Page 1 of 1

Geweer slot

Posted: Thu Aug 23, 2012 2:40 pm
by HJA
Goeie middag,

Ek vra so bietjie hulp asseblief. Die skoon maak van my geweer se slot.
Die gweer is 'n 243 Win Musgrave. Ek wil die slot nie graag uit mekaar haal
en dan weer sukkel om reg te kry nie.
Met wat en hoe skoon maak.

Dankie
Henk

Re: Geweer slot

Posted: Thu Aug 23, 2012 3:00 pm
by Piet Pille
Ek verbeel my die manne hier op die forum het gese mens moet hom in diesel laat le vir 'n paar minute en dan droogmaak. Laat iemand net eers bevestig, want ek praat onder korreksie

Re: Geweer slot

Posted: Thu Aug 23, 2012 3:47 pm
by BLOK
Henk

As ek nie myne uitmekaar haal nie (doen dit slegs so een keer elke twee jaar) spuit ek hom goed met q20 se pypie orals oor in, daarna druk n die comperssor ook in die gate en blaas goed met lug, ek herhaal die proses so paar keer en jy sal verbaas wees hoeveel vuil kom uit met die air.

Re: Geweer slot

Posted: Thu Aug 23, 2012 5:56 pm
by GERT vd M
Ek laat myne week in spiritus en gebruik ook compressed air om verder skoon en droog te blaas. Daarna word hy weer geolie waar nodig. Ek glo diesel sal ook die ding doen
                Groetnis
                  Gert

Re: Geweer slot

Posted: Thu Aug 23, 2012 6:04 pm
by Beretta
Ultra sonic cleaner werk mooi vir my
Beretta

Re: Geweer slot

Posted: Thu Aug 23, 2012 9:47 pm
by Hein M.
Ek maak my 243 se grendel met "Brake & Clutch Cleaner" skoon.  Kry dit by Midas.  Sulke goed wat lekker skoon spuit en feitlik dadelik verdamp.  Maak lekker skoon en dit is nie 'n gemors nie.  Die meeste ander goed trek stof aan en dit pak onsigbaar in alle openinge - en veroorsaak slytasie / storings. 

Ander skoonmaakmiddels weer verwyder ALLE smering in die grendel en dan is dit metaal op metaal daarbinne - wat ook nie goed is nie.

Dink die raad was destyds in Hendrik se loopskoonmaak-artikel...

Hein M