NUWE EN OU HANDE.

Post Reply
User avatar
christo gouws
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Jun 19, 2012 6:42 pm

NUWE EN OU HANDE.

Post by christo gouws »

Naand Alle Jakalsvriende.
Ek sit en dink vanaand aan die toekoms en die jagtery met die jakalse en ek wonder nou waneer word jy ;geklas; as n "ou" hand in die bedryf en wie bepaal dit.Daar is manne wat maar bra skepties is as jy jonk in die bedryf is[soos ek] en dan is daar die manne wat raad gee en luister na jou misnoe.Aan al die "jong' hande wil ek net se hou uit en moenie moet opgee nie.Luister wat die "ou" hande se en beproef dit.Ons gaan baie foute maak en ons gaan nog baie lag oor die foute,maar op die einde sal ons ook eendag "ou" hande raak.Aan al die "ou"hande,dankie vir al die raad en die opofferings wat julle in ons inploeg.
Kersfees Groete.
Christo.
Despatch.
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: NUWE EN OU HANDE.

Post by visstok »

Christo

Eks ook maar nog n jong hand, maar die Forum manne het my al baie geleer! Oom Louis het my al baie gehelp met raad, en sy raad werk! Ek luister altyd as die groot manne praat en probeer by elkeen soveel moontlik leer. Ek jag al met baie meer self vertroue as 6maande gelede. Dankie aan almal wat nie skaam is met raad nie! Ons jong manne waardeur dit opreg!

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
hebron
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm

Re: NUWE EN OU HANDE.

Post by hebron »

My mening is dat almal van ons jong-hande sal bly; wie wil nou n "OUHAND" wees as daar elke dag iets nuuts geleer kan word, en ek is redelik seker dat die meer ervare-jagters sal saamstem dat vossie maar baie van kleur kan verander!

Ek reken nie ons sal ooit genoeg leer om alles te weet van jakkalse nie ( soos Taffie se : vlekkie stel nooit teleur nie ).
n Mens leer die beste uit jou eie foute, maar ongelukkig leer vlekkie ook daardeur!
As iemand reken hy is n ouhand en hy weet alles van jakkals af, dan kry ek vir vlekkie jammer!
Dit is lekker om te leer om meer sukses te behaal, maar ek wonder soms of ons die fight  gaan wen!!

Groete Willem
LAAT-LOOP
stan man

Re: NUWE EN OU HANDE.

Post by stan man »

ek is n jong hand! dit is  nou maar eenmaal n feit. my boet het n redelike prediking rondom dit met my gedeel.ek het mooi gehoor dat ek moet leer en luister ens,ens,ens. n paar goed het ek na geluister.
die beste daarvan was om by die forum aan te sluit.ek het al raad gevra,en het antwoorde gekry. ek het al aan gejaag en is al aangespreek.ek het al onder lede alleen by mr taffie se skrywes al baie raak gelees .ek het al antwoorde gekry op vrae wat ek te skaam was om te vra,en niemand het al daaroor gelag nie.

almal besef nie hoe belangrik dit is dat ons predasie beheer ernstig opvat en dit reg implimenteer nie. as ek aanjaag beteken dit dalk net nog een, twee of drie en twintig lammers wat dit nie maak nie. kan ons dit op hierdie stadium bekostig om vee te verloor?? ek kan nie. dit was tans so droog by ons dat ek 75% van my skaap moes wegmaak,as ek dan nog die verliese byreken wat ek sou he  van jakkalse wat hand uitruk ,waar sou ek dan geeindig het.

ek is bly ek het na die ou en jong hande se advies geluister. dit het vir my baie gehelp en geleer. visstok hier op die forum(askies ek sonder jou uit) is n jonger man as ek en net uit gesprekke wat uit ons kuier sessies kom,kon ek by hom ook al n paar goete leer.

dankie vir oud en jonk en n kragdadige forum.
Post Reply