More manne wil net graag bietjie meer inligting kry om n standaard 303 na epps toe verander, wat is die voor en nadele .
groete
Gert
303 verandering na 303 epps
-
vergund
- Full Member

- Posts: 174
- Joined: Wed Aug 08, 2012 7:09 am
303 verandering na 303 epps
.303 br no4 mk 2
.22 cbc
270 Sako
300 WM Tikka
357 Mag Ruger GP100
9mmP Ruger P85
.22 cbc
270 Sako
300 WM Tikka
357 Mag Ruger GP100
9mmP Ruger P85
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: 303 verandering na 303 epps
http://jaracal.com/index.php/topic,1773 ... l#msg30975
Die Standard .303
Di? ou veteraan het n paar slaggate wat ons in gedagte moet hou:
? Sy drukperk a.g.v. Lee aksies is beperk tot 46400 pond/vk duim
? Die meeste .303 lope is erg "gepit" agv ou milit?re kordietrondtes
? Saam met pitmerke gaan ook die vryboor wat oopgebrand is
? Baie gewere se kamers is oorgroot
? Baie Lee aksies is gerek en die grendels "gekompakteer", wat t? groot kopspasie veroorsaak. Dit kom voor omdat die Lee aksie se sluitnokke agter aan die grendel geplaas is.
Met hierdie faktore in gedagte kan ?n vaste basislyn vir herlaaidata op hierdie kaliber baie moeilik daargestel word. Daar is soveel variasie tussen die werkverrigting van verskillende .303s dat dieselfde lading tot soveel as 200vt/sek verskil kan toon tussen twee gewere. Tog, noudat ek dit ges? het, is dit nie soveel anders as enige ander kaliber nie. Alle kalibers het maar tot mindere of meerdere mate variasie tussen verskillende gewere.
Doppe met dik wande wys eerste krake as ?n .303 se kamer en/of aksie gerek is. Ek het ondervind dat die ligter doppe meer ".303-vriendelik" is as die dikkes, omdat die dunner doppe makliker vervorm na die .303?s se soms oorgroot kamers. Ek het ook al ondervind dat vir sommige gerekte of te-groot gesnyde kamers nie met Lyman-matryse herlaai kan word nie. Die doppe is eenvoudig te groot vir die matryse. In hierdie gevalle wil ek s? dat die lope vervang moet word, wat glad nie so ?n slegte opsie is nie. ?n Nuwe pasmaak koolstofstaal loop, byvoorbeeld, kos minder as 25% van ?n nuwe jaggeweer se prys. . .
Gewere Getoets
Hier volg resultate van toetse gedoen met vier verskillende gewere, om voornemende herlaaiers bloot te stel aan ?n wye variasie in herlaaibare kamers en diensbare lope.
Kom ons kyk na my No IV met ?n vars 25 3/8" loop, in oorspronklike vorm. ?n Standaard 174 grein milit?re koe?l se spring in hierdie nuwe loop was ?n ongelooflike 0,2mm, wat ?n 1980 milit?re koe?l in staat gestel het tot ?n bevestigte trompsnelheid van meer as 2540/s. Dit is 100/s vinniger as die gepubliseerde operasionele snelheid van hierdie kombinasie.
So ?n loop is heel in staat tot werkverrigting wat mooi tussen die .308 en die .30-06 inglip. In die toetse wat ek vir di? artikel gedoen het, het ek die volgende komponente gebruik: Remington en Winchester doppe, die kruit S341 lot 76 en die slagdoppe CCI 250s.
