Page 1 of 1

perd geskiet

Posted: Mon Sep 10, 2012 9:47 am
by tokjak
het vrydag oggend by werkers gehoor n hings perd het n skaap dood gemaak . hy byt hom op die rug tel hom op en gooi hom neer , tot hy dood is . ek kon dit amper nie glo . my vrou kom roep my toe gister oggend om te kom kyk , die perd het n klein angora bokkie voor haar oe dood gebyt .

ek gryp toe die 270 en ry tot by hom ,moes eers bietjie reverse ,hy was te naby .......n perd drop nogal heel alright met n 140 gn sst

so vir die manne met perde het wat saam met vee loop ........jou perde vang miskien jou lammers

groete

Re: perd geskiet

Posted: Mon Sep 10, 2012 9:58 am
by GreyGhostGear
Jis manne,

Ek het met my eie oge gesien die skaap wat deur daardie perd gebyt is, kon dit nie glo nie..

Tokkels, so ek neem aan jou perd koper het nie deurgekom nie..

ps. nou moet die manne van die Aberdeen distrik net vir so week of wat wegbly van die slaghuise af ;D
Cheers

Re: perd geskiet

Posted: Mon Sep 10, 2012 10:04 am
by Naas
More Manne.

Dit lek my die gedrag van perde met die probleem is soos die honde wat skaap vang,
as hy dit eens doen,kry jy dit nie uit hom uit nie.

Ons het self al n hings perd gehaat wat die skaap met die voor poote gekap het.

Naas

Re: perd geskiet

Posted: Mon Sep 10, 2012 10:19 am
by G-force
Lekker polonie tyd!

Re: perd geskiet

Posted: Mon Sep 10, 2012 10:22 am
by James Wilson
het al die storie van perd wat skaap byt met my eie oe gesien

Re: perd geskiet

Posted: Mon Sep 10, 2012 10:38 am
by Vincehond
By my hings gehad wat die bees kalwers se rugstringe afgebyt het.

Hy het toe ook pakkies kos vir die volk en honde geword.

Re: perd geskiet

Posted: Tue Sep 11, 2012 8:12 am
by BLOK
Op n ander noot.


Ek het perd gery, maar toe breek sy been. Ek moes toe die perd skiet, en dit was ongelooflik hoe geskok die mense by die 'merry-go-round' was!

Re: perd geskiet

Posted: Tue Sep 11, 2012 9:47 am
by Marc
Maak hom vankant

Ons het 'n Donkie hings gehad wat so Blesbok lammers gedood het by die hope, as hulle eers aangeleer het is dit verby  ;)

Re: perd geskiet

Posted: Tue Sep 11, 2012 11:00 am
by wlm
BLOK wrote: Op n ander noot.


Ek het perd gery, maar toe breek sy been. Ek moes toe die perd skiet, en dit was ongelooflik hoe geskok die mense by die 'merry-go-round' was!
En waar spat daai gipssplinters toe nie oral nie! ;D ;D ;D ;D

Re: perd geskiet

Posted: Tue Sep 11, 2012 12:05 pm
by Jakkalsgat
Jare terug toe ons nog kinders was het ons naweke en vakansies by Oupa op die plaas gekuier en daar was ook hings wat die kallers so gebyt het en my broer Stan man hier op die forum het probeer keer toe storm die hings hom.

Groete
Jaco

Re: perd geskiet

Posted: Wed Sep 12, 2012 3:04 pm
by FHM
Jakkalsgat wrote: Jare terug toe ons nog kinders was het ons naweke en vakansies by Oupa op die plaas gekuier en daar was ook hings wat die kallers so gebyt het en my broer Stan man hier op die forum het probeer keer toe storm die hings hom.

Groete
Jaco
Hoop ou Stanman het nog al sy ....hmmm, hoes-hoes... sal ek se 'organe'  ;) oor....

Re: perd geskiet

Posted: Wed Sep 12, 2012 3:29 pm
by Eugene
BLOK wrote: Op n ander noot.


