nuwe Win model 70 VS Rem model 700
- Felix
- Full Member

- Posts: 107
- Joined: Wed Jun 10, 2009 1:43 pm
nuwe Win model 70 VS Rem model 700
My kennis van die twee aksies is baie "basic". Soos ek verstaan is dit twee baie verskillende aksies, maar altwee is baie goed.
Nou wil ek net graag hoor watter een van die twee sou julle kies vir n JAG GEWEER en hoekom? En hoekom is die win model 70 nie so gewild vir kompetisie skiet soos die rem 700 nie?
Ek het maar net begin wonder toe ek sien daar is byna geen prys verskil tussen die remington 700 VTR en die winchester model 70 ultimate shadow nie.
Groete
Felix

Vas!
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: nuwe Win model 70 VS Rem model 700
Kyk in Feb 2010 se Magnum, Koos Barnard se artikel sal jou baie goed inlig om te kan besluit. Na ek dit gelees het sal ek nie skroom om n Winchester te koop nie. Tog is die ouens baie lief om die Remington te gebruik as basis vir n pasmaak geweer vir kompetisies, weet self nie hoekom nie maar miskien is dit omdat daar so baie aftermarket goed is vir die remington. Groete
-
DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: nuwe Win model 70 VS Rem model 700
Felix
Ek ken nie die Winchester aksies goed nie, dus kan ek nie 'n opinie uitspreek oor hoe hulle vergelyk vs die Remington nie. Die Remington is gewild in die VSA en elders vir die bou van pasmaak/kompetisie gewere vir onder andere die volgende redes:
- "Recessed Bolt Face", wat tegnies die dop aan sy agterkant meer konsentries in plek hou;
- Silindriese vorm van die aksie, wat veronderstel is om oor die lengte van die aksie 'n sterker struktuur te gee;
- Groot "locking lugs" aan die voorkant, met groot oppervlaktes, vir beter akkuraatheid (sluitstuk sluit makliker "square");
- die opsie om 'n Sako tipe uittrekker te installeer, wat akkuraatheid in die hand werk (Mauser tipe kan die dop skeef druk aand die agterkant);
- Effens langer draad in die aksie as die meeste ander, wat die loop stewiger en meer konsentries vas hou.
Bogenoemde is alles tegniese kenmerke, wat ek destyds in 'n boekie saam met my eerste Remington gekry het. Sederdien het daar al baie aksies op die mark gekom met soortgelyke of beter kenmerke (Bv Savage).
Ek weet ook nie of hulle beter is as Winchester nie, maar ek kan bevestig dat hulle 'n barshou skiet, veral as hulle "blue printed" is. Ek het egter ook ou Mauser aksies wat net so 'n barshou skiet. Persoonlik dink ek daar word te veel gemaak van aksies, belangriker areas wat akkuraatheid kan beinvloed is loop kwaliteit, dop kwaliteit en punt kwaliteit.
My 1 sent.
Dawie

- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: nuwe Win model 70 VS Rem model 700
Naands?
Ek sien op die webtuiste www.sniperworld.com dat die Amerikaanse skerpskutters se gewere op die Remington ADL aksies gebou word. Ek dink nogal dit s? iets van die aksie.

- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: nuwe Win model 70 VS Rem model 700
Felix,
Ek het nou die dag van die nuwe Winchester gewere - nie net een nie maar 'n paar - in my hande vasgehou en bekyk.
Ek is 'n leek, maar het die gevoel gekry dat die gewere 'n "goedkoop" gevoel het toe ek die grendel(s) oop en toe gestoot het. Weetnie, maar ek het daarna 'n klomp tweedehandse BRNO, CZ, Manlichter, Sako en Musgrave gewere ook hanteer en nie dieselfde "cheapstuff"-gevoel gekry nie. En dit was tog van die heel nuwe Winchester gewere, met laminated kolwe en al. Die verkoopsman het my bevinding/gevoelens gedeel.
Dalk is ek maar net old school.
Dit was ook maar net die "feel". Hierdie gewere is dalk op die baan/veld die beste, maar dit sal ek nou nie weet nie...
Wou net my ondervinding deel...
Hein M.

Last edited by Hein M. on Sun Jun 27, 2010 11:28 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Felix
- Full Member

- Posts: 107
- Joined: Wed Jun 10, 2009 1:43 pm
Re: nuwe Win model 70 VS Rem model 700
Ek het op n ander skiet forum die vraag gaan opsoek en daai manne se dis soos om te kies tussen n blonde en n brunette
Altwee het maar sy voor en nadele.
Ek moet se ek het n remington 700 ADL in bonzai 243 en hy kan nie lekkerder skiet nie (die plastiek kolf waarmee hy uitgekom het was maar treurig, ek het hom af gehaal nog voor hy n skoot geskiet het).
Het maar net oor die winchesters gewonder want ek hou baie van die mauser tipe aksies.
Dink ek sal maar hou by die rem 700 as ek weer moet koop. Hulle sal nie verniet so n goeie reputasie he nie en ek kan net goeie dinge se van die een wat ek het.
Hoe vergelyk savage met die remington 700?
Dankie vir al die terugvoer.

