moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Dit is twee uur in die oggend in die hartjie van die Bloemfonteinse winter. Met net jou neus wat bo die kombers uitsteek slaap jy vas met so spoegdraadjie op jou kussing droom jy van jou kruishare op n sestig duim kudu se blad. Skielik is daar n onverklaarbare pyn in jou lae rug en jou onderbewussyn se vir jou positiewe dat jy nog nooit rerig met rugpyn gesukkel het nie. Die volgende oomblik voel dit vir jou of iemand n bloedrooi warm dropper in jou nier gedruk het en terwyl hy dit al in die rondte roer trek hy dit uit en steek dit weer in. Yip dit is n niersteen, maar die dr gaan dit eers oor 'n uur of so aan my vrou vertel. Ek bly amper dertig kilo's van die hospitaal af en die volgende dertig minute raak baie vinnig baie ernstig. Terwyl my Ma op die hoewe langsaan haar pantoffels en kamerjas aantrek om my kinders te kom oppas krul ek soos n afkopslang met my kaal rug op die yskoue kombuisvloer rond. My brein vertel die heeltyd vir my dat geen mens soveel pyn kan weerstaan en kan leef om die storie te vertel nie. Die vark met die warm dropper hou aan roer en steek. Om alles te kroon word jy oombliklik naar. Die hel alleen weet hoekom. Jy skiet katte en bak pizzas totdat die een aartjie in my oog bars. My vroutjie sukkel om my in die bakkie te laai sodat sy soos n besetene deur die strate kan jaag. My Ma het teen hierdie tyd opgedaag en ook solank die noodgevalle gebel om te se dat n groot man wat huil soos n baba oppad is. Elke knikkie in die pad voel soos n halfmeter diep donga en my vrou doen haar bes om my so vinnig moontlik by die pynmiddels uit te kry. By noodgevalle aangekom wag hulle vir my met 'n rolstoel en n spuit vol pethadine. Nou begin die sports eers. Teen hierdie tyd het ek al begin hiperventileer val al die kort asemhaal. Die jong sustertjie vra om verskoning vir die prik wat ek gaan voel van die drup se naald. Ek dink by myself sy kan my arm lewendig amputeer ek sal dit nie eers voel nie, want die dodende pyn in my nier maak my bang dat ek gaan doodgaan en later is ek bang dat ek nie meer gaan doodgaan nie, want dit sal nogal gerieflik wees op hierdie stadium. Die noodgevalle bed is te klein om op te le, want jy le en krul en brul soos iemand wat wolwegif ingekry het. Dit is beslis die jong susterjie met die drup se eerste pasient met nierstene, want ek hoor sy se vir haar kollega sy kan dit nie meer hanteer nie. Hulle gaan roep so 'n rooikop saalsuster en sy raas verskriklik met my omdat ek al vir die derde keer hiperventileer. My mond en lippe is so droog soos 'n 100 jaar oue perdesaal in die Australiese "Outback" Teen hiedie tyd het jy al twee keer jou bewussyn tydelik verloor om maar net weer by te kom en agter te kom dat die pyn nog niks beter is nie. Ek hoor nou die kwaai suster wys vir die dr. dat sy nou die vyfde pynmiddel gaan toedien en wil he dat hy die dosis moet bevestig. Sy vra baie hard reeds en duidelik vir my of ek allergies is vir enigiets. Ek wou nog se nierstene, maar op die stadium het ek nog ie geweet wat my makeer nie. Na 'n halfuur het die pyn begin bedaar en het my sig en gehoor begin terugkeer na normaal. Nog net eenkeer die bruinsakkie voor my mond gehou om vir 'n laaste keer vir George te roep. Nou begin die kamer waar ek le perspektief kry. Die rooihaar suster se vir my geluk, want dit is die naaste wat 'n man gaan kom aan kraam se sy. Ek weet in my diepste wese dat sy nog nooit in haar lewe 'n niersteen gehad het nie. Hierdie gewaarwording van my sou later deur tientalle brawe vrouens wie alreeds kinders en klippe gehad het onomwonde bevestig word. Een tannie met 5 kinders het eendag gese dat sy nog 5 kinders op haar rype ouderdom sal he, soank sy nooit weer 'n niersteen hoef te he nie. Vanaand slaap ek lekker met al die gif in my