Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het n 38 special snubbie gekry en laai toe so 50 rondtes om te kyk of hy darem werk
Op 10m skiet ek konstant links en laag.
Dit wad n lae lading maar ek het nie die 158gr SWC ge-chrono nie. Sou die groep op en regs beweeg met n swaarder lading of is dit maar my skiet tegniek wat nie reg is nie?
Julle raad word waardeer en ek sal verseker nog so bietjie toets om die "probleem" te identifiseer.
Ek ken daardie skets wat Ge opgesit het, maar ek het gevind in my geval het hy nie die korrekte diagnose gegee nie. Ek het dit nou al 'n paar keer gesien, (veral as jy regshandig is), dat effens laag en links beteken dat mens die skoot net so effens antisipeer.
Veral met die snubbies, want sy skop het so snaakse byt in, en sy raam maak nie vir 'n lekker volledige 2-hand greep nie.
Droogvuur 'n paar doppe of snap caps, en as jy skiet, plaas jou volle fokus op die korrel, en hou hom op teiken vir die duur van die skoot. Behoort redelik vinnig weg te gaan. As dit nie werk nie, is dit waarskynlik so dat die rewolwer maar laag en links skiet
Artikel 13 en 15 lisensies vol, spaar nog om 16 ook vol te maak!
My ondervinding met die standaard hout handgreep wat baie dik voel is ook dat ek links skiet, ek vorm myne sodat die handgreep kleiner (dunner) is en so bietjie anders in die hand pas dan trek hy self reguit. Dit het ook tot gevolg dat die hand nader aan die haan vashou en die terugdslag is minder geneig om hoer op te tel en is meer terug in die arm as op.
Ek wil by se. Daar is nie altyd tyd om sorgvuldig korrel te vat soos op die skietbaan nie. As ek die rollie vat dan sit hy so in my hand, daar is nie juis 'n ander manier om hom vas te hou nie, daarom het ek die greep verander sodat hy meer reg wys as ek oor die loop kyk.
Ek kyk oor die loop na 'n teiken, en fokus dan deur die visier om te sien of hy bietjie links wys of nie. Ek het dit voorheen met dieselfde wapen gedoen en dit het goed gewerk vir my.
Ek sal egter voorstel dat jy eers bietjie tyd met die wapen spaandeer sodat jy weet hoe wat moet voel voor jy veranderinge wil maak.
Last edited by Fanie on Wed Sep 05, 2012 7:07 pm, edited 1 time in total.