Skietongelukke

Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Skietongelukke

Post by tripodmvr »

[Skietongeluk-wees veilig. 2012/09/02 13:09 
Ek het hierdie Sat n skietongeluk op n plaaslike baan sien gebeur.
Dit was n pa en seun (so 22 jaar oud) wat op die pistool/revolver baan kom skiet het. Na n skietsessie wou die seun ontlaai met n 38special revolver. Hy het die goue reel nie nagekom en die revolver in sy pa se rigting gewys wat aan die ander kant van die skietbank gestaan het. N Skoot het afgegaan en die pa laag in die bors getref. Wonderbaarlik blyk dit asof geen organe raakgeskiet is nie.
n Mediese span was vinnig op die toneel en hulle het hom gestabiliseer en hospitaal toe geneem.
Die polisie was daar en het die nodige gedoen en die revolver gekonfiskeer ens.

In n sekonde is n lekker dag saam uit in n tragedie gedompel.

Net na die bane weer oop verklaar is, daag nog n pa en seun op. Die pistool baan was leeg, net hulle twee. Die pa wou op n nader teiken skiet, hy stap toe sommer van die skietpunt af en staan so 5 tree nader aan die teiken, dit terwyl sy seun met n pistool hier agter hom vroetel, nog by die skietbank!!

Nuwe skuts moet eers die basiese beginsels van veiligheid geleer word, voordat hulle aan wapens raak. Ons ou manne aanvaar dat ouens 18 jaar of ouer weet van veiligheid. Ons is mos met n paar goed gemikte "army-klappe" reg geleer.

Dit is nie meer so nie, hou die jonger geslag dop en leer hulle reg.]

Het die op SAJSV se forum gekry. Dit wys net weer op die nakom van die 10 goue re?ls van skiet. Wees asb. versigtig daarbuite.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Zack Benade

Re: Skietongelukke

Post by Zack Benade »

Enige skiet ongeluk kan voorkom word en is heeltemal onnodig.
Sterkte vir die pa en seun.  Almal bid vir julle. 

Daar is geen plaasvervanger vir veiligheid nie. :police: :police: :police: 
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Skietongelukke

Post by Gerhard »

Sjoe,

Ek is bly dit was nie n ernstige ongeluk nie...

Ek is baie baie streng op wapen veiligheid.

Moes Saterdag weer hard praat met n paar oor eiwerige manne met die S&O DGS se kompetisie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Skietongelukke

Post by PJS »

:o :o :o :o
Eish. Dit is nie lekker nie. Ja dit is so, veiligheid is maar net so goed soos jou kennis daaroor.
Sterkte vir die pa en seun. Dit kan nie maklik wees as so iets met jou gebeur het nie.
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
Post Reply