Page 1 of 1

Slowcooker Brood

Posted: Thu Nov 01, 2012 4:32 pm
by andre007
Ja nog n jop vir die slowcooker.  Gooi so halwe koppie water in die slowcooker en skakel hom aan op Hi. Gooi dan n hele pakkie brood deeg (vir n groot slowcooker, 1/2 pakkie vir die kleiner model).  Druk die bol deeg mooi eweredig plat op die bodem van die slowcooker wat nou n lagie water op het, sit die deksel op en laat hom vir so 1 en 1/2 uur loop, behoort nou so 3/4 gerys te wees, strooi nou n bakkie vars gekapte mushrooms oor die deeg en daarna so 1 en 1/2 blikkie tamatie en uiesmoor, die met green pepper in as julle kan kry, strooi hom met braaisout, gerasperde kaas, sit die deksel terug en laat hom vir nog so uur loop.

Haal nou die deksel af en laat hom vir nog so halfuur loop om so bietjie "droog" te word, haal hierna die brood uit en sit om n broodbord, sny en smul.  Werk baie goed saam met potjie en braaivleis

Re: Slowcooker Brood

Posted: Thu Nov 01, 2012 5:26 pm
by grumpy
Is dit die brooddeeg wat klaar is wat jy insit?

Re: Slowcooker Brood

Posted: Thu Nov 01, 2012 10:19 pm
by andre007
Naand, as ek mooi verstaan ja, dis klaar geprosseseer ens., in n sakkie reg om te gebruik, die ouens hie by ons gebruik dit vi brood, stokbrood, rooster koekvetkoek ens

Re: Slowcooker Brood

Posted: Sun Nov 04, 2012 11:56 am
by Jakkalsgat
007

Hierdie resep werk soos 'n bom, die kinders vereet hulle daaraan het net nie tamatie smoor oorgegooi nie, my dogter sit nie haar mond aan tamatie nie.

Bruin uie sop, gesmelte knoffelbotter en 'n vrag kaas.

Sal vanaand foto laai.

Groete
Jaco

Re: Slowcooker Brood

Posted: Sun Nov 04, 2012 2:01 pm
by grumpy
Het jy iets nodig van die kant wat ek vir jou kan saam bring. Lyk my ons gaan nie eet by jou nie maar vreet!!! ;D

Re: Slowcooker Brood

Posted: Sun Nov 04, 2012 3:36 pm
by Jakkalsgat