Tips vir September
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Tips vir September
Goeie middag al die manne,
Gooi vir ons 'n paar tips vir September maand
Ons hou die post dop vir al die ervare manne se raad!
Vryburg groete
Haan
Gooi vir ons 'n paar tips vir September maand
Ons hou die post dop vir al die ervare manne se raad!
Vryburg groete
Haan
-
stan man
Re: Tips vir September
moet nie soos ek maak en die tweede jakkals van die aand mis skiet nie. ek het letterlik daai skoot af gebewe. wees voorbereid op die onverwagse. die koue die wind en alles waaroor ons nie beheer het nie. dit was gisteraand n onverwagse 1 graad na n 25 grade dag en ek het my misgis met die temperatuur. springhaas het gisteraand goed gewerk,die jakkalse was net redelik traag om te beweeg. veral later nadat die maan op was.
-
sakkievanheerden
- Full Member

- Posts: 199
- Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm
Re: Tips vir September
Stan man
Moet nie in wind gaan roep nie.
Groete
Sakkie van Heerden
Moet nie in wind gaan roep nie.
Groete
Sakkie van Heerden
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Tips vir September
Nog nie gaan roep in September 2012 nie, gaan die naweek gaan, maar weet as jy jakkalse roep en hul antwoord jou, wag jy mos 10 tot 15min in stilte, begin dan sag met kos vir kort en volg soos jy vir normaal sou roep met kos vir n verdere 15 tot 20. Dus het jy nou al 15min plus geroep, nadat jakkies jou geantwoord het. Eers nou na 30min roep jy weer met dieselfde klank wat jakkies op reageer het. As hul weer reageer moet jy vasstel of hul nader, verder of steeds op dieselfde plek staan. Wanneer hul nader kom, wag weer in stilte en na 10min begin weer met kos, wanneer hul verder is sal ek onder die wind van hul nader aan hul skuif, wanneer hul op dieselfde plek bly staan, is hul heel waarskynlik by hul teelgate en jy kan nader skuif onder die wind van die gate af.
Indien jy teelgate toe skuif en jy sien dalk die kleintjies om die gate, moet hul nie skiet voordat jy die ouers of minstens een van hul geskiet het nie. Die ouers sal altyd terugkom gate toe en kom gereeld deur die nag die gate besoek. Hier kan jy presies doen soos oom Jaracal dit beskryf in sy roepmetodes by teelgate.
Hierdie tip het ek gekry by oom Jaracal, soos hy ons geleer het op sy kursus.
Groete
Danie

sakkie
die wind was nie die probleem nie. ek was net nie voor bereid op die koue nie.
die wind was nie die probleem nie. ek was net nie voor bereid op die koue nie.
- Eardley
- Newbie

- Posts: 26
- Joined: Sat Jul 14, 2012 11:58 am
Re: Tips vir September
Die jakkalse hier in my omgewing raak nou verskriklik honger.Die kleintjies by die neste soek baie vleis en die mannetjie en wyfie moet maar aandra.Hulle kom van ver om in die lam kampies klein bokkies en lammers te vat.Tafjak doen darem n goeie job..
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Tips vir September
hier werk enkel jakkals roepe nog goed.
wanneer begin dit vlekkie tyd raak? of elsneus? beter gestel, waneer begin speel 'n mens groep jakkals roepe?
wanneer begin dit vlekkie tyd raak? of elsneus? beter gestel, waneer begin speel 'n mens groep jakkals roepe?
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Tips vir September
Cassie, ek reken as ons aanneem dat jakkalse se kleintjie tyd middel Augustus gepiek het, gaan 'n groot gros jakkals kinders teen middel Oktober hoorbaar by die gate begin raak. So die Elsneuse en Vlekkie D's (of soortgelyke klanke)eers op die vroegste van middel Oktober af as aanvangs roep. Dis egter seker nie die wet van Transvaal nie en nie onmoontlik dat iets vroe?r of later kan werk nie (ek verkies persoonlik bv. Vlekkie D-tipe klanke eerder hier van Desembermaand af)
Vlekkie 9 / 3a -tipe klanke kan jy natuurlik nou al gebruik, later in jou roepsessie, as jy nie op die enkel roepe reaksie kry nie.
Maar ek leer graag, sal graag wil hoor hoe julle dink.
Louis
Vlekkie 9 / 3a -tipe klanke kan jy natuurlik nou al gebruik, later in jou roepsessie, as jy nie op die enkel roepe reaksie kry nie.
Maar ek leer graag, sal graag wil hoor hoe julle dink.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Tips vir September
dankie oom
kan mens mooi huil ook iewers later in roep inwerk?
kan mens mooi huil ook iewers later in roep inwerk?
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Tips vir September
Mooihuil?
Natuurlik! Dis die koningin van alle jakkalsroepe. Oud, maar nog lank nie koud. Sy't soveel aanwendings, maar gewoonlik na kos, werk sy lekker. Ek gebruik haar nie sommer as aanvangroep nie. 'n Heeljaar jakkalsroep om te gebruik.
Mooiloop
Natuurlik! Dis die koningin van alle jakkalsroepe. Oud, maar nog lank nie koud. Sy't soveel aanwendings, maar gewoonlik na kos, werk sy lekker. Ek gebruik haar nie sommer as aanvangroep nie. 'n Heeljaar jakkalsroep om te gebruik.
Mooiloop
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
sakkievanheerden
- Full Member

- Posts: 199
- Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm
Re: Tips vir September
Cassie
Taffie het my geleer om eers soos nou met enkel jak roep te begin soos Jakkalshuil en Tafjak1 ens en as jy nie reaksie gekry het nie kos vir omtrent n halfuur en dan Mooihuil.Gebruik maar altyd eers kos voor Mooihuil.Louis en Taffie julle moet my maar reghelp as ek nou strooi praat hier.

