Page 1 of 1

13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Fri Sep 28, 2012 8:33 am
by Robert86
More Almal,

Hoop dit gaan goed?

Ek het in die maand se uitgawe van Wild & Jag gesien Kyknet is besig om Jag Reeks te vefilm in die Kalahari.

Het enige iemand meer inligting oor die? Wanneer word dit op Kyknet gewys?

Groete

Robert

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Fri Sep 28, 2012 8:34 am
by Chevvy SS
Sal ook graag wil weet.

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Tue Oct 02, 2012 3:11 pm
by Geno
My een pel wat wild vang s? hulle het verlede week filmwerk gedoen tydens 'n vangs naby Zeerust.

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Wed Oct 03, 2012 3:06 pm
by Herman Venter
Sal nice wees om te sien! Hoop ons vind uit wanneer dit wys!

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Sun Oct 07, 2012 6:09 pm
by Piet Breedt
Hulle het ook ons verfilm tydens die Suid Kaap Ope van SAJSV, en gaan ook die Champion of Champions Luggeweer kompetisie verfilm op 20 Oktober.  Die Champion of Champions is waar al die verskillende luggeweer dissiplines saam teenmekaar skiet in elke dissipline, soos Veldteiken, Benchrest, Silhouette, groepering skiet sonder rus ens.

Daar kom ook n Master Shot series wat verskeie skietdissiplines gaan insluit.

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Mon Oct 08, 2012 3:30 pm
by Hilux01
Piet as julle die manne raak loop kry bietjie program se naam en wanneer ons kan begin uitkyk vir hom

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Thu Oct 25, 2012 9:43 pm
by Marc
Naandse

Weet iemand dalk al waneer die reeks sal uitsaai  ???

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Thu Oct 25, 2012 10:38 pm
by Francois Briedenhann
??????????????sal ook graag wil weet??????????????

Groete FB

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Fri Oct 26, 2012 9:43 am
by Piet Breedt
Die program se naam is "Wild en Wonderlik" en die eerste episode word op die 14 de Januarie uitgesaai

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Fri Oct 26, 2012 8:32 pm
by Marc
Piet Breedt wrote: Die program se naam is "Wild en Wonderlik" en die eerste episode word op die 14 de Januarie uitgesaai
Dankie Oom Piet  8)

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Mon Dec 10, 2012 3:10 pm
by jl1904
Iets om na uit te sien, ek hoop dis maar net die begin van vele meer.

Mooi loop
Johan

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Mon Dec 10, 2012 5:13 pm
by ROBBIE1
Werklik iets waarna ek uitsien, sien nog nerens die tyd van die program nie.

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Mon Dec 10, 2012 5:58 pm
by Hein22
Hi Julle,

Ek is nie seker wanneer die reeks die lug gaan sien nie maar weet dat die manne van KykNET en Wild & Jag op die 2de February 2013 by ons vereniging gaan kom film (Oosrand - Springs). Ons gaan ?n lekker skietdag h? vir jaggeweer, haelgeweer en vir die manne met groot kalibers, ?n spesiale baan met ?n bietjie van ?n uitdaging.  Almal is welkom en daar sal verskeie pryse wees. Daar is ?n dames, juniors en senior afdeling.

Inskrywings kostes beloop:
1. R200 per skut vir seniors & dames en R100 vir die juniors ? lang baan skiet (200m)
2. R150 Haelgeweer skiet.
3. R60 vir die groot kaliber baan

So i.p.v. om die reeks net op TV te kyk, vorm deel daarvan en sien jouself op TV. Ons vereniging en die skietbaan waar dit gaan plaasvind se links is hierby.

Hoop om julle daar te sien.  ;)

http://www.swartwitpensjagters.co.za
http://www.blesbokshooting.co.za

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Tue Dec 11, 2012 8:09 am
by Lourens Potgieter
Piet Breedt wrote: Die program se naam is "Wild en Wonderlik"
Wonder of Geelhout se jacuzzi hier betrokke is?????? ;D ;D ;D

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Wed Dec 12, 2012 11:33 am
by Hilux01
Dit klink alles goed

Kan nie wag vir 14 Jan 2013 soos oom Piet noem nie
Ek glo dit is deur jagters en vir jagters sodat ons nie weer hoef bohaai op te skop oor etiek ens soos in vorige KykNet programme nie...wink wink

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Sun Dec 30, 2012 8:19 pm
by Marc
Tik tok Tik tok  ;)

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Sat Jan 12, 2013 11:41 pm
by Piet Pille
Ek het gaan soek op die Tv gids maar kry niks op die 14de (tot 20ste) met die naam "Wild en Wonderlik" nie. Iemand dalk weer inligting gekry?

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Sun Jan 13, 2013 7:52 am
by Marc
Ek kry ook niks  :-\

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Sun Jan 13, 2013 7:57 am
by Rooies
Iewers op n ander topic het Chasa laat weet dis geherskeduleer om eers in Junie te begin, om saam met jag tyd te val as ek reg is.

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Sun Jan 13, 2013 9:33 am
by grumpy
Manne, Wild en Jag gaan by Blesbok skietbaan wees die 2de Februarie saam met Swartwitpens, CHASA. Daar gaan n kompetisie wees wat aan gebied word. Ek praat onder korreksie, die prys is n geweer of R 7000. Ek is nie 100% seker oor die prys nie. Inskrywings is R 200.

>:(

Re: 13 Episode Jag Reeks Kyknet

Posted: Tue Jan 29, 2013 8:39 am
by Hein22
Hein22 wrote: Hi Julle,

Ek is nie seker wanneer die reeks die lug gaan sien nie maar weet dat die manne van KykNET en Wild & Jag op die 2de February 2013 by ons vereniging gaan kom film (Oosrand - Springs). Ons gaan ?n lekker skietdag h? vir jaggeweer, haelgeweer en vir die manne met groot kalibers, ?n spesiale baan met ?n bietjie van ?n uitdaging.  Almal is welkom en daar sal verskeie pryse wees. Daar is ?n dames, juniors en senior afdeling.

Inskrywings kostes beloop:
1. R200 per skut vir seniors & dames en R100 vir die juniors ? lang baan skiet (200m)
2. R150 Haelgeweer skiet.
3. R60 vir die groot kaliber baan

So i.p.v. om die reeks net op TV te kyk, vorm deel daarvan en sien jouself op TV. Ons vereniging en die skietbaan waar dit gaan plaasvind se links is hierby.

Hoop om julle daar te sien.  ;)

http://www.swartwitpensjagters.co.za
http://www.blesbokshooting.co.za
Hi Almal,

Ek wil julle net weereens uitnooi om saam met ons te kom skiet Saterdag. Kyknet span is daar om te film vir die jagreeks wat later die jaar uitgesaai gaan word. Julle is welkom om my 'n pm te stuur as julle meer inligting soek. Daar is in die omgewing van R8000 se pryse wat gewen kan word.

Hoop om julle daar te sien.

Groete,
Hein