Ek het perd gery, maar toe breek sy been. Ek moes toe die perd skiet, en dit was ongelooflik hoe geskok die mense by die 'merry-go-round' was!
;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Re: perd geskiet

Posted: Wed Sep 19, 2012 10:34 am
by Dweetster
Dit is nie vreemd vir 'n hungs om so te maak nie, ek het 'n perd gehad wat honde nie kon verdra nie en het self as jy ry die honde wou jaag. Ek dink dit is maar 'n manier om sy gebied te beskerm. Perde kan ook baie jaloers wees wat tot sulke gedrag kan lei. Ek het 'n vries merrie gehad wat my vrou en kinders net wou trap as hulle naby haar kom, ek het haar vir die varke gevoer.( kon darm 2 otters skiet met haar)

Re: perd geskiet

Posted: Thu Oct 25, 2012 10:50 pm
by cg rossouw
Ons het baie donkies gehad wat dit ook gedoen het, gewoonlik as hulle alleen saam met skaap loop. Minder verliese sonder hulle as met hulle. Soos die manne s?, as hulle dit een maal gedoen het doen hulle dit weer.

Re: perd geskiet

Posted: Fri Oct 26, 2012 8:31 am
by Dawie Malan
Ek het 'n hings gehad wat hoenders so gehaat het. As hy hulle in die hande gekry het, kap hy hulle met die voorpote dood. Ganse en eende het hy gelos. Perde is snaakse diere.

Dawie

Re: perd geskiet

Posted: Mon Oct 29, 2012 12:07 pm
by JWO
Ons het ook 'n hings gehad wat dit gedoen het.  Nadat ons sy balle laat uithaal het, het hy dit nie weer gedoen nie.  Laat dit vir die manne 'n les wees:  As jy byt, word jou balle uitgehaal of jy word geskiet!!!!

Re: perd geskiet

Posted: Mon Oct 29, 2012 9:57 pm
by Chukudu
en as 'n hings so die skape bewerk kan jy hom maar sny, hy hou nie op nie. al wat help is 'n stukkie lood in die linker oor.

Re: perd geskiet

Posted: Tue Oct 30, 2012 6:44 pm
by Reivilo308
My broer het dit destyds goed gedink om n pas gebore donkie vir sy kinders te koop. Hy was mos al te oulik en al te klein en wat is R50 nou vir so n plaas diertjie.....

Na n paar maande het daai kleine donkietjie n DONK geword en al wat n bees is op die plaas rondgejaag. Ek het altyd net gelag as ek sien hoe almal rondhardloop om n kalf of vark se lewe te red op die erf tot eendag wat ek self bees gewerk het in sy kamp.... hy het chaos versaak!!!!  ;D
Lang storie kort... ek moes die arme bul 2km verder baie mooi smeek om terug te gaan na sy mooi versies en res van die middag drade regemaak.

Dit is nogal n belewenis om te sien hoe n 800kg Brangus BUL deur 3 drade hardloop om van die langoor ongedierte weg te kom ;D ;D ;D

groete
Evert

Re: perd geskiet

Posted: Tue Oct 30, 2012 6:49 pm
by johnny
As my balle uitgehaal word sal ek ook nie weer byt nie, eina magtig man.

groetnis

Johnny

Re: perd geskiet

Posted: Tue Nov 20, 2012 10:57 am
by stan man
kyk n bietjie of daai gediertes nie mal pitte gevreet het nie. dit kan n herbivoor in n karnivoor verander.

as my skoonma dit inkry  wheely sy haar besem.ek se julle die eneltjies bewe dan waar sy vlieg :o :o :o :o

Re: perd geskiet

Posted: Tue Nov 20, 2012 11:24 am
by Cz_apie
stan man wrote:

as my skoonma dit inkry  wheely sy haar besem.ek se julle die eneltjies bewe dan waar sy vlieg :o :o :o :o
;D ;D ;D ;D

Re: perd geskiet

Posted: Tue Nov 20, 2012 12:32 pm
by johnny
Stan man klink soos my skoonma , word joune ook lucifer genoem?

groetnis

Re: perd geskiet

Posted: Wed Nov 21, 2012 8:45 am
by tokjak
wooo. jack . delaine lotz ruk jou ##%^* uit!