Metode Nr 2 - Slagysters

User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Metode Nr 2 - Slagysters

Post by jaracal »

Hoe moet die toerusting daar uitsien?
Hoe moet dit gereguleer word?
Is daar plek vir die metode?
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by Kruger »

Afgesien van al die stof wat opgeskop word rondom slagysters is dit steeds een van die koste doeltreffendste metodes en absoluut noodsaaklik. Ek sal slagysters sonder tande met 'n gaping tussen die kake sonder enige morele skuldgevoel gebruik en aanbeveel. Ek gee op oor die regulasie gedeelte, s? jy maar. Weereens is opleiding van groot belang en mynsinsiens van groter waarde as regulering en al daai moeilike woorde. Lei iemand op en los hom dat hy sy vee kan beskerm.
Winners never quit - Quitters never win.
baasjan

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by baasjan »

Slagysters het beslis sy plek. Ek het 'n buurman wat 'n spesialis met die yster is. Hy het die afgelope 2-3 jaar nog geen bokkie of haas gevang nie net jakkalse. Hierdie man loop spoor vir kilometers voor hy stel en het sy metodes tot 'n absolute kuns ontwikkel en stel net as jakkals vang.
Hy s?re vir die skelm jakkalse.

Dus JA  vir slagyster.

Basjan
Langbroek

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by Langbroek »

Slagysters kan in die hand van 'n verantwoordelike persoon ten volle selektief wees. 'n Absolute vereiste vir die skelm jakkals.
Moet gereeld nagegaan word.
Ja-jagter
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Thu Jan 22, 2009 8:38 pm

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by Ja-jagter »

Natuurbewaring in die Noord-Kaap het nou 'n groen slagyster bekend gestel. Die yster werk op so 'n basis dat dit nie die dier voet breek of beskadig nie.  So as daar miskien 'n bokkie of enigiets ongewens gevang is, kan dit sonder enige skade vrygelaat word. As jy jou hand in die yster druk is die greep sterk en die skade beperk.Natuurbewaring het toe 'n paar ysters aan 'n paar boere gegee om te gebruik. Nou het die een boer 'n vraag.  Hoe haal jy 'n grou-kat uit die yster uit?  Moes hom maar later vankant maak om by die yster uit te kom.

Ja-jagter
Langbroek

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by Langbroek »

Ja jagter
Sal graag van die ysters wil h?, want my plaaswerkers moet als wat hul vang, anders dan jakkalse uithaal, en los.
HULLE HET VERLEDE WEEK 'N MAANHAAR GEVANG EN TOE GELOS -- VOET HET NOGAL SEERGEKRY. OM UIT TE HAAL GOOI HULLE 'N STUK HESSIAN OOR EN DRUK DAN VAS EN HAAL UIT.
Probeer dit veral as die yster klaar aan 'n bos vasgedraai het.
tafjak

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by tafjak »

Slagysters in 'n uiters bekwame jagter se hande kan soveel as 95% selektief wees en in sekere gevalle 100%. Ek kan nie slagysters sien as gevoelloos en wreed nie en kan nie uit die beheermetode se arsenaal gehaal word nie.

Taffie
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by johan »

Slagysters kom van voor my Grootjie se tyd af,en sal nog in gebruik wees met my agter kleinkinders se agter kleinkinders.
Slagysters is onlosmaakbare gereedskap van n karooplaas.Ons kan nie bestaan sonder n windpomp,n draadheining en vangtoerusting nie.Diegene wat ysters probeer verban se kinders sal sojamince eet.

johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
Ja-jagter
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Thu Jan 22, 2009 8:38 pm

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by Ja-jagter »

Langbroek

Dankie vir jou raad, sal dit beslis aan die boer oordra. Die ysters is beskikbaar by Agri-Namakwaland. As jy hulp nodig het kan jy jou besonderhede vir my stuur dan kan ek jou help. Parkeraad wil he dat die ysters versprei moet word.

Ja-jagter
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by jaracal »

Langbroek/ja-jagter
Ter inligting, "padded" slagysters is al vir jare beskikbaar in USA. Die probleem met hulle is dat dit rubber aan die binnekant van die kake het en gewoonlik vinnig uitgeruik word deur jakkalse. 'n veranderde slagyster dien dieselfde doel. Dit gaan meer oor die gewig van die slagyster. Indien die slagyster te groot en te swaar is breek die kleinerige diere gewoonlik hulle bene met die gestoei of dit ge-"pad" is of nie.
Vriende van my in die VSA is nie baie beindruk deur die slagyster nie. Daar was ook nou 'n artikel in die Farmers Weekly oor die slagysters gewees.

