Hallou almal.
Ek het n idee om n pasmaak geweer te bou op hierdie aksie.Ek sal graag wil weet wat my opsies is vir die bottom metal van hierdie geweer siende dat die bestaande bottom metal vir my onooglik is veral op n pasmaak geweer.
Ek het die artikel in die magnum gelees waar hulle n Rsa op n dieet sit en dan ander gate in die aksie boor vir die aksie se bedding skroewe maar dit is nie wat ek wil he nie.
Ek sal graag wil weet wat manne gedoen het wat voorheen hierdie aksies op n pasmaak geweer gebou het.
Het julle gebly by die standaard metaal of het julle n ander rigting gegaan.
Ek sal graag foto's wil sien van julle gewere se onderkant sodat ek planne kan beraam.
Ek sal graag hierdie aksie "original "wil hou en dit sluit ook in om hom enkelskoot te hou.
Vir eers baie dankie
Johan
"Bottom metal"vir Rsa enkelskoot aksie
-
afrikanerbloed
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: "Bottom metal"vir Rsa enkelskoot aksie
Ja, die RSA sal nou eintlik nie n skoonheidskompetisie wen nie 
Ons het die rail gedeelte afgesaag sodat net die snellerbeuel oorbly, hom mooi afgewerk,ens. Voorste skroef is ondersteun met n ovaal staal inlegstuk. Het ongelukkig nie fotos, miskien is daar manne op die forum wat kan help!
Groete
Daan

n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
Charles.308
- Sr. Member

- Posts: 323
- Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm
Re: "Bottom metal"vir Rsa enkelskoot aksie
Hi Afrikanerbloed,doen jouself n guns en kyk in Magnum--April 2011 tydskrif,daar het hulle fotos van n .243 enkel aksie,waar hulle die geweer ligter en(facelift) gegee het.
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: "Bottom metal"vir Rsa enkelskoot aksie
Charles
As ek reg onthou is dit Koos Barnard se 243 daai waarvan jy praat.
Groetnis
As ek reg onthou is dit Koos Barnard se 243 daai waarvan jy praat.
Groetnis
-
Charles.308
- Sr. Member

- Posts: 323
- Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm
Re: "Bottom metal"vir Rsa enkelskoot aksie
100%-Ek moet se hulle het daai geweer mooi facelift gegee--soos ek kan aflui het hulle die geweer so +_ 1kg ligter gemaak!
-
afrikanerbloed
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm
Re: "Bottom metal"vir Rsa enkelskoot aksie
Dankie manne vir die terugkom.
Jip ek het daai Magnum al van alle kante al bestudeer.
Die enigste ding wat my daar pla ,is die addisionele gate wat geboor moet word om dan die agterste sneller beul te ondersteun.Dis hier waar my vraag nou eintlik op fokus.
Anders maak ons hom maar mooi op sy manier ,ek dink ek sal darem seker n Kameelperd op daai lang stuk metaal ingegraveer kry.

- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: "Bottom metal"vir Rsa enkelskoot aksie
Dit is reg.SJ wrote: Charles
As ek reg onthou is dit Koos Barnard se 243 daai waarvan jy praat.
Groetnis
Dit is Gerrie in Bloemfontein wat die geweer gestreamline het. Met die nuwe loop (dik, lang bullbarrel) is daar blykbaar, volgens Koos, bitter min gewen wat gewig aanbetref, maar die geweer se balans is glo puik.
Julle moet onthou dat die gewig van die RSA Enkelskoot aksie 'n groot deel is van die potensiaal van akkurate skiet daarmee. Dit is dalk nie lekker om daardie stuk staal in die veld rond te dra nie, maar dit is daar aangebring vir 'n doel: Om by te dra tot die roer se akkurate aanl? en skietgemak op die baan.
Jy kan vir 'n Ferrari smaller wiele opsit om brandstof te bespaar, maar jy gaan ook iets verloor in die proses
Dit is maar hoe ek die Enkelskoot sien en ervaar
Hein M
Last edited by Hein M. on Tue Nov 27, 2012 10:00 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: "Bottom metal"vir Rsa enkelskoot aksie
Lyk my jy kry sommer gou-gou oplossings op die forum

Daan
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!