DOP KOE?L LADING
S341lot76 TPL SPRING SPOED/STDAFW
Rem 130 Impala 44gr 74.6mm 0.8mm 2940 / 3,2
Rem 130 Impala 44.5gr 74.6mm 0.8mm 2981 / 15
Rem 130 Impala 45gr 74.6mm 0.8mm 3020 / 9
Win 150 Speer 44gr 76mm 0.6mm 2700 / 9.5
Win 150 Speer 45gr 76mm 0.6mm 2762 / 10.6
Win 180 Claw 42gr 73.2mm 0.7mm 2565 / 15
Win 180 Claw 43gr 73.2mm 0.7mm 2624 / 11.1
Win 200 Claw 38.5gr 72mm 0.8mm 2212 / 7
Win 200 Claw 39gr 72mm 0.8mm 2310 / 6
Win 215 Claw 37.5gr 71.3mm 1.0mm 2140 / 12
Win 215 Claw 38gr 71.3mm 1.0mm 2220 / 10
Die 130 grein Impalas het my stom gehad. Ek en vervaardiger Kobus du Plessis het gehoop vir ?n maksimum van 2850/s, maar nie 3000 nie! Tog het dit so gemaklik gebeur. Die groeperings was nie noemenswaardig met die twee laer ladings nie, maar die 45grein lading het ?n groep van presies 1 MOA gelewer. Selfs met daardie lading was daar nie ?n teken van oormatige druk of beginnende kopskeiding nie. Die slagdoprande is nog steeds mooi gerond en die grendel maak seepglad oop. Di? koe?ls met hulle geringde voorkoms en potloodpunte is ?n moderne, hoogs tegnologiese konsep wat aan monolitiese liggewig koe?ls nog steeds genoegsame lengte verleen en was tot op hierdie stadium nog ?n onbekende vir die .303
Die 150- en 180greiners het sub-MOA gegroepeer met al die ladings, maar die maksimums soos aangedui by daardie koe?ls is die absolute bolimiet op ?n Lee No IV aksie met ?n nuwe loop. Ek sal nie hierdie klas ladings aanbeveel vir ?n geweer waarvan die loop nie blinkglad is nie.
Die 200grein Claws het ek aan Andr? vd Merwe voorgestel omdat ek glo dat die spoedbeperking wat die standaard .303 dop op die 215greiner plaas, al baie ver bokke se voorbene of borshare gekos het. Di? 200greiners is fenomenaal akkuraat, 0.4MOA met beide ladings, uit my geweer met Parker Hale gaatjievisier, twee skote per lading. Dit klink mos soos super elandmedisyne!
Neem wel kennis dat die Remington en Winchester doppe oor baie meer volume beskik as bykans enige ander dop. Die Remingtons weeg 160grein, die Winchesters 170grein en die PMPs 205grein. Met bogenoemde kombinasie koe?ls en doppe vir ?n geweer met ?n growwe boor, sal ek ten minste 3 grein onder hierdie maksimums begin soek na ?n aanvaarbare lading, en nog 3 grein laer indien ?n PMP dop gebruik word. Die beperking van 2150/s vir die 215greiner, 2350/s vir die 200greiner, 2500/s vir ?n 174-180greiner en 2700/s vir ?n 150greiner is seerseker ons bedryfsmikpunt vir ?n Lee aksie, weens die relatief lae drukperk van daardie aksie. Met die maksimum ladings soos ek dit getoets het, sal die doppe nie lank hou nie: die rekbaarheid van Lee aksies maak dat die doppe gou begintekens van kopskeiding wys. P14 aksies is ordes sterker en meer rigied as die Lees. Dit beteken dat die verrigting van die standaardrondte wel herhaalbaar in ?n P14 verhoog sal kan word sonder die risiko van kopskeiding.
Kobus Cloete se No IV het n mooi 22" loop. Ons het hom getoets met 215 grein Claws en het ?n spoed van om en by 2150-2200/s gesoek met die kort loop. Ons het S365 en S335 gedupleks op 37,5 grein (60:40) en dit vergelyk met drie ladings S341 en twee ladings S335. Hier het ons PMP doppe gebruik, wat 4 grein minder kruit hou as die Winchesters, en gebruik gemaak van CCI 250 slagdoppe. Die koe?ls se spring is 0,9mm met die TPL op 74,4mm.
