Page 1 of 1

Help asb. met raad oor pos/invoer van VSA.

Posted: Tue Aug 14, 2012 9:57 am
by Pumba30-06
More aan almal
Ek wil graag by die ouens hoor wat dit al gedoen het wat die beste/ ekenomieste/ veiligste manier is om goed van Amerika af te laat in kom.
Ek het goed bestel by Midwayusa en dis oppad na n maat van my wat daar bly en gaan dit daan aan my stuur sodra dit by hom is.
Ek sal graag wil weet watter metode julle sal voorstel wat die veiligste en goedkoopste is?
Die goedjies kan maar met tyd kom so dit hoef nie oornag gestuur te word van hom af nie.
Ek s? solank dankie vir die insette.
Groete
Jurgens

Re: Help asb. met raad oor pos/invoer van VSA.

Posted: Tue Aug 14, 2012 11:59 am
by FHM
Pumba30-06,
ek sal dievet weet nie iets van oorsee per pos invoer nie, daar is net te veel plekke waar dinge verkeerd kan gaan. Afhangende van die waarde van jou pakkie, as dit waardevol is en dringend is sal ek maar oe toeknyp op die ekstra prys en UPS / FedEx of DHL courier services gebruik.

PM enige een van die manne op die forum - hulle het al van oorsee af ingevoer en sal jou die beste raad kan gee.

Arnold / Kerneels S. / Francois Briedenhann / Zack Benade

Re: Help asb. met raad oor pos/invoer van VSA.

Posted: Tue Aug 14, 2012 12:32 pm
by RUPERT
Laat die plek waar jy die goeder koop self stuur.Want dan hoof jy nie hulle vat/tax te betaal.Praat met die mense self hulle het gewoonlik meer ondervinding hoe om dit te doen en die veiligste manier.Ek het al baie van die U.K af in gevoer en nog noiit n probleem opgetel.Onthou hulle systeem werk baie beter as ons sin.

Re: Help asb. met raad oor pos/invoer van VSA.

Posted: Tue Aug 14, 2012 6:19 pm
by Pumba30-06
FHM
Baie dankie vir die terug kom. Ek sal die manne n PM stuur en hoor. As mens meer moet betaal vir die veiligheid en sekeriteit dan betaal mens maar die ekstra geld.

Rupert
Die plek pos nie internasionaal nie, slegs in die VSA. Dis hoekom ek dit eers na n maat van my stuur. By watter plekke koop jy in die UK?

Re: Help asb. met raad oor pos/invoer van VSA.

Posted: Wed Aug 15, 2012 12:33 am
by Vlakvark
Kyk van af
http://www.sinclairintl.com/aspx/general/sitemap.aspx

Ek het nog net puik diens hier gekry

Re: Help asb. met raad oor pos/invoer van VSA.

Posted: Wed Aug 15, 2012 8:35 am
by Pumba30-06
Baie dankie Vlakvark.
Ek sal in die vervolg by hulle kyk en gebruik maak.
Oor die algemeen ondersteun ek die plaaslike ouens maar as ek nie kan kry wat ek kort nie dan moet n mens n plan maak of as jy baie kan spaar deur dit anderkant te koop.
Groete
Jurgens

Re: Help asb. met raad oor pos/invoer van VSA.

Posted: Wed Aug 15, 2012 1:29 pm
by RUPERT
Pumba30-06 wrote: FHM
Baie dankie vir die terug kom. Ek sal die manne n PM stuur en hoor. As mens meer moet betaal vir die veiligheid en sekeriteit dan betaal mens maar die ekstra geld.

Rupert
Die plek pos nie internasionaal nie, slegs in die VSA. Dis hoekom ek dit eers na n maat van my stuur. By watter plekke koop jy in die UK?
Dit is vir my hengel goed .Die plek se naam is Tacklebox

Re: Help asb. met raad oor pos/invoer van VSA.

Posted: Thu Aug 16, 2012 8:14 am
by Pumba30-06
Dankie Rupert
Ek is baie lus om my spesie gery bietjie op te gradeer. Ek sal bietjie by hulle gaan loer en solank spaar.