Newe effekte van KD's

User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Newe effekte van KD's

Post by swc-tr »

Deel graag die volgende waarnemings ivm KD's

Twee plaaslike skuts het KD's op hulle jakkalsskiet gewere aangebring, nl .222 Krico en .22-250 RSA enkelskoot.
Aanvanklik was beide baie tevrede met die resultate, veral die goeie akkuraatheid, klankdemping en verminderde terugskop.
Die .222 het ongeveer 1800 skote en die .22-250 ongeveer 1000 skote geskiet vandat die KD's aangebring is, toe die manne begin opmerk die gewere se akkuraatheid is nie meer wat dit aanvanklik was nie. Oorspronklik kon beide <15mm groepe skiet op 100m, nou sukkel beide om <30mm te skiet met dieselfde komponente.

Na baie kopkrap, lading-herontwikkeling, foutsporing, ens kom ons toevallig op die volgende af: by beide gewere was dit met die blote oog waarneembaar dat daar duidelike "slytasie" voor by die kroon op die groewe is, tot sover as 6mm terug in die loop in, vanaf die kroon. 'n Koeel kon vanaf die kroon by die loop heelwat ingedruk word, verby die kontakpunt op die koeelskag waar die boordiameter datumlyn gemeet is.

Nadat daar so 10mm van die loop se punt afgesny is, herkroon en die KD skroefdraard weer aangebring is, skiet beide gewere weer soos oorspronklik. Daar moes egter, soos verwag kan word na die genoemde loopleeftyd, 'n klein verstelling aan die TPL en lading aangebring word om weer dieselfde snelheid te kry as voorheen.

Uit ondervinding met baie jare se Bisleyskiet, en 15 jaar by PMP in die vorige bedeling, is gevind dat daar 'n meetbare vergroting by die trompdimensies van lope plaasvind, na baie skote gevuur is. Die bespiegeling was dat van die gasdruk vanaf die koeelbasis terug in die loop "gedeflekteer" word, wat die "slytasie" veroorsaak. Deur 'n kort stukkie van die loop af te sny en herkroon, is die akkuraatheid herstel. Die wegbranding van die groewe by die kamer is baie meer algemeen en waarneembaar, en algemene kennis.

Nou ontstaan die vraag onwillekeurig, veroorsaak die "vertraging" van die gasdruk deur 'n KD nie dalk vermeerderde "slytasie" by die tromp, as daarsonder nie?
Wat is julle ondervinding, het iemand iets soortgelyk teegekom?
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Newe effekte van KD's

Post by Geno »

Harris30-06 het dieselfde oorgekom met sy .243. Hy moes ook 'n stukkie afsny by die kroon, herkroon, en weer skroefdraad sny....
Goed, beter, 6millimeter!
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Newe effekte van KD's

Post by Danie01 »

Dit is n baie goeie vraag en dalk n antwoord op my gesoek na n oplossing om my 243 akkuraat te kry. Ek het wel my roer laasnaweek by geweersmid ingehandig om te loer wat hy fout vind, dalk kry hy ook die probleem daar. Maar soos jy ook gevra het, veroorsaak 'n silencer meer slytasie as sonder een?

Groete
Danie
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Newe effekte van KD's

Post by BLOK »

Ek wonder het dit nie te doen met die ontbranding nie, as te veel kruit gooi en die kruit brand nog as die koel al die loop verlaat het brand die kroon weg nie. Kyk maar hoeveel gewere skiet en daar kom n sterk vlam voor by die loop uit ek dink nie dit is die demper so seer nie maar eerder die ontbranding.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Newe effekte van KD's

Post by DWB »

Geno wrote: Harris30-06 het dieselfde oorgekom met sy .243. Hy moes ook 'n stukkie afsny by die kroon, herkroon, en weer skroefdraad sny....
Geno,

Ek het laas vir Nico gereken dit is wat ek dink gebeur!

kyk nou net hier!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Newe effekte van KD's

Post by Nico Harris »

myne het op 900 skote so gemaak!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Newe effekte van KD's

Post by Eugene »

Hierdie is baie interessant!