LADING SPOED
37.5gr Dup 2090?/s
38.5gr S341 2160?/s
39gr S341 2213?/s
39.5gr S341 2280?/s
36gr S335 2160?/s
36.5gr S335 2200?/s
Al die gemete snelhede met S341 was per lading binne 10/s van mekaar, met 3-skoot groepe van om en by 0.7MOA deurgaans. Die S335 ladings het beide groot variasie (160/s) en slegte groepe gelewer (3-4MOA). Daar is beslis ?n moontlikheid met die dupleks filosofie met die swaar koe?ls vir ingeval S341 nie beskikbaar is nie. Daardie groep was 0.8MOA.
Olof Bergh, n jongman van Pretoria, het n Mk III met n redelike 23" loop. Ons het vir hom ook 215gr Claws gelaai, in milit?re doppe met dupleks ladings. Hierdie koe?ls se spring was 0,8mm met die TPL op 76,0 mm. Ons het s? te werk gegaan:
S365 S335 SPOED/STD AFW GROEP
18 gr 18gr 2019 / 12 1.2MOA
18.5 gr 18.5 gr 2058 / 18 1.5MOA
19 gr 19 gr 2115 / 35 1.5MOA
19.5 gr 19.5 gr 2143 / 20 0.8MOA
20.5 gr 19.5 gr 2210 / 18 1.4MOA
Die akkuraatheid was nie werklik na wense nie, buiten vir lading no 4, maar dan weeg die milit?re doppe nie baie akkuraat nie Weereens kan met hierdie ladings gesien word dat dupleksladings wel vir die swaar koe?ls op die .303 kan werk.
Swaer Jan Smit van Rawsonville het ?n No IV met ?n gepitte loop van 24". Hy jag net springbokke in die Kalahari. Hy het met Goodnel se 130 grein Plainsmasters en Hornady en PMP se 150 greiners gelaai. Die Plainsmasters wou nie in sy geweer ?n bruikbare groep skiet nie. Ons het dus maar besluit op 150grein Hornadys vir jag en 150 PMPs vir teikenwerk:
DOP KOE?L SLAGDOP LADING S335 SPOED / STD AFW TPL SPRING GROEP
FN 130 GN FN 43gr 2740 / 26 76.7mm 0.8mm 3MOA
FN 130GN FN 44gr 2887 / 19 76.7mm 0.8mm 4MOA
PMP 150 Hor WLR 41gr 2542 / 25 75.5mm 0.7mm 1.5MOA
PMP 150 Hor WLR 42.2gr 2727 / 11 75.5mm 0.7mm 1MOA
FN 150 PMP HP 43gr 2630 / 9 75.4mm 0.8mm 1.2MOA
FN 150 PMP HP 44gr 2666 / 10 75.4mm 0.8mm 1MOA
Die ou Goodnels wat swaer Jan probeer het, was nie akkuraat vervaardig nie. Ons het nog nie weer enige monoliet in sy geweer probeer nie.
Renier Moolman het ?n No IV met ?n gemiddelde loop van 23.5". Hier is sy resultate:
DOP KOE?L SLAGDOP LADING SPOED / STD AFW TPL SPRING GROEP
S&B 150 PMP WLR 42gr S335 2686 / 19 75.5mm 1.2mm 0.9MOA
S&B 150 PMP WLR 42.5gr S335 2737 / 12 75.5mm 1.2mm 0.9MOA
S&B 150 GS CCI 200 40gr S335 2635 / 9 78.0mm 0.8mm 1MOA
S&B 150 GS CCI 200 40.5gr S335 2680 / 10 78.0mm 0.8mm 0.7MOA
S&B 174 PMP CCI 200 42.5gr S341 2512 / 7 76.0mm 0.7mm 1.1MOA
PMP 174 Hor WLR 39.5gr S335 2531 / 26 76.0mm 1.0mm 1.3MOA
Ons het meer as hierdie vier gewere getoets, waarvan baie met oopgebrande kele. (Hoofsaaklik Mk IIIs). Oor die algemeen is diesulkes heelwat stadiger met vergelykbare ladings, alhoewel enkeles vinniger was. Die rede hiervoor is dat die growwe oppervlak van erg gepitte lope dien as ?n rem op die koe?l. Dan word meer druk opgewek om die koe?l deur die hele loop geforseer te kry. Sulke lope is nie meer geskik vir skiet nie, omdat ?n groot hoeveelheid koper ook nog met elke skoot in die loop agtergelaat word, wat saam met die roes werk om die koe?l te rem. Sommiges is gedeeltelik gered deur n loodgietsel in die loop te maak en die loop dan met ?n baie fyn skuurpasta met die lood te poleer.