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: nuwe Win model 70 VS Rem model 700
Felix

Grappies op n stokkie, ek het GEEN ondervinding van n Savage nie, maar wat ek op die WWW te lese kry, het hulle akkuraadheid met 1000% verbeter oor die laaste paar jaar en staan hulle niks terug vi die Remingtons nie, ek het GEEN idee hoe hulle pryse by ons vergelyk en hoe hulle naverkope diens sal wees nie.
Miskien iemand wat meer hiermee te doene al gehad het????
Mooi loop
Francois
Dis om soos te kies tussen n blond en n brunetteHoe vergelyk savage met die remington 700?
Grappies op n stokkie, ek het GEEN ondervinding van n Savage nie, maar wat ek op die WWW te lese kry, het hulle akkuraadheid met 1000% verbeter oor die laaste paar jaar en staan hulle niks terug vi die Remingtons nie, ek het GEEN idee hoe hulle pryse by ons vergelyk en hoe hulle naverkope diens sal wees nie.
Miskien iemand wat meer hiermee te doene al gehad het????
Mooi loop
Francois
-
Danie Lombard .243
Re: nuwe Win model 70 VS Rem model 700
Savage is beslis uitstekend as it by akkuraatheid kom. Die boltface en locking lugs word geskei van die res van die bolt shaft deur 'n wave washer. Ek kan nie se watter een, die rem mod 700 of die savage mod f111 die beste groepe skiet nie. Albei is puik en akkuraat. Wat ek wel van kan getuig is dat ek die savage se sneller verkies. My rem mod 700 het daai nuwe X mark pro sneller, maar staan terug vir die savage sneller. USA snipers gebruik die rem mod 700.
Winchester?? Ek sal nie die mod 70 win aksie kies nie. Hoekom?
Ek weet nie of die nuwe mod 70 is soos die oues wat ek ken is nie. Hul sneller was ook altyd maar lekker goor.
Hy is nie baie vriendelik as dit by herloop kom nie. Daar loop 'n groef deur die aksie waardeur die bolt beweeg om voor te sluit. Die groef moet dus ook in die agerkant van die loop by die agter kant van die kamer gesny word. Dus as die nuwe loop klaar gepas is moet die twee groewe mooi in lyn wees en perfek pas. So ook is die agterkant van die loop taper konkaaf soos 'n cone na voor. Lyk soos 'n kegel van agter gesien. Nie die maklikste maat om te maak pas as 'n wapen smit die roer moet herloop nie. Daai groef kan jou besig hou met die indraai van die loop.
My opinie.
Danie
Winchester?? Ek sal nie die mod 70 win aksie kies nie. Hoekom?
Ek weet nie of die nuwe mod 70 is soos die oues wat ek ken is nie. Hul sneller was ook altyd maar lekker goor.
Hy is nie baie vriendelik as dit by herloop kom nie. Daar loop 'n groef deur die aksie waardeur die bolt beweeg om voor te sluit. Die groef moet dus ook in die agerkant van die loop by die agter kant van die kamer gesny word. Dus as die nuwe loop klaar gepas is moet die twee groewe mooi in lyn wees en perfek pas. So ook is die agterkant van die loop taper konkaaf soos 'n cone na voor. Lyk soos 'n kegel van agter gesien. Nie die maklikste maat om te maak pas as 'n wapen smit die roer moet herloop nie. Daai groef kan jou besig hou met die indraai van die loop.
My opinie.
Danie
- Felix
- Full Member

- Posts: 107
- Joined: Wed Jun 10, 2009 1:43 pm
Re: nuwe Win model 70 VS Rem model 700
Kyk bietjie na hierdie video van die savage model 12.
http://www.youtube.com/watch?v=AjtNWwLcZL4
Ek wonder net of hulle ander modelle ook so n goeie reputasie het want ek sien die pryse is nie te sleg nie.
Hoop regtig hier is iemand wat n savage skiet/geskiet het om ons bietjie meer te vertel.
http://www.youtube.com/watch?v=AjtNWwLcZL4
Ek wonder net of hulle ander modelle ook so n goeie reputasie het want ek sien die pryse is nie te sleg nie.
Hoop regtig hier is iemand wat n savage skiet/geskiet het om ons bietjie meer te vertel.
Vas!
-
Danie Lombard .243
Re: nuwe Win model 70 VS Rem model 700
Felix
Ek skiet die laaste 10 jaar met 'n Savage in kal .243 en ek kan vir jou getuig dat die roer baie akkuraat is. Dit is my gunsteling aksie. As die roer mis skiet is dit ek wat vrot gemik het. Tans het die aksie 'n truvelo loop op. Hy herloop maklik en kopspasie stel is sommer gou en maklik met die lock ring nut wat die loop vashou. Die savage sneller is 'n fees.
Ek het ouens tee gekom wat weer niks van die aksie hou nie. Tyd terug het ek verseie VSA jag en skiet tydskrifte deur geblaai en orals lees en sien jy van die akkurate skiet vernuf van die savage gewere.

Ek het vandag n draai gaan maak by S&O en toe vra ek sommer vir oom Hendrik van Rensburg oor die savage vs rem 700.
Hy se wat akkuraatheid betref het savage vir remington verby gesteek, en sommer goed verby gesteek. Hy self het 2 savage gewere.
Hy het vir my sy savage model 12 VLP DBM in 243 gewys, en is dit nou vir jou n smart roer daai! Hy het niks aan syne verander nie, nog net soos hy uit die fabriek kom.

Sal hom baaaaie sterk oorweeg as ek eendag weer geld het vir n nuwe kettie.