Waar om te zero

Post Reply
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Waar om te zero

Post by RUPERT »

Dag manne

Wil die slim mense daar buite my nie n bietjie raad gee nie asb.Ek het min of meer n idee wat om te doen maar wil seeker wees wat ek moet doen is reg en die maklikst manier om dit te doen. Op watse afstand zero ek my scope 100m of 200m en as dit nie tefeel gevra is nie hoekom se jy so. Ek se solank dankie.
CZ 550 LUX 30.06
Howa 1500 6.5 x55
Gamo CFX .177
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Waar om te zero

Post by Eugene »

Rupert, ek sal ook wil hoor wat die slim manne s?.

In my opinie, hang dit af van waar jy van plan is om te skiet. In bosveldomstandighede, waar ek gewoonlik skiet, skiet jy selde verder as 120 m een meestal tussen 60 - 90 m. My teleskoop is dus ge-zero op 100m.

Groete
Aim small, miss small
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Waar om te zero

Post by BLOK »

Rupert

Waar jy jou scope zero het direk te doen met die afstande wat jy die geweer voor gaan gebruik. Iemand wat in die bosveld gereeld skiet sal eerder op n 100m doen aangesien dit redelik die maksimum skoot afstand behoort te wees waar iemand wat weer voorsit jag of kalahari jag skote tot 300m gaan skiet eerder sou zero op 200m.

Bygese hang dit ook in n mate af van die tipe kaliber. Iets wat n 500grein koel skiet sal mens nou nie op 200meter gaan zero nie en n 32grein 204 wat 4000fps haal nie op 50meter nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Waar om te zero

Post by Eugene »

BLOK wrote: Iets wat n 500grein koel skiet sal mens nou nie op 200meter gaan zero nie en n 32grein 204 wat 4000fps haal nie op 50meter nie.
Blok, kan daai 204 dan verder as 50m terminaal penetreer (ongeag of dit deur media is of nie)...?  ??? ??? :angel:
Aim small, miss small
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Waar om te zero

Post by BLOK »

Eugene wrote:
Blok, kan daai 204 dan verder as 50m terminaal penetreer (ongeag of dit deur media is of nie)...?  ??? ??? :angel:
Gene

Daai punte penetreer nie maar slaat n poep hou. Bygese die koels maak mooi skade in die geheel. hahaha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Waar om te zero

Post by Eugene »

Sorry Blok, ek moes net! Almal is so suurgat oor hulle punte, dankie dat jy nog 'n grap kan vat!

Stem saam met jou raad aan Rupert!

Groete
Aim small, miss small
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Waar om te zero

Post by grumpy »

;D
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Waar om te zero

Post by Eugene »

Ek weet ek hijack hierdie post, maar ten minste smile Grumpy weer!  8)
Aim small, miss small
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Waar om te zero

Post by Carl »

Eugene wrote: Rupert, ek sal ook wil hoor wat die slim manne s?.

In my opinie, hang dit af van waar jy van plan is om te skiet. In bosveldomstandighede, waar ek gewoonlik skiet, skiet jy selde verder as 120 m een meestal tussen 60 - 90 m. My teleskoop is dus ge-zero op 100m.

Groete
+1
Wanneer ons Namibie toe gaan stel ek in op 200m.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Waar om te zero

Post by Arnold »

Ek zero maar op elke afstand wat ek skiet :)
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Waar om te zero

Post by Biltong »

Rupert, ek stem saam met die manne hierbo -dit hang af van jou aanwending.

Die enigste ander faktor is die kruishaar op jou teleskoop. AS dit een is met die BDC of ander reticle wat gekalibreer is dan stel jy hom natuurlik op so manier in dat jy kan mik met die addisionele merkies op die gepaste afstande. Ek stel my .243 so vier klieks hoog op 100m dan skiet steeds net bo die kol op 200, maar is spot on op 300m en 400m.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Waar om te zero

Post by FHM »

Arnold wrote: Ek zero maar op elke afstand wat ek skiet :)
+ 1

Ek jag elke jaar Namibia Noord, Suid en Oos. Suid en Oos is redelike afstand jag - so 180 - na 300 en ek zero op 200 m.
Gaan ek Noord is dit meer dig boswereld met skote vanaf 80 na 180 m - ek zero op 100 m
Die jaar het ek ook Spitzkoppe konsessie begin skiet op uitnodiging - afstande wat geskiet word is 300 - 400 m, ek het my geweer gezero op 300 m.

Hang af van jou algemene jagafstand - per jag. 
Last edited by FHM on Thu Sep 27, 2012 2:42 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Waar om te zero

Post by tripodmvr »

Die manne tevore het al amper die mees praktiese oplossing gegee. Zero op 200m dan skiet die gemiddelde geweer (308, 7x57, 303 en 30-06) so 1,5 na 2 duim hoog op 100m, 3dm op 150 en sowat 8 na 12 duim laag op 300m. Dit gee jou bykans 'n afstand tot op 250 meter waarvoor jy nie hoef te kompenseer as jy bladskote gaan skiet nie - tel op en mik en skiet - 'n baie praktiese oplossing wat min verwarring kan veroorsaak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Waar om te zero

Post by BRNO (Pierre) »

Baie waar oom Tripot. Ek skiet 165gr's uit my nil kwes, en hy skiet 1,5duim hoog op 100m, en zero presies op 200m. Die verstelling gebruik ek wanneer ek Douglas of Boshof toe gaan. Ellisras draai ek die scope so paar klieks af, sodat hy zero op 1oom
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Waar om te zero