Ek hou die pos dop!
Aim small, miss small
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Newe effekte van KD's

Post by NicoSmit »

Dit sal seker so gebeur as jy baie skiet maar vir 'n geleentheids jagter soos ek wat +/- 20 skote 'n seisoen skiet sal dit seker nie in my leeftyd gebeur nie
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Newe effekte van KD's

Post by Born2Late »

Interessant. 1000 skote is n leeftyd se skiet vir my.Is dit nou dieselfde effek met alle dempers of sal daar n verskil wees byvoorbeeld n reflex en gewone een?
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Newe effekte van KD's

Post by Eugene »

Wat s? die ander manne wat KD gebruik? Is dit meer opmerking in kalibers met ho?r spoed en dus meer kruit in die dop of is dit deur die bank dieselfde?
Aim small, miss small
User avatar
Scrappies
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm

Re: Newe effekte van KD's

Post by Scrappies »

Naand manne,

wil ok net ietsie byvoeg en by julle slim manne hoor wat dink julle. Ek het so 3 naweke terug agter n man gestaan wat n 308 savage geskiet het met n &%^$% KD op. Ek het spesifiek gestaan en kyk na sy barrel whip. Ek kon sien hoe wip sy loop in die kolf en hoe bewe daai man se silencer.

Nou my vraag sal daar nie later n mate van "metal fatigue" plaas vind waar die skroefdraad op die loop gesny is nie?

Ek weet "metal fatigue" gebeur wel soms met instrumentasie wat in mense se rue ingeplant word.

Ek wonder maar net!

Lekker aand.
22-250 Howa
30-06 Musgrave
303 lee Enfield
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Newe effekte van KD's

Post by Silent Hunting »

Het so bietjie gedink aan alles wat ondervind is soos genoem hier bo.

Is seker moontlik dat die "warm gasse en vlamme" wat die eerste baffel tref in die "expansion chamber" terug gereflekteer kan word tot op die kroon.

Ek dink dit mag moontlik help as 'n Reflex kd gebruik word aangesien al die bogenoemde verby die kroon kan beweeg in plaas daarvan dat dit teen die kroon "stop". Dalk is dit dan ook waarom die meeste maatskappye in Amerika Reflex kds maak.

Hoop die Reflex is 'n oplossing, dan ek meer verkoop....

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Newe effekte van KD's

Post by Marc »

Silent Hunting wrote: Het so bietjie gedink aan alles wat ondervind is soos genoem hier bo.

Is seker moontlik dat die "warm gasse en vlamme" wat die eerste baffel tref in die "expansion chamber" terug gereflekteer kan word tot op die kroon.

Ek dink dit mag moontlik help as 'n Reflex kd gebruik word aangesien al die bogenoemde verby die kroon kan beweeg in plaas daarvan dat dit teen die kroon "stop". Dalk is dit dan ook waarom die meeste maatskappye in Amerika Reflex kds maak.

Hoop die Reflex is 'n oplossing, dan ek meer verkoop....

Henk
Baie goeie punt, ek wonder of van die meer gesoute manne hulle opinies hieroor sal gee.

Ek gaan 'n Reflex opsit en as dit my kroon gaan help spaar, nog te beter. Hoor graag, ek dink jy het iets hier beet  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Newe effekte van KD's

Post by F.L.A.S.H »

Naand manne

My Afr spel in nonsense en ek gaan nie nou sit en sukkel om 'n lang reply in Afr te try tik nie, so verskoon die engels asb :P

The reason there is wear on the front bid of your barrel is because of the way the normal and reflex silencers are designed. The normal and reflex silencer are designed to divert the hot gasses backwards thus the only place they can go is back down the barrel. Im not one of the clever people so don?t know what the temperature of these gasses are, but you can think for yourself that they are quite high. Now the reason only the first couple of centimeters are damaged is because the gasses have cooled enough not to be harmful by the time they pass this point.

There is however a solution, there is a gentleman by the name of Bernie (spelling) here in PE that has designed (or builds) a silencer that prevents this from happening. What he does is (im speaking under correction) build a double layer silencer, so he has a tube that fits snugly over the barrel and the a bigger tube that fits over this. What his silencers do  is not channel the hot gasses back down your barrel but over your barrel and the snug fitting tube and thus no crown erosion.

