Mamma se Gemsbok

Post Reply
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Mamma se Gemsbok

Post by Sarelss »

Mamma skimp al meer as 'n jaar om 'n gemsbok te skiet maar dit het ons bly ontglip.

So week gelede draai ons geluk toe. Die twee bulle het verbygestap en my vrou het ernstige bokkoors ontwikkel. Gedog die bokke gaan skrik vir die aardige geblaas.
Na sy bietjie rustiger geblaas het en ek my hand teen die boom vir haar as rus vir die geweer gehou het, (die ding met die wimblik is swaar) het dit beter gegaan.

Ek vra nogal waar wil jy hom skiet. "In die oog s? sy" Wou nog seker maak toe klap die skoot en drop die bok. Wel sy is so duim of wat uit gewees maar kon kwalik 'n beter skoot geskiet het.

Hy het 'n goeie 110kg uitgeslag.

My shares is nou weer lekker hoog en ek hoef nie bang te wees vir die huidige koue frontjie nie....

Moet nou nog net weer vir die laaities reel om te jag

Groetnis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Mamma se Gemsbok

Post by Jakkalsgat »

SSS

Geluk aan julle albei, bly altyd my gunsteling bok om te jag en is sekerlik een van die mooiste diere vir my.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Mamma se Gemsbok

Post by Flip Nel »

Baie geluk nou het die gogga haar eers gebyt ;D
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: Mamma se Gemsbok

Post by Sarelss »

Dankie Flip,

Die gogga het haar 'n ruk gelede al beetgepak, ek skeep haar en die seuns net ongelukkig af omrede ek te veel self jag en hul nie altyd geleentdheid kry nie.

Sy het darem nou al Rooibok, Blouwildebees, Zebra en Rooihartbees geskiet. Sy maak my bekommerd want daai wishlist raak nou groter. Sy het reeds besluit, volgende jaar skiet sy 'n kameelperd!
ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Mamma se Gemsbok

Post by Vlakvark »

Mooi man geluk aan ma
Image
Image
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Mamma se Gemsbok

Post by Marc »

Baie geluk, mag daar nog baie wees  ;D ;D ;D ;D ;D

Julle meot die tyd saam geniet  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply