ek het laasweek mos 'n jakkals naby my huis geskiet. nou is hier nog 1... sy het gister 2 lammers gevang. dink dis 'n teef, omdat ek laasjaar net 'n reen geskiet het, en nou weer 'n reen.
ek wil haar weer voorsit vannag. maar hoe? sy kom elke aand. kan ek 'n skaap klank probeer? dalk met baklei4?
ek sal elke hoekie van my staanplek 'range' so as ek oe sien, skiet ek.
dink nie jakkals roep gaan werk nie. nog 'n ding, as sy elke aand kom, kan die nes nie te ver wees. dis nou as sy kleintjies het. maar hoor niks. aan die byt merke is dit 'n ou jakkals. het eers gedink dis kleintjies, maar die spoor is te groot.
vanaand pak ek kos in, want ek sit tot sy kom. dink ek gaan rooi lig ook gebruik. omdat sy daar war donderdag, maar het nie 'n skoot ingekry nie.
Roep naby vangplekke die tyd van jaar
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Roep naby vangplekke die tyd van jaar
HOU HOM DAAI DIKTE
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Roep naby vangplekke die tyd van jaar
Cassie
Met jakkalse wat elke nag vang,verkies ek om net stil te sit by die vangplek. Verander die kleur van jou lig. Probeer so vroeg as moontlik uitgaan na jou staanplek. Plaas jou roeper uit,maar probeer om die jakkals te skiet sonder enige roep. Lig maar so min as moontlik,en ook verkieslik met 'n lig met 'n dimmer.
Hierdie metode het al menige jakkalse by my laat bakkie ry. Hoop jy kry die skelm.
Met jakkalse wat elke nag vang,verkies ek om net stil te sit by die vangplek. Verander die kleur van jou lig. Probeer so vroeg as moontlik uitgaan na jou staanplek. Plaas jou roeper uit,maar probeer om die jakkals te skiet sonder enige roep. Lig maar so min as moontlik,en ook verkieslik met 'n lig met 'n dimmer.
Hierdie metode het al menige jakkalse by my laat bakkie ry. Hoop jy kry die skelm.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Roep naby vangplekke die tyd van jaar
martin, dit is my plan. maar, as ek nou en dan, skaap speel, kan dit seker nie skade doen nie.
dink die trick is om dinge so natuurlik as moontlik te hou.
dink die trick is om dinge so natuurlik as moontlik te hou.
HOU HOM DAAI DIKTE
- johann
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm
Re: Roep naby vangplekke die tyd van jaar
Staan naby jou trop skape, en speel maar nou n dan lammetjie. Sal sommer sien hoe kom sy soek soek deur die skaap aangdraf.
Soo elke paar uur as jou skaap ver weg getrek het dan stoot jy ook weer nader. Het al vir my sukses gebring. Hoop jy kry haar.
Groete Johann
Soo elke paar uur as jou skaap ver weg getrek het dan stoot jy ook weer nader. Het al vir my sukses gebring. Hoop jy kry haar.
Groete Johann
25-06 Remington
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Roep naby vangplekke die tyd van jaar
ek het my skaap na ander kamp gevat. dis 'n kleinerige kamp, en sy kom elke aand met die selfde paadjie.
hoop maar van die beste. gaan nou nou ry. laaang sit wat wag..
hoop maar van die beste. gaan nou nou ry. laaang sit wat wag..
HOU HOM DAAI DIKTE