Slowcooker Boud

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Slowcooker Boud

Post by andre007 »

Ja, ek en die slowcoocer begin mekaar nou lekker leer ken.  My nuutste skepping hiermee is boud, wild of skaapboud.  Ekt n gevriesde skaapboud en klop klein aartappelkies so  23:00  Saterdag aand ingesit en die sondagoogend 09 uur het dit van die been begin afval.  Proses was soos volg:

So 22:45 die 'cooker aangesit op Auto en en die bodem net net met water toegemaak, so 3 groot uie in ringe gsny en daarop gestrooi, n paar mosterdsaadjies ingegooi en die gevriesde boud daarin gesit en n paar los uieringe daaroogestrooi.

Die volgende oggend die boud met my mengesel braaivleis speserye gstrooi en vir so uur laatgaan, omgedraai gespice en vir so uur laatgaan.  Die aftreksel en uie in na n oondpan oorgedra en toe die boud, ek het die boud sommer met die aftreksel gesmeer en n laaste keer gespice vir goodluck, in die oond gedruk om te bruin en "voilaaa!' die sappigste boud wat ek nog gemaak het - toe eet ons dat die spoeg spat!!.

Hou die aartappels maar eenkant warm as die boud bak want hulle is geneig om taai te raak as hulle in die oond met skilletjies aan onder die griller gedruk word.

Bak- en "grill"tyd varieer na gelang van die grootte van die boud, oond ens, ek hou dit maar met een van daai toetsvurke dop.

Lekker eet

Andre007
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Slowcooker Boud

Post by Wismit »

Sjoe - hoe water my mond nou !!!!

W.S
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
User avatar
Kerneels S.
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Tue Jul 31, 2012 8:34 am

Re: Slowcooker Boud

Post by Kerneels S. »

Andre
Volgende keer as jy jou boud in die slow cooker sit dan gooi jy 'n driekwart koppie muskadel by en 75ml brandewyn vir die eerste paar ure se stadige kook. Wanneer jy die boud transfer na 'n oond pan dan smeer jy die boud met appelkoos konfyt. Gebruik die muskadel wyn sous as basis vir jou gravy. Vir speserye gaan koop vir jou by Crown hulle Greeck Sprinkle speserye om oor die boud te strooi.
Geniet hom hy is moer lekker. Werk vir wild ook.
Groete
Kerneels S.
.22 Brno, .22 Zidi(Hornet), .223 Ruger, .243 Ruger, .270 Sako, .25-06 Rem, .308 Weatherby, .303 Lee Enfield, .30-06 Howa, .30-30 Marlin, .300 Weatherby Mag, .375 H&H, 12 BR Browning Citori Grand Lightning, .9mm Para, .44 Mag Super Black Hawk, 7.63mm Broomhandle Mauser
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Slowcooker Boud

Post by andre007 »

Kerneels S

Ek sit jou nota by my resep, klink lekker!

Groete

Andre
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Kerneels S.
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Tue Jul 31, 2012 8:34 am

Re: Slowcooker Boud

Post by Kerneels S. »

Andre
Ek wil net vir jou s? my maat ek het jou brood resep in die slow cooker probeer en MOER hy was lekker. Met die tamatie smoor en kaas, lekker speserye oor gegooi en siedaar net soos jy ges? het hy was wragtig lekker. Ek sal nou ander variasies bo-op probeer maar manne die wat hierdie post lees probeer gerus hierdie resep van Andre. Die brood kan nie flop nie.

Andre laat weet as jy 'n nuwe resep het.
Groete Kerneels S.
.22 Brno, .22 Zidi(Hornet), .223 Ruger, .243 Ruger, .270 Sako, .25-06 Rem, .308 Weatherby, .303 Lee Enfield, .30-06 Howa, .30-30 Marlin, .300 Weatherby Mag, .375 H&H, 12 BR Browning Citori Grand Lightning, .9mm Para, .44 Mag Super Black Hawk, 7.63mm Broomhandle Mauser
Post Reply