.243 Win Musgrave

Post Reply
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

.243 Win Musgrave

Post by Monrique (SJ) »

Naandse

Ek wil graag by julle manne uitvind. Ek het n K98 .243Win. Kan iemand dalk vir my se met watter snellers hierdie wapens uitgekom het. Het bietjie gaan lees wat julle manne gepost het en dit is die standard model.

Groetnis
SJ
Danie Lombard .243

Re: .243 Win Musgrave

Post by Danie Lombard .243 »

SJ

Meeste M98 aksies het gewoontlik tradisioneel die wat hul noem militere snellers met so 'n lang voorstrek. KREEEEP

Ander het weer verstelbare THOR snellers en dan is daar die met die TIMNEY snellers. Jy sal maar moet loer water een jy het. Ek hoop vir jou part dit is die verstelbare tipe.

Danie
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: .243 Win Musgrave

Post by Hein M. »

SJ,

K98 aksie Musgrave?  Watter model Musgrave is dit?  Ek het - beperkte - inligting oor Musgrave jaggewere, maar moet weet watter model dit is.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .243 Win Musgrave

Post by Monrique (SJ) »

Hein my ene se serial nr. begin met n S so ek neem aan dis die standard. Waar kan ek anders kyk water model?
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: .243 Win Musgrave

Post by Francois Marais »

SJ

Sover ek weet het die K98's almal met die tipiese militere sneller gekom, lang voortrek, dan hak hy, en nou het jy n blok en tackle nodig om hom af te kry.

Dis net die modelle wat op die Santa Babera aksies gebou was, wat met n verstelbare sneller uitgekom het, hulle het n safty aan die regterkant, net agter die bolt handle as die toe is, baie soos n Remington 700.

Mooi loop
Francois

Hein, ek dink hulle staan bekend as die K98 model.
Last edited by Francois Marais on Tue May 25, 2010 11:57 pm, edited 1 time in total.
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .243 Win Musgrave

Post by Monrique (SJ) »

FM ek het toe n loer gevat en gesien dat my 243 n Timney sneller het. Hy het 3 allen cap skroefies met n lock nut op. Die sneller is baie fyn gestel. Ek is seker dat dit n mauser aksie is, die safety sit op die bokant van die slot. Groetnis
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: .243 Win Musgrave

Post by Francois Marais »

SJ

Dan is hy aftermarket so verander, dalk iemand wat hom voor jou gehad het. Maak nie saak nie, daardie is die beste verandering wat jy op daai aksie kan maak.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .243 Win Musgrave

Post by Monrique (SJ) »

Dit moet dan so wees,het hom laasjaar gekoop en sy gaan saam jag die jaar. Dankie vir die inligting. Groetnis
tafjak

Re: .243 Win Musgrave

Post by tafjak »

SJ

As die veiligheidsknip op die slot is en dit is 'n Musgrave-aksie, is dit dan 'n RSA.
tafjak

Re: .243 Win Musgrave

Post by tafjak »

SJ

Die Model 80 en 90's het nie Mauser uittrekker nie, maar ook veiligheidsknip op die slot.  As jy nie aksie like nie, ek het vir jou Obendorf aksie, sal gelykop ruil met 'n paar note in koevertjie saam aan jou!
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: .243 Win Musgrave

Post by boeta »

sj

Sit bietjie foto op van aksie asb

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .243 Win Musgrave

Post by Monrique (SJ) »

Boeta ek sal n kiki vat en opsit.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: .243 Win Musgrave

Post by Francois Marais »

SJ

Ok, hiers die fotos, jy moet ma self vertel oor elke foto.

Image

Image

Image

Image

Image

Bly ek kon help.
Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .243 Win Musgrave

Post by Monrique (SJ) »

FM

Weereens dankie sal seker eendag die foto plasing regkry. Wil maar net se dat dit die aksie is wat om my 243 is en dat iemand dalk net kan bevestig dat dit wel n K98 aksie is. Jag al redelik lank, maar nooit regtig in die aksies en herlaai ingegaan, soos ek nou om my kennis probeer uitbrei en leer by die slim ouens op die forum. Soos by een van die reply's wat ek gekry het, het hierdie aksies nie met die Timney sneller uitgekom nie.

Ry volgende naweek Kalahari se kant toe met die ou en die kettie en sal maar moet sien wat hy met springbok en rooibok se kind maak.

Groetnis
SJ
tafjak

Re: .243 Win Musgrave

Post by tafjak »

SJ

Ja, dit is 'n K98. Niks mee verkeerd nie, sal baie lank hou en behoort sommer goed te kan skiet ook.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: .243 Win Musgrave

Post by Francois Marais »

SJ

Soos Taffie reeds gese het, definitief n K98 met n Timney sneller, baie goed, niks mee verkeerd nie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Danie Lombard .243

Re: .243 Win Musgrave

Post by Danie Lombard .243 »

En daai K98 aksie het 'n bakgat scope op nie waar nie??




Burris
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .243 Win Musgrave

Post by Monrique (SJ) »

Danie

Ek het die naweek vir die 1ste keer regtig die scope se "clarity" waardeer, dis n nice scope en is nie een dag spyt ek het hom gekoop nie.

Groetnis
wynboer
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Sat Jul 02, 2011 1:10 am

Re: .243 Win Musgrave

Post by wynboer »

Ek het 'n Musgrave D98 dis die Delux version van die K98 reeks Musgrave, hy is oorspronklik en het n KLOTS sneller in, KLOTS is 'n Thor sneller, en die sneller is amper identies aan die Timney trigger.

Hoe ek die K98 en die Santa babra uitken van mekaar op Musgraves is eerstens die Santa B se reeks nomer begin gewoonlik met n R.  Waar die K98 reeks D(delux), L(Light), S(Standard) het gevolg deur 98 (Die delux het ander Checkering en n Bunny Cheek peace, die Standard en die light is dieselfe maar die Light het n koter loop). Die Santa babra het n knop naby die Trigger guard wat jy druk daan maak die magasyn oop maar hy is nog altyd vas aan die Aksie, waat die K98 moet jy n Skoewedraaier of iets in n gatjie indruk om hom oop te maak, en dan kom die hele magasyn los van die aksie. 

Daar word beheer dat n K98 aksie baie goed en duursaam is, maar dit hang af van die jaar, want tydens die 2de Wereld oorlog het Die lande wat deur Duitsland oorgeneem is ook begin K98 aksies maak die mense wat in die fabrieke gewerk het was gewoonlik nie geweer smuts nie, maar gewoone Jan publiek. En na die 2de werld oorlog het die hele wereld die K98 aksies opgekoop (ken n oom wat in die 80's k98 aksies kon koop vir R20 een en soveel as wat jy wil he en neem aan die tyd wanner musgave dit gekoop het, want die K98' is volgens my kennis gemaak van die vroe 80's tot die vroe 90's) oorgedoen en in nuwe wapens gebruik. Die santa Babra askies was in spanje gemaak en n Amerikaanse maatskapy (Santa Barbara Ltd). het hul in gevoer dis seker waar die naam vandaan kom.
Last edited by wynboer on Fri Jul 15, 2011 4:15 pm, edited 1 time in total.
Post Reply