Ek het ondervind dat die 2-groef lope op sekere No IVs baie gou druktekens wys. Na wat ek verneem, is daardie lope van Kanadese oorsprong en spesifiek vir Bisleyskuts vervaardig. Die probleem met daardie lope l? by die feit dat die graveerintensiteit van die lande op die koe?ls omtrent 80% van die kontakarea is. Dit moet ?n geweldige effek op die drukkurwe h? om so groot area van die koe?l te graveer. Daardie lope lewer dus ho?r snelheid as die standaard 5-groef lope met dieselfde lading en ouens wat sulke gewere gebruik, kla dat hulle harder skop as gewone .303s. Herlaaiers vir daardie lope moet maar die kruit met omsigtigheid gooi. Dit is hier waar ?n chronograaf werklik handig is.
Vir Lee aksies met te veel kopspasie (meer as 0.1mm) het ons ?n tegniek ontwikkel wat keer dat die doppe mettertyd aan kopskeiding ly: ?n 20mm stukkie soldeerdraad van 0.71mm dikte word om die nuwe dop gedraai, agter teen die rim, met ?n groot genoeg gaping vir die uittrekker. Die rondte word dan versigtig ge-kamer, sodat die lood tussen die loop en die rim vasgedruk word. Dit hou die dop teen die grendelgesig vir daardie allerbelangrike eerste skoot met ?n nuwe dop. Nou swel die dop perfek volgens die kamer en vorm geen swak plek waar dit later kan afbreek nie. Daar is groot verskille in die rimdiktes van verskillende doppe: van 1,4mm op S&B tot 1,6mm op nuwe PMP. Die meeste is darem in die orde van 1,5mm. Met die looddraad maak daardie dikte nie meer saak nie, omdat die lood saampers net tot waar nodig. Met opvolgskote sal die doppe soos ander rimlose bottelnek kalibers op die skouers se?l. Wanneer van die looddraad gebruik gemaak word, moet herlaaiers net daarop let dat die draad nie te dik is en die kamer binnedring nie. Dit is maklik genoeg om te bevestig.
Uit hierdie toetse is dit duidelik dat di? ou oorlogsperd as kaliber nog vir ?n baie lang tyd sy plek in die jagveld sal kan volstaan.
Die .303 EPPS
Hierdie omskakeling is van Amerikaanse oorsprong (natuurlik!) om aan die .303 met enige koe?l ho?r snelheid te verleen as standaard en is net geskik vir lope op ten minste P14 aksies. Die Epps se maksimum kamerdruk is in die orde van 57000 pond/vk duim. Die standaard .303 kamer word bykans parallel geruim en die dop kry ?n nek en skouers wat herinner aan die 300 WinMag s?n. ?n Standaard rondte word dan in die kamer geskiet om die dop te vuurvorm. Hier in Suid Afrika is die omskakeling myns insiens nie suksesvol nie, bloot omdat ek al etlike Eppse gesien het waarin daar groot variasie tussen almal se kamervorms is. Nie net toleransiegewys nie, sommer hemelsbre? verskille. ?n Omskakeling kan myns insiens net as suksesvol beskryf word as daar ?n eenvormige standaard op ruimers gestel en by gehou word. Epps-bouers sal my seker wil kruisig oor hierdie stelling, maar die bewyse is daar tussen die gebruikers. Hulle kom dit eers agter as hulle bymekaarkom en inligting uitruil.
n Mooi-geruimde Epps met goeie loop maak egter ?n gawe all-rounder vir sagtevel wild. Stoffel Viljoen s?n se kamer is lekker lank met mooi skerp hoeke en oom Jan Botha s?n is met ?n geslyte ruimer gesny. Hulle lope is nou nie blinknuut nie, maar nog redelik glad. Beide van hulle het die omskakeling laat doen met die 215grein koe?l in gedagte. Die uitgawe aan ?n P14 en die gepaardgaande modifikasie was vir elk van hulle die moeite werd om die 215s so ?n bietjie wakker te maak.