Post by Kallie404 »

tripodmvr wrote: Die manne tevore het al amper die mees praktiese oplossing gegee. Zero op 200m dan skiet die gemiddelde geweer (308, 7x57, 303 en 30-06) so 1,5 na 2 duim hoog op 100m, 3dm op 150 en sowat 8 na 12 duim laag op 300m. Dit gee jou bykans 'n afstand tot op 250 meter waarvoor jy nie hoef te kompenseer as jy bladskote gaan skiet nie - tel op en mik en skiet - 'n baie praktiese oplossing wat min verwarring kan veroorsaak.
Amen  ;)
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Waar om te zero

Post by Eugene »

tripodmvr wrote: Die manne tevore het al amper die mees praktiese oplossing gegee. Zero op 200m dan skiet die gemiddelde geweer (308, 7x57, 303 en 30-06) so 1,5 na 2 duim hoog op 100m, 3dm op 150 en sowat 8 na 12 duim laag op 300m. Dit gee jou bykans 'n afstand tot op 250 meter waarvoor jy nie hoef te kompenseer as jy bladskote gaan skiet nie - tel op en mik en skiet - 'n baie praktiese oplossing wat min verwarring kan veroorsaak.
As ek my 308 op 200 m zero, moet ek die geweer teen 'n amper 45' hoek met my lyf vashou om te kompenseer vir die boog waarmee 'n 308 skiet!  :angel: :angel: :angel: Dit is 'n baie ongemaklik skiet posisie!  ;)
Aim small, miss small
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Waar om te zero

Post by FHM »

Nee Eugene, jy is verkeerd, die 43.5 grade ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Waar om te zero

Post by Eugene »

FHM wrote: Nee Eugene, jy is verkeerd, die 43.5 grade ;)
Ek s? mos amper!  ;) ;) ;)
Aim small, miss small
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Waar om te zero

Post by tripodmvr »

Eugene wrote:
FHM wrote: Nee Eugene, jy is verkeerd, die 43.5 grade ;)
Ek s? mos amper!  ;) ;) ;)
Jy moet nie nou huil nie, jy wou daai kaliber h? - mag ek voorstel - 7x64 het nie daardie probleme nie.

My voorstel is gemaak omdat ek dit pes om voortdurend aan 'n teleskoop te stel. Op die skietbaan sien ek dit dat die manne vergeet om vir die afstand reg te stel. Met die PBR (point blank range) is jy reg om vinnige skote in die jagveld te neem. 'n Rooibok gee gewoonlik net 5 sekondes as hy jou gewaar.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Waar om te zero

Post by Eugene »

Oom Driepoot, dit was meer 'n erfstuk as 'n keuse, maar ek is glad nie ontevrede met die 308 nie, hy skiet waar ek mik, al moet ek in die karoo 2 teleskope bo-op mekaar monteer, val my bokke! :)

Maar alle grappies op 'n stokkie! Oom het goeie raad en dit maak baie sin, dink ek gaan dit volg en uittoets. Ek wil as leek ook die volgende waag:
Ek dink nie ouens moet hulle blindstaar net teen die afstand waarop jou geweer gezero is nie. Geen bok gaan in die veld presies op 100, 150, 200 of 250 staan nie. Gaan skietbaan toe en gaan skiet op 50, 75, 100, 125 ensovoorts en maak seker wat maak jou geweer en koeel kombinasie op elke afstand, dit gee jou baie meer gerustheid in die veld as wanneer jy op die sompompie moet begin somme maak op daai 5 sek rooibok!

Groete
Aim small, miss small
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Waar om te zero

Post by tripodmvr »

Eugene wrote: Oom Driepoot, dit was meer 'n erfstuk as 'n keuse, maar ek is glad nie ontevrede met die 308 nie, hy skiet waar ek mik, al moet ek in die karoo 2 teleskope bo-op mekaar monteer, val my bokke! :)

Maar alle grappies op 'n stokkie! Oom het goeie raad en dit maak baie sin, dink ek gaan dit volg en uittoets. Ek wil as leek ook die volgende waag:
Ek dink nie ouens moet hulle blindstaar net teen die afstand waarop jou geweer gezero is nie. Geen bok gaan in die veld presies op 100, 150, 200 of 250 staan nie. Gaan skietbaan toe en gaan skiet op 50, 75, 100, 125 ensovoorts en maak seker wat maak jou geweer en koeel kombinasie op elke afstand, dit gee jou baie meer gerustheid in die veld as wanneer jy op die sompompie moet begin somme maak op daai 5 sek rooibok!

Groete
Nou praat jy groot waarheid. Julle 308 manne hou nie daarvan nie, maar die 303 en 308 het bykans identiese trajekte en ek het met 'n 303 begin jag en die syfers mooi bekyk. Ook in die weermag met 303 geskiet. Al die wonderlike afstandmeters, QL, Ipad en whathafyou help niks as jy vinnig moet skiet nie!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
At308
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Tue Sep 04, 2012 3:18 pm

Re: Waar om te zero

Post by At308 »

my 5c:

Ek stel die geweer in op 50 meter, as ek so halwe sigaretboksie hoog skiet, dan is hy reg vir al my koelpunte (hoop dis die regte woord) As die bok verder as 100meter staan, sien ek hom ieg nie, en ek hoop vir die beste.  :P :P :P ;D ;D ;D
Brno 22LR
Brno 308Win
BSA 303British
Custom K98 375 H&H (Vector barrel)
Browning Hi Power 9mm Para
Ruger Mini 14' 223 rem
Musgrave 30-06
Post Reply