Goeie middag,
Ek vra so bietjie hulp asseblief. Die skoon maak van my geweer se slot.
Die gweer is 'n 243 Win Musgrave. Ek wil die slot nie graag uit mekaar haal
en dan weer sukkel om reg te kry nie.
Met wat en hoe skoon maak.
Dankie
Henk
Geweer slot
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Geweer slot
Ek verbeel my die manne hier op die forum het gese mens moet hom in diesel laat le vir 'n paar minute en dan droogmaak. Laat iemand net eers bevestig, want ek praat onder korreksie
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Geweer slot
Henk
As ek nie myne uitmekaar haal nie (doen dit slegs so een keer elke twee jaar) spuit ek hom goed met q20 se pypie orals oor in, daarna druk n die comperssor ook in die gate en blaas goed met lug, ek herhaal die proses so paar keer en jy sal verbaas wees hoeveel vuil kom uit met die air.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Geweer slot
Ek laat myne week in spiritus en gebruik ook compressed air om verder skoon en droog te blaas. Daarna word hy weer geolie waar nodig. Ek glo diesel sal ook die ding doen
Groetnis
Gert
Groetnis
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Geweer slot
Ultra sonic cleaner werk mooi vir my
Beretta
Beretta
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Geweer slot
Ek maak my 243 se grendel met "Brake & Clutch Cleaner" skoon. Kry dit by Midas. Sulke goed wat lekker skoon spuit en feitlik dadelik verdamp. Maak lekker skoon en dit is nie 'n gemors nie. Die meeste ander goed trek stof aan en dit pak onsigbaar in alle openinge - en veroorsaak slytasie / storings.
Ander skoonmaakmiddels weer verwyder ALLE smering in die grendel en dan is dit metaal op metaal daarbinne - wat ook nie goed is nie.
Dink die raad was destyds in Hendrik se loopskoonmaak-artikel...
Hein M

Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein