Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
FM
As dit n 308 was sou hy na ngroter bul gemik het ..en geskiet het.. ek dink daai is maks vir . 6mm en 222250...of hoe?
moooi Cois.
Daai agtergrond lyk darem amper soos Cradock Somerset omgewing, waa het jy heen verdwaal toe jy die karnalie geklits het..
mooi bly
Jacques
Het die ou in Steytlerville geskiet. Ons was n paar manne en almal het groot roere gebruik en heel ironies moes die 6mm die grootste bul vir die naweek en n ane man se kwesbok ook doodskiet.
Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
Wat is die boer se naam by wie jy gejag het? Ek ken darem 'n hele klompie manne in daardie geweste, dit grens mos so aan my valley! En meeste van hulle sien ek darem by die Royal Hotel!!! HAHA!
Mooi bul! Ek het self verlede seisoen 'n 140kg bul met my broer se 6mm geskiet! Dis nog 'n ou omgeboude .303!
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Jy moenie spot nie mater ek het woensdag aand n klomp springbokke geskiet en my selfoon da erens in die veld verloor. Ek was soos n blinde gewees. Is by die Klipplaat bord verby maar kon jou nie eers n tinkel gee nie, maar daai sallie weer gebeur nie. Ek vra onverskoning vir my swak vertoning!!! .
Ponkie
By Sarel Hayword gejag. Jip die outjie was 164kg aan die haak. Het darem self eers vrydag aand by die ketel gestop om die wereld te verken.
Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
Ek se nou klein Sarel Hayward, maar die een waaraan ek dink is ouer as ek! Ek jag greeld by Oom Antoine Hayward op die plaas en Sarel wat altyd daar aankom is sy broer se kind wat mos in die ongeluk was. Hy boer op Verekraal as ek dit nie mis het nie. Ja dit is 'n mooi bul wat jy daar geskiet het! Daar het omtrent daardie tipe bul gister weg gekom! Die ou was te vroeg vir ons, die manne was nog nie eers op hulle voorsitplekke nie!
Oom Taffie, help my as ek verkeerd is, maar dan boer Oom op daardie pad wat oor Oom Blair Henderson se werf loop?
Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Ja, Sarel se grond is Verekraal, maar Antoine se Goede Hoop(waar hy bly) is naby my. Ek bly net agter die berg van Antoine, Klipplaat se kant(Noord). As jy op die Beerpoort-pad na Antoine toe gaan kry jy Heuningklip-afdraai en ek is op daardie pad, net so 5km voor Goede Hoop.
Ja, hule s? die dromnekke loop rond in darie geweste. Maar min lately, sien nou sommer pitkoppe wat werk op die koeie, die manne skiet die groot bulle darem kwaai nou. Die meeste bulle wat jy dood kry(gekwes) in die veld, het vreeslike horings. Dit laat my wonder of ons nie te v?r op die goed beginne skiet omdat hulle nou so skaars is nie, en dan die meeste van die tyd hulle kwes.
So 9jaar gelede is ek saam met jaggroep van die Wes Transvaal en op die Saterdag(laaste dag van jag) skiet 'n Omie so jong bul. Seker 25duim horings, sy eerste koedoe van sy lewe. Hy keer toe sy maat sommer wil keelaf sny en s? dat hy die bok wil laat mount. Almal verbaas vra toe hoekom so klein trofee? Hy s? toe dat dit 'n trofee is en dat dit syne is, nie iemand anders s'n nie. Die dag het ek besef dat baie van ons in die verkeerde rigting oppad is, te veel trofees om by ander te spog.
Ek dink nooit aan die koedoes wat ek geskiet het nie, maar die gekwestes ry my in die nag. En kan elke een onthou.
Nou praat jy, dit is daardie kwesbok wat sommer 'n neerslagtigheid op die hele klomp jagters in die groep plaas. Ons re?l (ongeskrewe) is as daar 'n kwesbok is los almal hulle eie jag en help die jagvriend sy kwesbok kry. Verder is my paar trofee ook nie om by anner ouens te spog nie, nee eerder as ek op my oudag met 'n kombersie oor die kniee sit dat ek die jagte in herinnering kan bring. Ek begeer 'n buffel trofee van 'n dagga boy wie se horings soos 'n skrumpet lyk, maar een wat ek weet hy het baie leeus en ander buffel bulle afgeknou.
My maggies! Ek het nie besef Oom bly so naby aan Goede Hoop nie. My Pa het Oom Antoine ontmoet met daardie springbokjag wat hulle altyd op Steytlerville hou saam die skou. Oom Antoine het dit mos gereel. Ek en Tiny behoort seker erens in die vakansie vir Tobie te gaan kuier en dan sal ek hom vra of hy ons tot by Oom sal vat! Of anders dan wanneer my Pa weer daar gaan help koedoes en rooibokke oes sal ek saamgaan om te kom hallo se! Oom het nie dalk al saam Sampie, die jakkalsjagter in die veld gestap nie? Ek het nog nooit 'n jong gekry wat so goed soos hy kn spoor sny nie! Hy is wraggies goed!
Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Ja, ou Samuel is 'n anner willehoener se kuiken. Sal nooit vergeet hoe hy in die begindae agterop saam met my gesit het om te hoor waar die jakkalse antwoord nie. M?re moet ou vlekkie sy voete lig want Samuel en die span is op hulle.