- hebron
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm
Re: Tips vir September
Tafjak 1 het vir my die laaste week 2-reuns laat rol; ek kon egter nie die tewe kry nie, nadat die reun stil was wou die teef nie meer antwoord nie. Ek kon nog nie vasstel of daar n nes is nie want die teef loop nog baie rond en soek enige gate op, miskien is sy nog dragtig?
Kan iemand dalk raad gee hoe n man maak om die "broeikas se krag" af te sny!
Luister graag;
Willem
Kan iemand dalk raad gee hoe n man maak om die "broeikas se krag" af te sny!
Luister graag;
Willem
LAAT-LOOP
-
Johan04
- Sr. Member

- Posts: 364
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm
Re: Tips vir September
Ek het dieselfde vraag as Willem.Die week 3 reuns geskiet,(gelukkig,want ek begin twyfel oor my venuf om jakkals te skiet).Ek kon vir n hele ruk nie n jakkals inroep en skiet nie,maar die week het dinge weer verander. Ek kon egter nie een van die tewe skiet nie,het hulle wel gesien.
Jak distres,baklei,niks het gewerk.
Groete
Johan
Jak distres,baklei,niks het gewerk.
Groete
Johan
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Tips vir September
Ek sou die volgende aand weer in die omgewing staan plek gemaak het en met alleen roep klanke soos Rooi Alleen begin het.
Asof dit die reun is wat terug is en sy maat soek.
Stilte en min roep kan dalk net die ding doen...
Asof dit die reun is wat terug is en sy maat soek.
Stilte en min roep kan dalk net die ding doen...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: Tips vir September
Gaan 3 aande later en speel locator van Tewis.As sy jou antw kan jy maar sit en wag.(Maak jou slot toe)
Boera
Boera
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Tips vir September
Hello Boertjie,Boertjie wrote: Gaan 3 aande later en speel locator van Tewis.As sy jou antw kan jy maar sit en wag.(Maak jou slot toe)
Boera
Dis een wat ek nie het of ken nie.
Lig my in waar om te kry asb.
Groete
Johan Smit
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: Tips vir September
Smit
Dit is n klank van Tewis, ek is nie seker op watter cd van hom die klank is nie.Miskien is daar iemand op die forum wat jou sal kan se....
Maar die klank werk baie goed in so geval.
Boera
Dit is n klank van Tewis, ek is nie seker op watter cd van hom die klank is nie.Miskien is daar iemand op die forum wat jou sal kan se....
Maar die klank werk baie goed in so geval.
Boera
-
sakkievanheerden
- Full Member

- Posts: 199
- Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm
Re: Tips vir September
Boere
Goeie raad wat jy daar vir die manne gee,dis soos ons ou groot maat Taffie ons geleer het.
Groete
Sakkie
Goeie raad wat jy daar vir die manne gee,dis soos ons ou groot maat Taffie ons geleer het.
Groete
Sakkie
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Tips vir September
Ditto....Boertjie wrote: Gaan 3 aande later en speel locator van Tewis.As sy jou antw kan jy maar sit en wag.(Maak jou slot toe)
Boera
Goed, beter, 6millimeter!
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Tips vir September
geno, begin jy sommer met locator? gaan nou nou roep waar ek reen geskiet het. net ander kant van berg.
hoop maar die vuilgoed kom af...
hoop maar die vuilgoed kom af...
HOU HOM DAAI DIKTE
- louis slabbert towerwater
- Newbie

- Posts: 16
- Joined: Sun May 13, 2012 10:55 am
Re: Tips vir September
Rooikat vvolume 3
Nr 23 Kreet
Nr 23 Kreet
- tokjak
- Sr. Member

- Posts: 331
- Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm
Re: Tips vir September
VIR DIE VAN JULLE WAT NOG NIE VIR LOUIS SLABBERT TOWERWATER KEN NIE .........VRA HOM MAAR ENIGIETS OOR JAKKE EN KATTE ........HY WEET VAN
HELLO LOUIS
HELLO LOUIS
-
Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Re: Tips vir September
Baie welkom
Sal Graag wil hoor wat oom weet?
Ek wil saterdag aand bikie gaan roep. Was lanklaas in die veld kan julle my n paar tips gee of is die wat al gese is reg?
BTW dis in die NoordKaap.
Groete FB
Sal Graag wil hoor wat oom weet?
Ek wil saterdag aand bikie gaan roep. Was lanklaas in die veld kan julle my n paar tips gee of is die wat al gese is reg?
BTW dis in die NoordKaap.
Groete FB
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Tips vir September
Welkom Oom Louis, Oom moenie skaam wees om ons so paar tips te gee nie, ons leer graag!!!
Groete Alex
Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
- Chris101
- Sr. Member

- Posts: 390
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am
Re: Tips vir September
Kleintjies het my Don mooi geantwoord op Jakkalshuil.
101
101
Knou die gediertes AF.