Bernie?s silencers are also shorter that the standard silencer but the go nearly as far back as the stock of your rifle.

I will speak to Bernie as soon as I can and ask him if he would kindly write a short report on the above mentioned and explain what is happening and why the silencer he builds prevents this from happening and I will come post it here.
I hope you understand what I was trying to say.

Mooi loop ;)

F.L.A.S.H
"Nothing can come of nothing" Speaker
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Newe effekte van KD's

Post by Kalahari »

Naand almal

Wat ek met my reflex Moose kd ondervind het is: omdat ek nie geweet het het ek heelwat skote geskiet en na maand of 3 - 4 haal ek eendag die kd af en daar sit wragtig toe pitmerke op die loop voor, gelukkig nie die kroon beskadig nie omdat dit dikloop Tikka is. Ek het ook die oksidasie en ander groot woorde gehoor by die man wat die kd maak.
Van toe af haal ek onmiddelik kd af nadat ek geskiet het en maak die kroon skoon met boretech eliminator en smeer dan liggies olie (sommer Ballastol) op die kroon en ou pitmerke. Ek het nog nie verdere skade gehad nie en hanteer ook die 30.06 op dieselfde manier en die het dieslfde kd op, laasjaar Desember opgesit en het geen skade sover nie.

Nasorg met kd skiet is vir my baie belangrik. Sit sommer die loop ondertoe sodat indien daardie gasse liquify (spelling?) loop dit voor uit en gaan le nie in jou loop en roes nie. Voor ek kd weer opdraai tik ek dit liggies alle kante en daar val sulke ligblou kristalle uit (klein), maar genoeg om as dit terugval in die geweer se kamer (as dit "tight" is) die slot moeilik te laat toemaak.

Skuus vir die lang storie. My ondervinding met kd.
 
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Newe effekte van KD's

Post by tripodmvr »

KD veroorsaak hoer opbou van hitte en reflex tipe kan dalk groter sondebok wees. Waar twee verskillende metale mekaar raak vind elektron uitruiling plaas. Kan ook dalk effek he.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Newe effekte van KD's

Post by Silent Hunting »

Flash,

Klink asof jy 'n Reflex beskryk?

Ek glo nie die Reflex (my ontwerp) sal die groter sondebok wees nie as gevolg van die feit dat dit nog steeds net die "kroon" is wat ontbloot is met die interne kamer. Die loop gedeelte binne die KD is in 'n interne "sleeve" wat weer op sy beurt nie in aanraking is met die loop nie. Dink ook nog steeds die Reflex sal help dat daar minder van die "flash back" terug in die loop in gedruk word.

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Newe effekte van KD's

Post by F.L.A.S.H »

Morning silent

The silencer I'm describing is not a reflex but looks similar to the reflex.

As I said I'm no expert or clever person so I'll bet in contact with Bernie and ask him to explain it in more depth to us

Mooi loop
"Nothing can come of nothing" Speaker
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Newe effekte van KD's

Post by Silent Hunting »

FLASH,

Yes please. Would like to know. Keep me posted.

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Newe effekte van KD's

Post by F.L.A.S.H »

Good afternoon gents

I just spoke to Bernie and he is going to write a report and email it to me by next week, so as soon as I have got it I will come and post it here,

Mooi loop

F.L.A.S.H
"Nothing can come of nothing" Speaker
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Newe effekte van KD's

Post by prohunt »

Kalahari,
Ek het presies dieselfde gesien op 'n vriend van my se ,223. Hy het ook nooit die knaldemper afgehaal nie en toe hy dit na 'n redelike tyd doen het dit hom 'n loopvervanging gekos omdat die kroon so baie gepit het en die binnekant ook seergekry het. Ek dink met knaldemper afhaal en kroon skoonmaak elke keer as die geweer geb?re word gaan die probleem waarskynlik baie verminder.
Ek skiet al jare lank met my ,243 met knaldemper en toe ek die loop met 'n borescope gekyk het was die keel al goed gebrand maar die kroon het nog niks makeer nie.
Groete
Johan
Where He leads me I shall follow!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Newe effekte van KD's

