Mauser Aksies

Post Reply
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Mauser Aksies

Post by Francois Marais »

Fox Driver
1980 Musgrave.......
Baie goeie aksie vir n 243........ ;) ;)

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Mauser Aksies

Post by DSBW »

Cois

Bly om bietjie reaksie te kry uit jou uit! Dankie vir die nice foto's van julle trip, lyk of dit uit en uit die moeite werd was.

Ek wil jou sommer vra, jy ken mos die Mauser aksies goed. My .308 is 'n Musgrave wat in 1982 gekoop is, hy het een van die variante van die Mauser aksie op, maar ek het geen idee watter een nie. Ek weet hulle het vir 'n tyd met die Santa Barbera aksie uitgekom, toe weer verander. Jy kan nie dalk help nie?

Tx

Dawie
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Mauser Aksies

Post by Francois Marais »

Dawie

Laat weet bietjie meet oor daai 6*47 Lapua, watse aksie en loop twist??

As jy n fototjie kan plaas v/d aksie sal ek beter kan help, weet Musgrave het in daai tyd hul eie aksies ook gemaak, n Mod 80, 83 en ek dink n 85, ma nie te seker oor die laaste een nie.

Hulle (Musgrave) het ook n goedkoper model op die mark gehad wat op die standaard K98 gebou was, en dan sover ek weet ook die een wat jy van praat, die een op n Santa Babera aksie, basies n Mauser K98 copy, hy het egter gekom met n verstelbare sneller, amper soos n Timney, en met n "safety" op die regterkant net agter die bolt handle.

As dit een van die Musgrave aksies is sal daar regoor die magasynkas, aan die linkerkant, net bokant die hout, Model 80, of watookal staan (gegrafeer)

Bekyk hom ma en laat weet, of sit vi ons n fototjie op, of mail vi my een.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Mauser Aksies

Post by DSBW »

Francois

Die 6x47 het 'n 30" Border loop op, 1in 8 twist, RSA skyfskiet aksie met Jewell sneller

Die .308 is dan 'n Santa Barbera, myne het die verstelbare sneller en die "safety" regs net agter die "bolt" Hoe goed is die aksies in jou mening?

Dawie
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Mauser Aksies

Post by Francois Marais »

Dawie

BAIE goed, dis nou nie n 700Rem nie, bietjie rattlerig, maar niks met sy akuraatheid verkeerd nie, en natuurlik van die STERKSTE aksies wat jy kan kry.......clone van die Mauser 98.

Het my 243 stukkend geskiet, Santa Barbera aksie, weet nie wat gebeur het nie, dink dis kruit wat in die gooi tregter se nek vasgesit het, en met die skuif in die nuwe dop geval het, toe sit en die gewone lading net bo-op, sal vi jou n foto opsit van hoe hy gelyk het. Ek het nuwe bolt stop, extractor, magasyn kas en plaat, kolf opgsit en hom verder geskiet.

Kry nie nou vinnig die foto nie, sal op die huis PC gaan krap, en hom vi jou opsit.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Mauser Aksies

Post by Francois Marais »

Dawie

Het n nuwe Topic gemaak, los maar die 308 manne, hulle gaan nog n tydjie besig wees.

Soos belowe, n paar fotos, Santa Babera 243 Win, het net alles wat stukkend was replace, en skiet hom vandag nog, sy loop is nou kla, maar nuwe een is oppad, het egter vandag vi my n Mod 700 Remington, 243 Win, swaarloop met sintetiese kolf uitgesit, N$ 10500.00, dink hulle het n fout gemaak.

Image
Image
Image
Image
Image

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Mauser Aksies

Post by DSBW »

Francois

Die werklike goeie uit hierdie storie is dat jy niks oorgekom het nie! Maar, terug na die aksie, ja, myne lyk net so, dan weet ek ten minste dis 'n goeie aksie. Ek is maar 'n Remington man, ek het 'n Magnum aksie wat ek laat "blue print" het met 'n Sako "extractor", dit moet een van die akkuraatste aksies wees wat ek nog mee geskiet het, alhoewel hy in standaard vorm in elk geval ook baie akkuraat was.

Ek is nuuskierig oor wat fout gegaan het met die geweer? Jy s? jy is nie seker nie? dink jy 'n dubbele lading kon soveel skade aanrig? Jy sou tog met die "seating" gevoel het daars fout? Ek weet nie, ek vra maar bloot uit nuuskierigheid?