Groete
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
baasjan

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by baasjan »

Ja Jagter
Hoe vang mens 'n jagluiperd. Gryp hom aan sy stert dan rem hy weg en is jy in beheer.
Alle kleiner diere het dieselfde reaksie. As die slagyster aan die agtervoet is, sal hy wegrem as die slagyster getrek word en kan jy maklik 'n sak of iets dergeliks oorgooi om die nodige te doen, As dit aan die voorvoet is trek hy weg met sy skerpkant na jou en dan moet jy versigtig wees. As die sak eers oor is is dit redelik maklik. Tog net nie 'n plastiese sak nie --- goiing ask -- soos die outydse wolsakke oopgesny.
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by johan »

Basjan
Dis darem nie heeltemal so eenvoudig as wat jy voorgee nie,n Maanhaar byt jou nou dat die bloed loop.
Ja als rem weg tot jy na genoeg kom en dan baklei hulle,ek werk met twee sakke en n mikstok.
Gooi die dier toe met twee sakke,en druk hom met mikstok op die grond vas,in die gewoel sal een sak los wees om nou oor die gesig te gooi en dan die yster oop te maak.Daai ekstra sak gee hulle iets om aan te byt.
Ek wil jou graag sien hang aan n tierkat se stert,jou "bas" gaan af wees.

johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
baasjan

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by baasjan »

Johan
Ek het nog nie 'n tierbos gevang nie maar wel jagluiperd. jaag hom moeg vat sy stert en laai hom. Nou nie heeltemal so maklik maar dit is die prinsiep. As jy nie versigtig is nie sal jy beslis seerkry.
Die maanhaar byt dat dit bars maar om hom uit te haal is nogal nie so moeilik --- sorg net dat die yster vas is en sy beweging beperk is.
Die mikstok is briljante idee om gevaar vir besering te verminder. dankie. Van my bure gebruik 'n stok met tou aan die punt wat kan styftrek.
baasjan

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by baasjan »

Stok met tou getoets. Werk goed. redelike beheer.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by JACQUES BOTHA »

crocodile dundee het die stok en tou ding  gebruik...amerikaans lasso sal ook goed werk , jy kan hom sommer so in die hol  vang...
Die probleemdier wat ons in hokke vang ...waar kan ons dit hervestig  Ek dink nie ons moet hulle doodmaak nie, hoe voel julle?
bloed in n vanghok is mos in elk geval taboe....
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by Caller »

Jacques

Nee man, wat wil jy nou weer maak? Een maal 'n probleemdier, altyd 'n probleemdier. Jy mag in elkgeval nie diere vervoer en vrylaat sonder pampiere nie. Ek watch jou!!! >:(

Bloed in 'n vanghok pla nie predatore nie, om die waarheid te s?, dit lok hulle juis. As jy plantvreters wil vang, dan moet die hok nie bloed in h? nie.

caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
projag

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by projag »

Ek los wragtag nie 'n jakkals wat my skaap vang nie, nie eens by my vyand nie.
Ek dink die gesprek van metodes van goed uithaal het betrekking op aardwolwe, bakore ens. ens.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by JACQUES BOTHA »

Caller
voorstel, skiet jou rooikat in daai vanghok dood...  stel hom weer .........
en laat weet my  tog weer...maar ek is al baie verkeerd bewys...
nog n keer maak my net slimmer en meer ervare...
 
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by Caller »

Jacques

Dit is juis wat ons aanbeveel, wanneer jy 'n kat gevang het. Jy skiet hom juis in die hok dood, sodat hy urineer/ontlas en bloei, en dan is jou kanse goed om nog 'n kat in daardie selfde hok te vang (as hy 'n maat/ouer/kleintjie het).

Met hierdie metode het oranjejag gere?ld meer as een kat in 'n hok gevang. Die beste wat ons van weet, was vyf (5) katte in vier nagte, met net een vanghok en op presies dieselfde plek(sonder om hok te skuif).

My ondervinding dui ook daarop dat di? tegniek werk soos onder andere in 2007 op Helderhoek, Reddersburg. Ek dink jy ken daai plaas. Twee katte (ma en jonge) in twee nagte agtereenvolgens in dieselfde hok op die selfde plek.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
projag

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by projag »

Nee man
Jy roei nou die goed uit ;D
Groenes julle moet bietjie hier lees. ???
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by JACQUES BOTHA »

projag Caller
Daar is n verskil tussen bilting in die slaghuis koop en in die spens bere en uithaal as jy lus is en
Om jou eie springbok te jag  self biltoong te maak en dan te geniet..
In die spens is plek waar vorraad ophoop. Daar buite is die plek waar jy moet kos soek en in die hande kry..
Ok ek glo jou ---Elke ou soen sy meisie op sy manier....Die kat wat i  diehok gevang word, pp in elk geval en ontlas meeste van die tyd,,Ek verkies egetr om nie die bloed in die hok te kry nie.. En ook om een of twee ander redes......Ma ek berus by jou siening dat julle dit so aanbeveel.....
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by jaracal »

Slagyster
Daar word tans 'n groot bohaai opgeskop teen die gebruik van slagysters. Die apparaat is al so oud soos die berge maar is dit in die laaste tyd baie aangepas om doeltreffend te funksioneer. Die slagyster is baie effektief om enige probleemdier te jag en is veral effektief op die rooijakkals en rooikat. Dit is my beskeie mening dat met die verskeidenheid van ons kleinwild, slagysters met oorleg hanteer en met versigtigheid gestel moet word. In die VSA en veral in die state soos Wyoming waar met skaap geboer word is slagysters 'n aanvaarbare manier van beheer.