Stoffel se resultate lyk so:

PMP 180 Sierra PMP 48gr S335 2658 / 24 77mm 1.0mm 1.1MOA
PMP 200 Claw PMP 48gr S341 2409 / 32 76mm 1.0mm 1.1MOA
PMP 215 Rhino PMP 46.5gr S341 2365 / 10 76mm 1.0mm 1.0 MOA
Die 200grein Claws met S341 het nie baie goed gedoen hier nie, maar ons sal nog verdere ontwikkeling doen totdat ons hierdie kombinasie reg het. Ons het nie ten tyde van die toets genoeg koe?ls beskikbaar gehad om verdere ontwikkeling te doen nie.
Hier volg toetsresultate van wat oom Jan met sy Epps gedoen het:

PMP 150 Sierra PMP 48,5gr S335 2940 / 35 77mm 5,0mm 1.7MOA
WIN 174 PMP PMP 57gr S341 2780 / 11 76mm 7,6mm 2.0MOA
PMP 180 Sierra PMP 48gr S335 2779 / 6,9 78mm 4.5mm 1.4MOA
WIN 180 Sierra PMP 48gr S335 2754 / 2,5 75mm 7,5mm 0.8MOA
WIN 215 Claw PMP 50gr S365 2320 / 8,5 78mm 4,1mm 1.8MOA
PMP 215 Rhino PMP 44gr S335 2543 / 111 78mm 4,0mm 3.5MOA
Amos Schreuder het ?n mooi pasmaak Epps met ?n nuwe Musgrave loop, maar met ?n kamer wat baie dik en werklik skeef geruim is. Sy doppe swel geweldig uit voor die web en die skouers lyk heel anders as die ander twee s?n. Hy beklemtoon dit dat sy geweer se herlaaidata nie noodwendig geskik is vir enige ander Epps nie, as gevolg van sy unieke doppe. Die derde lading hieronder is n voorbeeld daarvan.
DOP KOE?L S / DOP LADING SPOED / STD AFW TPL SPRING GROEP
PMP 150 Speer CCI 200 47 gr S341 2837/21 76mm 4.5mm 3MOA
PMP 150 PMP CCI 200 45 gr S335 2772/18 76mm 4.5mm 2.9MOA
BR.SP 150 Claw CCI 250 51 gr S335 2994/30 76mm 2,5mm 1.8MOA
PMP 174 Horn CCI 200 47 gr S335 2761/15 80mm 4.5mm 2.4MOA
PMP 174 Horn CCI 200 47 gr S341 2674/10 80mm 4.5mm 1.4MOA
PMP 215 Claw CCI 200 47 gr S335 2280/18 74mm 4.5mm 2.2MOA
PMP 215 Claw CCI 250 45 gr S341 2352/15 74mm 4.5mm 2.2MOA
Uit bostaande toetse is dit duidelik dat hierdie geweer as n re?l nie goed groepeer nie. Dit kan wees as gevolg van wanbelyning van die koe?l in die kamer voor dit geskiet word.
Amos het nog net vir die ligte koe?ls dupleksladings probeer. Met al die onderstaande ladings was die koe?ls se spring na die lande so 2,5mm. Die stadiger ladings se groepe is nie gemeet nie, omdat hy maksimum spoed gesoek het vir vlaktejag (oor 300m).
