landie se spieel en sien 3 helder BLOU ligte  agter ons. Ek se dadelik: " Dis die Chopper Oom!!!! " Ons bel die buurman en hy se hy sien of hoor niks nie. Ons begin naels byt, poep, knor en is heelwat ontsteld!  :o :o
Nou begin ons al sommer sien dat die ligte nader kom en die verbeelding hardloop met ons weg! ;D
Na 'n halfuur is die ligte nogsteeds op een plek en ons sien nie 'n soeklig nie. Toe val dit my by dat 'n ander buurman ( wat ook 'n veepos is, wat aan hierdie veepos grens ) my vertel het van 3 spotlights wat hy op sy lande opgesit het om die koedoes weg te hou! Die ligte het 'n Timer switch op en daarom het ek dit nie gesien toe ek die roeper uitgesit het nie! EN die rede hoekom ons so bang was, was omdat ons nie bestuuderslisensies of geweerlisensies by ons gehad het nie. Dit sal ons leer om dit altyd saam te vat!

Dit was na de tyd eintlik nogals baie snaaks! Haha! Mens se verbeelding hardloop darem gou met mens weg!

Groete
Ponkie 
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Oom!!!! Dis die CHOPPER!!!

Post by Biker »

Ja ek jag net hier en vat NOOIT my lisensies-kannet dink hoe julle gepanick het ;D
Post Reply