Page 1 of 1

Nosler Custom Competition

Posted: Thu Nov 22, 2012 6:21 pm
by Herman Venter
Hallo julle,
Net 'n vinnige vraag, ek beplan om einde van die maand te begin herlaaoi vir die 30.06 en het daaraan gedink om die bogenoemde koe?ls te gebruik is 165gr of 168gr! Maar my vraag nou, maak hulle die koele in daardie grein want kry glad nie dit op die internet nie! Nie by S&O of by zimbi nie! Kan iemand my dalk s??

Groete
Herman

Re: Nosler Custom Competition

Posted: Thu Nov 22, 2012 7:07 pm
by KC
Dagse Herman,

Ek skiet self Nosler CC's. Nosler maak hulle in 168gr. Hulle groep mooi in my geweer @ 2800fps met n 24"loop

Groete
Kobus

Re: Nosler Custom Competition

Posted: Thu Nov 22, 2012 8:57 pm
by Carl
Herman vir die .308 is daar 168gr of 155gr.http://www.nosler.com/Bullets/Custom-Competition.aspx

Re: Nosler Custom Competition

Posted: Fri Nov 23, 2012 10:23 am
by Varminter-308
Ek gebruik ook tans die 155 cc in my .308.

Fantastiese koe?ls

Groete

Re: Nosler Custom Competition

Posted: Fri Nov 23, 2012 10:28 am
by Herman Venter
Nou waar koop julle ouens?

Re: Nosler Custom Competition

Posted: Fri Nov 23, 2012 10:31 am
by Reggie Gerber
155g Custom comp by S&O gekoop in 250's

2 maand terug

Groete Reggie

Re: Nosler Custom Competition

Posted: Fri Nov 23, 2012 10:39 am
by LUAN
S&O al die pad. Woensdag bestel en gister is die berco express sakkie by die huis! Ja koop in bulk werk goedkoop uit per PUNT.

Re: Nosler Custom Competition

Posted: Sat Nov 24, 2012 7:15 pm
by shooter
303 wat het jy betaal vir 250

Re: Nosler Custom Competition

Posted: Sat Nov 24, 2012 8:47 pm
by VdWalt
Het iemand al n jakkie met een van die geskiet? Hoe het
hulle perform?

Re: Nosler Custom Competition

Posted: Sun Nov 25, 2012 8:57 am
by immelmanw
VdWalt wrote: Het iemand al n jakkie met een van die geskiet? Hoe het
hulle perform?
Manne. Enige navrae ten opsigte van performance oor Custom Comp. kan julle vergelyk met Sierra Matchking. Dit is 200% dieselfde konstruksie en gewigte.

Re: Nosler Custom Competition

Posted: Sun Nov 25, 2012 12:18 pm
by LUAN
shooter wrote: 303 wat het jy betaal vir 250
http://www.safariandoutdoor.co.za/subca ... libre_.308
immelmanw wrote:
VdWalt wrote: Het iemand al n jakkie met een van die geskiet? Hoe het
hulle perform?
Manne. Enige navrae ten opsigte van performance oor Custom Comp. kan julle vergelyk met Sierra Matchking. Dit is 200% dieselfde konstruksie en gewigte.
Maar die Sierra's blink en die Noslers is dof :D

Re: Nosler Custom Competition

Posted: Sun Nov 25, 2012 9:48 pm
by immelmanw
.303 wrote:
shooter wrote: 303 wat het jy betaal vir 250
http://www.safariandoutdoor.co.za/subca ... libre_.308
immelmanw wrote:
VdWalt wrote: Het iemand al n jakkie met een van die geskiet? Hoe het
hulle perform?
Manne. Enige navrae ten opsigte van performance oor Custom Comp. kan julle vergelyk met Sierra Matchking. Dit is 200% dieselfde konstruksie en gewigte.
Maar die Sierra's blink en die Noslers is dof :D
Vir die groot prysverskil en besparing kan jy maar vir jou n potjie Brasso of Brillo koop!

Re: Nosler Custom Competition

Posted: Mon Nov 26, 2012 7:03 am
by Jacques van Eeden
Ek het jakkie se nefie met 'n CC geskiet met die 222 ;D Klein gaatjie in, 50mm gat ander kant uit. Dit was 'n doodskoot. Ek het toe verskillende koe?ls op die karkas getoets en behalwe vir die CC het geen ander varmint koe?l ten volle gepenetreer nie. So dit wil voorkom of die konstruksie bietjie beter is maar dan weer dit is nie ontwerp as 'n varmint koe?l nie. Ek wil hulle nou op die bobbies toets.

Jacques

Re: Nosler Custom Competition

Posted: Mon Nov 26, 2012 8:09 am
by Geno
VdWalt wrote: Het iemand al n jakkie met een van die geskiet? Hoe het
hulle perform?
Ek sal nie match koe?ls op jakkalse gebruik nie, het dit probeer, en na die 3de .308 skoot met 'n 135gr SMK met 'n jakkals wat nie wil vrek nie, moes 'n .223 hom vrek skiet. 'n Jakkals is te sag om die SMK's te laat bars.

Re: Nosler Custom Competition

Posted: Mon Nov 26, 2012 10:53 am
by Varminter-308
Geno wrote:
VdWalt wrote: Het iemand al n jakkie met een van die geskiet? Hoe het
hulle perform?
Yip. Een geskiet op 150m wat weggehol het met 155gr cc in 308.

Jy kan hom in n toeknyp rooster sit. Lyk net soos n hoender flattie.......lol ;D ;D

Re: Nosler Custom Competition

Posted: Sat Dec 08, 2012 10:13 am
by Herman Venter
Was toe by S&O, enigste cc wat ek kon kry daar is 175gr.. Het dit toe maar gevat! Nou vir die lading ontwikkeling?!