DOP KOE?L SLAGDOP LADING S365 LADING S335 SPOED TPL GROEP
BR.SP 150Claw CCI 250 10.7gr 42.8gr 3027 76mm 1.3MOA
BR.SP 150Claw CCI 250 16.0gr 37.5gr 2985 76mm 1.5MOA
PMP 150Claw CCI 250 20.8gr 30.2gr 2842 76mm -
PMP 150Claw CCI 250 32.0gr 20.0gr 2832 76mm -
Hierdie is Amos se eie woorde: "wat my aanbetref, one of a kind wat *&%#@ beteken." Dit is jammer dat sy geweer nie op standaard is nie, want ?n reg gesnyde Epps is ?n baie bruikbare kaliber. Ek het gevoel dat sy ondervinding ingesluit moes wees, aangesien sy kamer seerseker nie die enigste een is wat so lyk nie.
Ek het ?n voorbeeld van elkeen se doppe (PMP) gemeet soos dit uit hulle kamers kom en die volgende bevind:
STOFFEL OOM JAN AMOS
DOPGEWIG 210.3 grein 208.6 grein 212.4 grein
DOPLENGTE 56.55mm 56.15mm 55.0mm
SKOUERHOEK ~39? ~39? Radius
SKOUERDEURSNEE 11.3mm 11.05mm 11.5mm
DEURSNEE VOOR WEB 11.6mm 11.5mm 11.8mm (ovaal)
WEBDEURSNEE 11.52mm 11.51mm 11.52mm
NEKLENGTE 6.2mm 6.2mm 6.0mm
VAN BASIS TOT SKOUER 48.25mm 47.5mm 47.75mm
KAPASITEIT WATER 60.5grein 57.8 grein 61.6 grein
Hieruit kan ons duidelik sien hoe verskillend die kamers gesny is. Amos s?n het die swaarste en kortste dop, maar het die grootste volume.
Die Epps omskakelings het egter ?n slaggat: Die rondtes voer nie meer so glad uit die magasyn uit nie, weens die dop wat nou meer parallel is tot by die skouers. Die skouers druk styf teen mekaar vas in die onderste voerspore van die standaard P14 aksie, wat veroorsaak dat die rondtes heel verkeerd l?. Die boonste rondte word dan baie moeilik uit die kas uitgestoot. Daardie voerspore moet wyer gemaak word waar die doppe se vetter skouers nou gaan l?, anders word die doppe beskadig met elke siklus van die grendel.
Stoffel en Oom Jan s? dat as hulle weer moet oorweeg, hulle w??r die Epps omskakeling sou doen, waar Amos dit nie weer sal oorweeg nie.
Vir die ouens wat Lee aksies agter hulle Eppse het, moenie hierdie data oorweeg nie! Daardie aksies kan nooit die volle potensiaal van die omskakeling herhaalbaar uitbring nie. Ek bestempel dit as onveilig om bo die standaard .303 se drukperk met die Lee aksie te laai en dat dit nie raadsaam is om n Lee Enfield te Epps nie!
My dank aan almal wat bygedra het met herlaai-inligting, asook vir wenke.
Neem asseblief kennis dat ten spyte van alle redelike voorsorg wat geneem is met die voorbereiding van hierdie artikel, die Herlaaivereniging, die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging, die Uitgewer en die Outeur geen aanspreeklikheid van enige aard aanvaar vir enige skade of nadelige gevolge wat mag voortspruit uit optrede van persone wat ammunisie herlaai of poog om te herlaai na aanleiding van die inhoudelike van hierdie artikel nie.

Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
vergund
- Full Member

- Posts: 174
- Joined: Wed Aug 08, 2012 7:09 am
Re: 303 verandering na 303 epps
Baie dankie vir die jou terugvoering , lyk vir my ek gaan myne stadaard hou .
.303 br no4 mk 2
.22 cbc
270 Sako
300 WM Tikka
357 Mag Ruger GP100
9mmP Ruger P85
.22 cbc
270 Sako
300 WM Tikka
357 Mag Ruger GP100
9mmP Ruger P85