Groete

Dawie
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Mauser Aksies

Post by Francois Marais »

Dawie

Ek weet regtig nie wat fout gegaan het nie, maar my beste raaiskoot..........

Ek het op daardie stadium nog met n tregtertjie en die skaal se bakkie gewerk, die rooi LEE tregters. Ek het n paar keer agtergekom dat daar kruit in die langerige tuit gedeelte van die tregter agterbly, en as jy besig is om die tregter te skuif, na die volgende dop toe, dan mors daar kruit. Ek reken daar moes kruit agter gebly het in die tregter se tuit, en met die neersit op die volgende doppie het dit losgekom en in die dop geval. Ek sit my punte in soos ek kruit gooi, en kyk nie altyd na die kruit level in die dop nie.

Dis al verklaring wat ek daarvoor het, ek gebruik nou een van Lyman se pannetjies met die tuit aan, en gooi van die skaal af, direk in die dop.

Daar was n paar koper stukkies in my wange, maar omdat ek bril dra, gelukkig niks in my oe nie. Moet jou byse, om net n ander roer te vat en aan te hou oes, was glad nie so maklik nie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Mauser Aksies

Post by Hein M. »

Hier is so 'n bietjie info oor Musgrave gewere


Musgrave rifles have their roots in target shooting and were designed and built for full bore target shooters, in an era where surplus war rifles such as the Lee-Enfield, Lee-Metford, P14 and others dominated on shooting ranges. The accuracy and performance of these rifles made them very popular and formed a great platform for the excellent Musgrave hunting rifles which followed. Due to the fact that Musgrave?s were manufactured in the RSA, were reliable, accurate and priced very competitively, many Musgraves are still carried by those roaming Southern African hunting areas. Lyttleton RSA actions are regularly encountered on shooting ranges.
Ben Musgrave & Sons was one of only a few commercial arms manufacturers in the period 1950 ? 1989 in South Africa that could manufacture a firearm from scratch with parts manufactured within the boundaries of South Africa. In July 1970 the first ever self developed hunting rifle in South Africa was handed over to then Prime Minister B.J. Vorster. These firearms played an important role in both the sport world of shooting as well as hunting African game. Musgrave rifle are still very popular in South Africa amongst hunters the top 4 type of rifles used for hunting are the same for 2007 and 2005,namely: Musgrave (18%), Brno (13%), Sako (12%), and Mauser (7%) (van der Merwe, et.al, 2007) Although plentiful, the arms can never be replaced as Musgrave & Sons closed its doors for the last time in 1989. While I don?t collect for investment value, it is clear that one of the primary drives behind collection is to ensure that valuable or significant firearms are preserved and to ensure that the return at the end days of my collection is not less than the amount initially invested. Three models of Musgrave hunting rifles for which the RSA action served as platform were initially manufactured, namely the
"Veld Model"
"Vrystaat Model"
"Presidents Model"
There were various other models to follow. These include but is not limited to the
LP 1000
R- Santa B
Mod 80
Mod 90, Model 90 Light Rifle, Model 90 Varmint, Model 90 De Luxe Rifle
Mini Mod 90
Magnum Rifle
Mod 2000
Ambidex
K98
Custom rifles
Ben Musgrave and Sons developed, built and marketed locally manufactured rifles, including a first barrel with a 4 grooves on an original Enfield barrel which normally only had two and later a barrel with a right hand twist compared to all other manufactures with a left hand twist. In 1968 the brothers Trevor and Ben (jnr) developed a bolt action on the world renowned Mauser action which enabled them to produce a 100% locally manufactured rifle. The single shot Musgrave RSA action (sometimes marked "Lyttleton RSA") that serves as the platform for these rifles are based on Mauser's design, with positive (claw) extractor. The actions have a large flat bedding area underneath and a short case extraction port which contribute to its stiffness. The original Musgrave target rifles were fitted with 26.5" barrels and designated "7, 62" (.308 Win or 7,62X51). Initially barrels from Ferlach (Austria) were used and the top parts of the barrels on these rifles were covered (encased) by the stock, while Parker Hale 1/4 MOA rear sights were installed. Later models were stocked with significant bulkier fore ends to allow for an open barrel with effective cooling while it still reduced potential fliers due to contact between the free floated barrel and the shooter's fingers. Accurate Musgrave manufactured cut rifled barrels (parallel nox) usually matched with these stocks and M&S 1/2 MOA rear sights were used. Musgrave barrels manufactured later on were all button rifled and Musgrave triggers were designed to work reliably to around a minimum of 2 pounds of pressure. The completed RSA action are sometimes found with various bolt stop configurations and is extremely hard - it will damage machining tools carelessly applied. The abundance of Musgrave firearms in South Africa demonstrates the huge number of Musgrave that were originally produced in this country.
Musgrave rifles are still found from the Bisley range to the hunting areas of the Limpopo valley and the Western Cape Karoo areas. Originally designed from the German Mauser action to converting the barrel twist, the Musgrave family succeeded to build rifles that could compare with the best American and European built rifles. They are as much part of science and history as any other invention that is in common usage in South Africa today.