bloed. Moreoggend wil ek huis toe gaan, maar die loodgieter se ek is oppda teater toe om die steen met n laser stukkend te skiet. Die x strale(x Strale? ek kan nie eers onthou dat hulle kiekies van my geneem het gisteraand nie. Oor 'n uur le ek buite die teater in my ontwerpers rokkie en onderbroek. Die gawe suster in die teater glimlag vir my terwyl hulle 'n melkerige vloeistof in my drup druk en 'n suurstofmasker oor my mond druk. Sy glimlag en ek voel hoe die nafels my ooglede toetrek. Ek word wakker my vroutjie en twee dogtertjies glimlag vir my. My lyf is so seer van laasnag se rondrol, rondkruip en braking. Langs my bed staan 'n botteltjie met 'n steentjie in so groot soos 'n bic pen se punt. Ek kan nie glo dat so 'n klein dingetjie 'n man op sy kniee kan dwing nie. Ek vra my vrou om my na die badkamer te vergesel. Eers voel dit of ek verstop is. Die volgende oomblik piepie ek rooi partytjie koeldrank. Voordat die skok tot my deurdring voek dit of iemand anders 'n mes in my flenternier druk. Ek sou later leer dat dit die stent tussen my nier en blaas is wat my nou van voor af wens ek kan sommer net doodgaan. Vir die volgende twee weke piepie ek ten minste sewe keer op 'n dag. Na die dropper en nou die mes sou ek al gedink het dat my nier nie meer kan pyn nie, want daar moet niks van hom oor wees teen hierdie tyd nie. Ek gaan huis toe met 'n nuut aangebore vrees vir piepie. Die loodgieter se dat ek ten minste 3l water moer drink elke dag, want ek moet ten minste 2l piepie. By die huis maak my vrou vir my 'n warmwaterbottel nadat sy die water twee keer gekook het, waag ek dit om my blss te gaan leegmaak, want my blaas is so vol dat ek al 'n soutsmaak in my mond kry. Ek stap badkamer toe soos 'n man met 'n galgtou om sy nek. Ek leun teen die muur lig my linker been effens druk die steeds borrelende warmwatersak teen my kaal rug waar my nier voorheen was. Die diamantpatroon van die rubber was teen hierdie tyd permanent in my vleis ingebrand en die reuk van halfgaar mensvleis hang in die lug. Hier kom dit Eers die koeldrank en dan die messteek, sewe keer op 'n dag vir twee weke. Na twee weke van grysword en skel gaan ek terug hospitaal toe vir die prosedure om die "free flow" uit tehaal Weer word ek wakker en is te bang om te gaan piepie. Ek bel my sielkundige en na 'n uur se telefoniese berading oortuig sy my om badkamer toe te gaan. Vir morele ondersteuning vra ek haar om aan te hou aan die ander kant. Weer rooi koeldrank reg van voor af, maar geen vark wat my met 'n mes steek nie. Die lewe is weer 'n lied. WEES GEWAARSKU Om julle nie te onstel nie het ek probeer om dit so realisteis moontlik te vertel en Glad nie te oorreageer nie. DRINK WATER OF BIER DRINK MINDER KOFFIE, COKE. EET MINDER ROOIVLEIS EN DONKER SJOKOLADE VERMY KOSSE WAT SUUR VROORSAAK. GLO MY MAAR EK HET SOPAS MY 18 DE NIERSTEEN GEHAD MY LINKERNIER IS NOG BESAAI MET STENE AS JY OEFEN OF SWEET DRINK NOG EKSTRA VLEOISTOWWE GROETE MORNE
Remington 30.06
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Morne
Sterkte man, ek hoop jy word gou gesond. Ek het nou ten spyte van al jou pyn jou manier van vertel baie geniet, en glo my, die boodskap het duidelik oorgekom. BAIE SEER.
Voorspoed
Sterkte man, ek hoop jy word gou gesond. Ek het nou ten spyte van al jou pyn jou manier van vertel baie geniet, en glo my, die boodskap het duidelik oorgekom. BAIE SEER.
Voorspoed
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
DANKIE KALAHARI
ek hoop jy het sommer dadelik 'n glasie water gaan tap of 'n skuimkop laat knak Ek is bly die boodskap het oorgekom
lekker slaap
ek hoop jy het sommer dadelik 'n glasie water gaan tap of 'n skuimkop laat knak Ek is bly die boodskap het oorgekom
lekker slaap
Remington 30.06
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?
- toy
- Jr. Member