Dit is verder my siening dat die slagyster as volg verander moet word:
1.Die slagyster kake moet gelamineer word. Deur 'n ronde yster bo-op of onder die kake vas te sweis word die houvas oppervlakte vergroot en voorkom dit ook beenbreuke.
2.Die gaping tussen die kake moet 'n minimum van 5-6mm wees om verder te voorkom dat beenbreuke plaasvind.
3.Die trapplaat se gewig moet verstelbaar wees om nie kleiner diere te vang nie wat maklik hulle bene kan breek in die stoei om los te kom.
4.Die ketting moet 'n maksimum van 600mm wees indien 'n pen of anker gebruik word en 'n veer moet bygevoeg word om te keer dat die jakkals nie teen iets solied ruk en veg nie. Dit is meer elasties en voorkom ook beenbreuke. Verder moet daar ten minste twee draaiskakels wees, een teen die pen en een teen die slagyster wat sal voorkom dat die ketting opdraai en die jakkals of ander dier hom daardeur beskadig.
5.Sleep-ysters: Dit is my beskeie mening dat te veel diere met sleep-ysters wegkom en die tyd gespandeer om die diere te soek veral na re?n nie wenslik is nie. Penne en ankers kan in die meeste, indien nie 100%, van die gevalle gebruik word. Die slagyster en dier word gevind daar waar die slagyster gestel is.

Slagysters moet daagliks nagegaan word en slagysters mag nie onder drade of in paadjies gestel word nie. Dit is onselektief. Deur die stel van slagysters onder drade en in paadjies te verbied en die persone wat dit gebruik op te lei en wys dat dit beter en meer effektief is om met aas langs paadjies en deurkruip plekke te stel sal die meeste ongewensde vangste uitgeskakel word. Deur van aas gebruik te maak kan nie-teiken diere tot 85% vermy word. Deur van die dier se mis en urine te gebruik kan die slagyster tot 95% spesie spesifiek gestel word.

Slagysters is een van die min metodes wat deur ons opkomende boere gebruik sal kan word aangesien die ander metodes baie duur is. Om die metode te verban sal nie die gewenste uitwerking h? nie en kan dit nog steeds onwettig gebruik word aangesien dit nie gemonitor sal kan word nie.  Dit is 'n beproefde metode en onontbeerlik in die stryd teen probleemdiere. Dit is nie die slagyster wat nie teiken spesifiek is nie maar die persoon stel die slagyster teiken spesifiek of nie.

Opleiding en opvoeding is van groot belang en moet die grondeienaars/gebruikers hulle verantwoordelikheid opneem en sorg dra dat die metode korrek gebruik word. Dit is onaanvaarbaar dat die boer dit aan werkers oorlaat sonder die nodige opleiding en kontrole. Deur opvoeding, opleiding, die gebruik van die korrekte toerusting en lok-aas kan slagysters een van die mees spesie spesifieke metodes en effektiefste metodes van beheer wees.
Die skrywer het data beskikbaar waar lok-aas getoets is vir effektiwiteit en selektiwiteit asook die aanwending daarvan.

Groete

Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by Caller »

Hein

Jy het dit dalk so bedoel. ???

Ek wil net die sakie bietjie duideliker maak.

By gifskieters gebruik ons LOKAAS (jy kan nie by gifskieters, lokmiddel gebruik nie), en daarom is gifskieters nie baie selektief nie.

Wanneer ons LOKMIDDEL (jakkie uriene/ontlasting) by slagysters gebruik verkry ons die beste en selektiefste resultate.

Onderskei dus tussen LOKMIDDEL en LOKAAS.

Moet dus NIE LOKAAS by die stel van slagysters gebruik nie.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by jaracal »

Caller
Ek het juis lokmiddel en aas ingesluit. Deur die spasie?ring van die slagyster en die stel van die trapplaat sal die meeste kleiner diere uitgeskakel word maar is die maanhaar en ystervark nog 'n probleem. Deur urine en mis te gebruik, skakel jy hulle nog verder uit maar is dit ook nie 100% nie. Dit is hoekom ek 85% en 95% gebruik het in selektiwiteit.

Groete

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
tafjak

Re: Metode Nr 2 - Slagysters

Post by tafjak »

Hein

Die nagaan van ysters elke dag is die groot triek. Steenbokke, ystervarke ens kan dan uitgehaal word sonder enige skade. As die ysters, soos jy voorstel met die gaping tussen kake en die elastiese-, draaiskakels en die anker verander/verbeter word sal die teikengerigtheid/selektiwiteit soveel meer wees. Ek reken nader aan 97% sou ek dink.

Ek is 'n groot voorstaander van slagysters en verstaan die nut en gebruik daarvan.

Taffie
Post Reply