Post by Marc »

F.L.A.S.H wrote: Good afternoon gents

I just spoke to Bernie and he is going to write a report and email it to me by next week, so as soon as I have got it I will come and post it here,

Mooi loop

F.L.A.S.H
Thanks  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Newe effekte van KD's

Post by Kalahari »

Prohunt

Gelukkig het ek dit betyds agtergekom en kon keer vir die vale. Die 30.06 se loop is dunner, so as dit daar moes gebeur .............. soos jy dan kos dit man nuwe loop.
Groete
Johan
User avatar
Cmitch
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Mon Oct 08, 2012 8:10 pm

Re: Newe effekte van KD's

Post by Cmitch »

As 'n leek op die gebied kan ek net s? dat die teorie oor die warm gasse logies klink en ek het nie enige beter verduideliking nie. Hier is 'n afgetrede ingenieur in Klerksdorp (oom Banie) wat KD's bou soos FLASH beskryf het. Die ontwerp kombineer 'n "muzzle break" en 'n KD. As die teorie oor die warm gasse dan wel die oorsaak is behoort hierdie KD die probleem op te los.

Ek het self een van die KD's op my 25-06 en wag in spanning vir my .223 s'n. Wat my betref is dit van die beste silencers wat beskikbaar is "imho". Vra ook maar vir Eugene hoe klink sy Hornet en Lapman wat ook een op sy .270 laat sit het.

Ek sal julle oor so twintig jaar kan laat weet of die teorie reg is .... dan behoort ek deur my 900 skote te wees.
Only some of us can learn from other peoples mistakes ... the rest of us have to be "the other people"

Savage 25-06 (Nightforce 12 - 42 x 56)
Howa .223 (Leupold VX-R 4 - 12 x 40)
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Newe effekte van KD's

Post by 243Songdaug »

Scrappies of Fanie het netnou gevra of dieselfde met wpaens sonder kd's ook gebeur - die antwoord is ja.  'n Vriend vertel al jare lank dat hy sy 223 se loop van die voorkant af "uitskiet", want hy kan 'n punt van vooraf in die loop ingooi.(hy oes met sy 223 en het in sy lewe nog nie 'n kd besit nie)

Die hoofredes waarom lope vanaf die voorkant wegslyt is onder andere:
*  Skoonmaak vanaf die kroon se kant(!?!?!?!)
*  Stof/sand wat in die loop l?(Geweersakke wat stof in het is groot sondebokke
*  afvuur van 'n skoot met olie in die loop(het al 'n ander 223 gesien waarvan die loop so 38mm vanaf die kroon gerek het dat dit lyk soos 'n kierie)

Om terug te kom by kd's en die stytasie van die voorste paar millimeters van die loop - en hier wil ek aansluit by Blok.
Nadat 'n skoot afgevuur is val daar stukkies van die verbrande aandryfmiddel in die kd sowel as heel voor in die loop(dit word teruggeblaas deur die verbrandende gasse) - dit vorm oor tyd 'n aanpaksel wat veral sigbaar is op 'n wapen se kroon.  Hierdie nitro-stof is kliphard en baie "abrasive".  Met die skiet van die volgende skoot word die koeel bo-oor sommige van hierdie stof geskiet en dit veroorsaak slytasie wat dan die loop en groewe wegvreet. 

Met gereelde skoonmaak word die probleem in 'n groot mate uitgekanseleer en die skade tot 'n minimum beperk, aangesien die nitro/aanpaksel verwyder word.

Dink ek dis kd's wat die skade veroorsaak? Nee, veel eerder te min skoonmaak.  As 'n persoon met 'n kd wil skiet moet hy weet dat daar gereeld skoongemaak moet word - vat maar die 2 wapens waarna verwys word in die vorige skrywes - ek wil beweer dat die wapens bittermin skoongemaak is - hoe maak 'n man 'n geweer se loop skoon met 'n kd op?
Dont tell me, show me......
Post Reply