- Posts: 82
- Joined: Sat Apr 14, 2012 4:19 pm
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Morne sterkte daar vir jou. Jy het nou n bank vrees gesaai hier met jou goeie vertelling. So wat jy se is los die koffie bottel liewers by die huis as jy gaan werk. Die bier sal n ou nog dukker maak. Groete
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Morne
Sorry vir die pyn ou maat maar jou storie vertel jy goed, net so terloops die maklikste manier om van die kleintjies ontslae te raak is warm bad water waarin jy sit en bier drink.
Ek stuur vir jou sommer 'n storie oor gout wat ek geskryf het ook, al die stories is net lekker vir die manne om te lees as hulle dit nog nie gehad het nie.
Groete
Jaco

Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Morne
Ek het nou lekker gelag.
En ek drnk van nou af nog meer bier.
Dawie
Ek het nou lekker gelag.
En ek drnk van nou af nog meer bier.
Dawie
- piet
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Wed Nov 09, 2011 8:01 pm
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
ek het dit ook gehaad daai pyn wat jy van praat kan mens nie beskryf nie (mooi geskryf)
223 cz
308 howa
300 wm rem
12 br
9mm
308 howa
300 wm rem
12 br
9mm
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Ek het ook al 'n ou steentjie gehad en ja dit is Bl@#**ks@@3ms seer.Ek hou van Jakkalsgat se oplossing. Al kom hulle nie uit nie is 'n man later so gespuit dit maak nie saak nie.
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Janee dis die seerste seer wat ek nog ooit gehad het. Wens dit vir niemand toe nie.
Jy was gelukkig, ek moes myself ongevalle toe ry in 'n ou geel opeltjie!
Maar watookal in daai drip was is die wonderlikste goed wat mensdom nog uitgevind het.
Jy was gelukkig, ek moes myself ongevalle toe ry in 'n ou geel opeltjie!
Maar watookal in daai drip was is die wonderlikste goed wat mensdom nog uitgevind het.
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
stem saam daardie voel goed watertjies red lewens
Remington 30.06
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?
- Cz_apie
- Sr. Member

- Posts: 494
- Joined: Sat Mar 17, 2012 5:51 am
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Dawie Malan wrote: Morne
En ek drnk van nou af nog meer bier.
Dawie
Brno .22
Brno .32
Brno 243
MK4 - 2 303
Atis semi Auto 12Br
Harrington & Richardson 12Br Standard
Star .22 Target Pistol
Tanfoglio 9mm
Uberti Mod 1875 Army 357 Mag
NEF 9 shot .22 Revolver
Brno .32
Brno 243
MK4 - 2 303
Atis semi Auto 12Br
Harrington & Richardson 12Br Standard
Star .22 Target Pistol
Tanfoglio 9mm
Uberti Mod 1875 Army 357 Mag
NEF 9 shot .22 Revolver
- Frikkie die Rot
- Sr. Member

- Posts: 254
- Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Morne,
Baie baie dankie vir die verhaal van jou ondervinding! Ek het nou so gesit en lag dat die mense in die kantoor oorkant en langs my gedink het ek hiperventileer!!
Jy het my dag gemaak!!!!!
Weereens baie dankie!
Groetnis,
Frikkie

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Morne
Briljant vertel daar! Was nou skoon op my senuwees toe ek toilet toe is! Baie, baie sterkte met die probleempie!
Groetnis
Wouter
Briljant vertel daar! Was nou skoon op my senuwees toe ek toilet toe is! Baie, baie sterkte met die probleempie!
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Chaka
- Newbie

- Posts: 26
- Joined: Mon Oct 29, 2012 10:30 am
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Morne, dit klink vrek seer en ek drink nou sommer nog 'n glas water.
Dankie dat jy jou pyn op so goed vertelde manier deel - lekker gelag!
Dankie dat jy jou pyn op so goed vertelde manier deel - lekker gelag!
- tokelossie
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Thu Mar 22, 2012 4:53 pm
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Hierdie is nie nonsies wat Morne hier vertel het nie dit is &%^7 seer!!!
Don't look back, that's not the way to go!!!!
Ruger 300 Win Mag, Tikka 243, Bruno 22 Hornet, Mossberg 12 boor, BSA .22
Ruger 300 Win Mag, Tikka 243, Bruno 22 Hornet, Mossberg 12 boor, BSA .22
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Ek voel al weer pyne in my linkersy vanaand
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
morne smith wrote:Ek voel al weer pyne in my linkersy vanaand
Drink broer drink! !!!
Op ernstiger noot, STERKTE, hoop daai beker gaan by jou verby vanaand.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Zack Benade
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Morne
Jy het gans te veel nierstene. As jy op en af spring klink dit soos 'n sak vol albasters wat teen mekaar slaan.
Jy het gans te veel nierstene. As jy op en af spring klink dit soos 'n sak vol albasters wat teen mekaar slaan.
-
ANDRIES
- Sr. Member

- Posts: 353
- Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Morne
Ek weet presies waarvan jy praat.Gelukkig is die menslike liggaam 'n wonderwerk en na 'n maand sal jy nie meer kan onthou hoe seer dit was nie.Ek drink PURICOS pilletjies al sker vir 10 jaar om die suurvlakke normaal te hou en het nog nie weer 'n steen gehad nie.

- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Baie goed vertel. Been there, done that. Nog nooit in my lewe so seer gehad nie. Gelukkig nog net een gehad, maar het daarna n paar dinge begin doen om die suur te verlaag. Ek drink ongelukkig nie bier nie, net in Moz so bietjie 2M. Sterkte ou maat.
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Dankie almal Christo ek het jou raad gevolg en dit was gelukkig nie weer SULKE tyd nie. Miskien net bietjie gruis of iets gewees. Heineken het my uitgehelp
- LoveHenties
- Sr. Member

- Posts: 413
- Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm
Re: moenie se ek het julle nie gewaarsku nie
Ek moes halfpad ophou lees wat ek het duislig en naar gewoord. Toe lees ek klaar en eindig met trane van simpatie.