Dagse manne
Ek wonder nou al 'n rukkie hieroor, ek wil graag vir my .22-250 'n nuwe kolf opsit. Sal 'n gelamineerde kolf (Boyds) beter wees as die B&C sintetiese kolf met die alluminium bedding Block? Ek gebruik die geweer vir ongedierte beheer en die uitskiet van wild.
Tweedens, wie van julle het ondervinding van Rifle Basix snellers en hoe weeg hulle op teen Timmeny en Jewell?
Ek luister graag
Groete Erni

