Page 1 of 1

jakkals met wit punt op stert

Posted: Mon Dec 03, 2012 8:14 pm
by johann
Die jakkals is vanoggend uit die yster gehaal, het 'n witpunt op sy stert en as mens mooi oplet is sy agterpote omtrent wit. Seker maar inteling wat soo iets doen??
Groete Johann

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Mon Dec 03, 2012 9:05 pm
by johnny
Johan

Nog nooit so iets gesien nie, sal graag wil hoor van die ervare manne oor so iets???????

Kom nou tokjak, tafjak en dawie d  gee bietjie antwoorde


groetnis

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Mon Dec 03, 2012 9:33 pm
by Ian
Johann

Hang alles af in watter area hy geskiet is. Lyk of dit 'n Witkwasjakkals kan wees.
Gaan SEARCH Witkwasjakkals op die Forum.

Groete

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Tue Dec 04, 2012 5:30 am
by Gerhard
Ian,

Jong daai jakkals lyk nie soos n witkwas jakkals nie...

Johann,

Waar inni land is jy?

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Tue Dec 04, 2012 5:33 am
by Geno
Daai is 'n rooijakkals. Ek sal later 'n interressante foto plaas.

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Tue Dec 04, 2012 6:18 am
by johann
Neee Ian daai is 'n rooijakkals.

Gerhard hy is tessun strydenburg en Britstown in die karoo doodgemaak.

Ek het self nog nie soo iets gesien nie.

Groete Johann

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Tue Dec 04, 2012 7:05 am
by Freek
Manne ek is nou glad nie 'n eksperd nie, eintlik heel onhandig met die bedryf maar hierdie outjie lyk verdag... Dink julle nie sy pa/oupa/oupa grootjie het die skaaphond teef by gekom nie? Kan moontlik ook andersom wees, dat jakkals teef oor vriendelik met skaaphond reun was. Moontlik een van oom Bool se eksperimente wat skeef geloop het...

Ek was juis Vrydag by 'n boer wie se skaaphond teef kleintjies het en almal het spier wit stert punte, hierdie einste boer staan en val by die feit dat indien 'n skaaphond(Border Kollie of so iets...) 'n wit punt op sy stert het dan kan jy maar sonder twyfel weet hy is volbloed pedigree. Wonder wat sal hy s? as ek vir hom hierdie foto wys. Daai moet 'n volbloed skaaphond wees, miskien nie die tiepe wat die skape net aan keer nie, hy vang hulle ook somaar.

Johann, sal jy so gaaf wees om vir my die foto te mail freek@dgrp.co.za - ek wil bietjie die boer se opinie kry... ;D Kan nie die versoeking weerstaan om hom so bietjie te terg nie.

Maar ja, baie interesant en eerste keer wat ek ook so iets sien.

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Tue Dec 04, 2012 7:55 am
by Geno
Freek,
Juis so storie waaroor ek 'n foto wil plaas.
S? sommer vir daai boer dat hierdie dan ook 'n pedigree skaaphondvanger is.  8)

[img width=560 height=420]http://dl.dropbox.com/u/49750262/Jackal/224.jpg[/img]

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Tue Dec 04, 2012 8:06 am
by Jakkalsgat
Manne

Is hierdie nou 'n geval van :  "Heito patato, buk of ek byt jou" ???

Groete
Jaco

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Tue Dec 04, 2012 8:28 am
by Freek
Jakkalsgat, hulle s? honger en dors soebat niemand nie... ;D

Geno, my aarde - wonder of hy 'n bal kan jaag. Waar het hierdie subspesie gesneuwel? Het vir die boer aangestuur... sy gal so bietjie gewerk. As die reply die moeite werd is, sal ek vir julle hier wys... ;D ;D ;D

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Tue Dec 04, 2012 8:54 am
by johann
Geno dai een lyk of hy kan blaf soos 'n hond. :D.

Mens kry snaakse dinge.

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Tue Dec 04, 2012 10:54 am
by tafjak
Johann

Daardie ouens met die tip van stert wit, word gereeld in die Karoo geskiet en veral in die Aberdeen, G/Reinet, Britstown areas.

Mooiloop

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Tue Dec 04, 2012 11:19 am
by Freek
Taffie... wat sou die moontlike rede wees dat hierdie kleur wariasies net in daardie areas so gereeld op gemerk word? S? dit nie vir ons iets nie... baie kollie honde wat vryloop en die jakkals in die donker knyp.

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Tue Dec 04, 2012 11:49 am
by BLOK
Hond en jakkals kruis is n hakkals.

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Tue Dec 04, 2012 12:07 pm
by tafjak
Freek

Nee wat, ek dink nie dit is so erg 'n kruising nie, eerder iets wat maar iewers uitgedop het en so paar keer sal herhaal word.

Mooiloop

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Tue Dec 04, 2012 12:09 pm
by grumpy
Soos die liedjie, Jakkals trou met.....

Nou, Jakkals trou met Kolliehond!!!

Spiderman, ek bedoel, Spykerman, Spykerman ek gan jou s----r as ek jou vang!!!

Jakkals het vir Kollie gevang!!  ;DKollie het sy neus in die gat gehad en Jakkals het hom bekruip van agter!!! LMGA!!

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Wed Dec 05, 2012 5:20 pm
by johann
Ek glo ook nie die een van my is 'n kruis met hond of ding nie, maar net 'n inteling tussen dieselfde genetiese lyn

Groete Johann

Re: jakkals met wit punt op stert

Posted: Wed Dec 05, 2012 7:44 pm
by Martin Marais
Indien dit 'n jakkals is wat met 'n kollie gekruis is,dan is Wolf nou regtig skaapwagter :laugh: :laugh: