Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Net n vinnige vragie aan die manne wat ken! Ek en Freek het destyds daar in Vaalwater met sy .270 n paar varkies na die hiernamaals gehelp, maar noudiedag dink ek weer aan hoe stram die slot was om oop te maak net na jy geskiet het? Dit is n lieflike geweer, Mannlicher Shoenauer, en hy skiet n k*kskoot lekker, net die slot wat my gepla het, want ek is geleer jy span dadelik na n skoot dat jy kan opvolg indien nodig.
Enige opinies wat dit kon veroorsaak? Freek dalk het jy die sakie al opgelos, of dalk is dit net vir my wat dit gepla het, is mos maar puntenerig
Daan
Het jul herlaai of was dit gekoopte amunisie?
As die slot nie vanself oor die algemmen bietjie styf is nie, kan dit wees dat daar te ho? druk is en die dop sit dan "wyd" uit as ek dit so kan verduidelik, dit gebeur ook as die kamer baie "tight" gesny is.
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Dankie vir die tips, menere! Dit was "van die rak af" ammunisie, ek dink Highland AX as ek reg kan onthou. As ons so n bietjie gewag het na die skoot, dan was hy weer makliker om oop te maak, amper asof hy moes "afkoel" amper. Maar net na die skoot was hy helse styf om weer die slot oop te kry.
Freek sal hopelik bietjie meer info kan gee, weet nie of die roer altyd so was nie, en soos ek se dis nie my roer nie, en dalk woeker ou Freek nie meer baie met hom nie. Baie lekker geweer andersins, mooi "lepel" - handvatsel op die slot en "hair trigger" gehad soos en kon onthou, Freek kan my korrigeer
Ja ek dink ook dit is druk, kammer is dalk baie klein gesny.
Francois help gou as ek verkeerd is.
Dit kan dalk ook wees by die slote se luks by die loop se kant.( as dit n ou geweer is dalk koper in waar die slote in toe maak.
Want ek sit nou met die selfde ding met n vriend van my se nuwe Tikka .270.
Hy het seker so 70 rontes deur die loop.
Ek is nog binne perke met laading kruit is 385. Ek sal nou eers die laading met n 1gr afbring om te kyk wat gebeur.
Groete
Ian
Die waarskynlikheid dat dit oormatige druk is wat n dop laat vassit, is omtrent 100%. Ek dink die Manlicher se kamer kan dalk so rapsie klein gesny wees. Ek skiet ook met n Tikka, en hul het nie "pre extraction" soos n Mauser aksie nie, en agv daarvan sit hul doppe maklikker vas as baie ander gewere agv druk.
Ek het dieselfde probleem opgetel met my Tikka 270. Al die jare geen probleem met my resep van 50gr 365 met 150gr koeel (ongeag maak). Nadat knaldemper opgesit het begin druk probleme kry. Kan dit wees?
Nadat PMP doppe ondersoek is het gesien daar was donuts in. Kas rondgekrap en paar "once fired" PMP doppe gekry. Met Full ength size het van die doppe nog steeds vasgesit- kan dui op kopspasie probleme agv te veel dop terugdruk. Sal sien nadat net geneksize het wat is die uiteinde daarvan.
Met my jagdoppe (Sako) het gesien daar is agter op die dop skraapmerkies. Blykbaar het vriend van my dieselfde probleem gekry met sy 3006 en Sako doppe. agterkant toe 1 thou afgeskuur en toe is probleem weg. Enige iemand sulke probleme gekry?
MJK wrote:
Nadat knaldemper opgesit het begin druk probleme kry. Kan dit wees?
Met my jagdoppe (Sako) het gesien daar is agter op die dop skraapmerkies.
Ek het presies dieselfde oorgekom nadat my knaldemper opgesit is. Dit was toe nooit druk probleme nie! Die persoon wat die draad voor op die loop gesny het, het iets in die kamer ingedruk om die loop "op te line" en dit het merke gemaak wat die dop laat vassit en die slot swaar laat oopmaak. Ek het ook merke agter op die dop gekry, maar dit lyk my is omdat die voorkant van die slot en uittreker nie die dop gedraai kry wanneer die dop moet uitkom nie. Ek weet nie veel van die tipe goed af nie, wou maar net s? wat ek oorgekom het.
Skolla
MJK
Ek het n bietjie self met hom gekarring maar die merke lyk my is nog te erg, so ek sal die geweer nou by n Pro moet kry.
Wat intussen vir my werk is as ek die patroon doppe met n fyn skuurwolletjie skoon en glad vryf, maar ek dink nie dit is soos dit behoort gedoen te word nie.
Skolla