The only Musgrave rifles built on controlled feed actions were those built on surplus K98 actions, the older Lyttelton and RSA actions and a small number of Santa Barbara actions. The Santa Barbara actions were cast copies of the forged steel K98 actions. All actions made by the Musgrave factory itself (80,83,90) were push feeds.

The serial numbers of the rifles built on surplus K98 actions usually have 98 in the number somewhere and S98 denotes a standard style stock with no cheeck piece. L98 denotes a light stock and 22 inch barrel. The 98 light rifles were very pretty in their styling, similar to the old Lyttelton Musgrave rifles, while the Standard and De Luxe models were styled by a bunny hugger.

Het dit nie self nagevors nie, maar die feite lyk akkuraat.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Mauser Aksies

Post by Francois Marais »

Dawie

Hier is n bietjie info oor daardie Santa aksies......

http://books.google.com.na/books?id=tuV ... le&f=false

Bladsy 34-345.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Mauser Aksies

Post by James Wilson »

Francios, n mens kan nie baie te se he deur net na n foto te kyk nie, maar wat by jou gebeur het kan kopspasie wees. het nou net een van die ou MUsgrave manne laat kyk en hy se dit was n probleem met Santa Barbara aksies op SBarbara lope veral in die 243. die aksies was klaarblylik foutloos maar van die lope was problematies. Musgrave het dit agter gekom en dit self herstel.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Mauser Aksies

Post by Hein M. »

Jagbehep,

Jy het nie dalk kontakbesonderhede vir van daardie ouens nie.  Wil baie graag meer van Musgrave-gewere weet.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Mauser Aksies

Post by James Wilson »

hein, jy sal maar vir my moet vrae dan vra ek hom maar weer. hy is vandag n MD van n nasionale mpy en as ek sy nommer uitgee hy my verseker, hy is nogal groot ook. maar hy is darrem my swaer. ek het hom  al so ver na jare se gesmeek dat hy begin het om n geskiedenis van Musgrave te skryf. hy het begin as n passer en draaier en het hom opgewerk tot die hoof van verkope en bemarkin plaaslik sowel as internationaal. ek nooi hom so 1 keer n jaar en dan kom my jag pelle ook en dan peper hulle hom met die vrae.

jy kan my maar vra, jy sal gou genoeg sien as ek strQnt praat. jy sal sien die man onthou die kleinste detail van musgrave, hy hey ook destyds gereeld in Magnum verskyn as Musgrave se skakel persoon. het nou nog n artikel waar Gregor Woods met hom n onderhoud voer.

in sy begin dae by Musgrave was hy altyd Oom Ben Musgrave se kok op jagtogte. die stories wat hy vertel laat jou tone krul.

n.s hein kyk wat het ek hier  gese  oor Musgrave, ook iets wat ek by hom geleer het.
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... 801#p40801
Last edited by James Wilson on Mon Nov 29, 2010 11:13 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Mauser Aksies

Post by Francois Marais »

Jagbehep
maar wat by jou gebeur het kan kopspasie wees. het nou net een van die ou MUsgrave manne laat kyk en hy se dit was n probleem met Santa Barbara aksies op SBarbara lope veral in die 243.
Dankie vir die reply, maar myne is/was n TREVELO loop wat by KLK op Upington vir my ingsit was, en het reeds so n 2000 skote op daardie tydstip geskiet sonder probleme.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Mauser Aksies

Post by James Wilson »

stem saam, jy het n ander probleem
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply