Hier is ook 'n verslag oor dit op British Blades:
[url=http://"http://www.britishblades.com/forums/showthread.php?151046-Smokepole-Ranger-Review"]http://www.britishblades.com/forums/sho ... ger-Review[/url]
Dit was van die begin af die beplanning om hierdie messe in 'n verskeidenheid van opsies en groottes aan te bied ? spesifiek 'n kleiner weergawe wat gemakliker in die sak gedrra kan word vir elke dag gebruik.
Hou asseblief in gedagte dat die mes hier in die fotos 'n proto-tipe is en dat ek alreeds 'n paar klein veranderinge en alternatiewe opsies aangeteken het wat op produksiemodelle gedoen sal word. Ons sal aan die einde van hierdie stuk daarby kom.
Ontwerp kriteria:
- 'n werklike werksmes (Working Knife = WK in die naam) maar effens kliener as die groot 90
- die ontwerp moet maklik gebou kan word as frame/liner lock, Friction Folder en ook slipjoint vir wetlike doeleindes in Brittanje
- met die bogenoemde in gedagte is die lem beperk tot 75mm/3?
- die lem ontwerp moet van so aard wees dat dit goed sal werk met ?hollow?, konveks of plat slypvlakke sodat kliente die opsie kan kies wat hul behoefte die beste pas - handvatsel ontwerp moet van so aard wees dat dit gemaklik sal hanteer met beide handskoene aan en kaal hand ? gemaklik in enige greep en sonder enige skerp hoeke om die hande te beseer
Hierdie spesifieke model, die WK 75:
- Die lem is effens dunner op 3.25mm, om by die kleiner profiel te pas en dit is vlekvrye staal (die 90 is O1).
- Die 90 is aanvanklik ontwerp as 'n ?custom? ontwerp en kombineer beide 'n liner lock en Friction Folder ? en die 75 kan in dieselfde konfigurasie gedoen word, maar hierdie spesifieke een is 'n liner/frame lock ? of eintlik amper!
- Ek wou die voordele van die FF in die ontwerp inbou, sonder die lastige stertjie want die een kan in die sak gedra word
- Om dit reg te kry is daar heelwat area voor die spilpunt, om toe te laat vir 'n langerige ?tang? stertjie sonder dat die te ver by die mes se hef verbysteek as die mes toe is. Ek wou die stertjie h? omdat dit draai en wring kragte op die hef oordra eerder as die spil as.
- Die effense stertjie wat uitsteek werk lekker vir een hand oop maak van die mes
- na 'n gesprek met 'n mes kenner vriend het ek besluit om die punt van die lem bietjie laer te maak en sodoende meer doelig.
- Ek het 'n ?hollow grind? op die lem gesit, aangesien dit een van die opsies beskikbaar is en dit is waarskynlik vir die meeste gebruikers die beter opsie aangesien dit meer veeldoelig is vir algemene gebruik
Ontwerp fase:
Ek het die onderste een van die ontwerpe gekies, met die effens laer punt op die lem:

Uit teken van die ontwerp en patrone. Ek het 'n vinnige skets gemaak van hoe die mes sou luk as dit toe is en ek hou daarvan ? eenvoudig, lekker lae profiel en sal selfs as dit toe is lekker in die hand pas:

Rofweg uitgesny:

Nader aan profiel, spil en agterste gat vir die slot geboor:

In die volgende fotos word die mes gewys met die aanvanlike ?grind? en aanvanklike paswerk ? later is hitte behandeling gedoen en finale ?grind? asook meer detail paswerk. Mens kan sien dat in die eerste fotos daar geen ?lanyard? gat is nie maar later wel, soos ek vordering gemaak het.





Sodra ek gelukkig was dat alles pas het ek die kort snit op die slot gedoen.
Op hierdie slot het ek besluit op 'n ander benadering as op die 90:
- Op die 90 is die slot suiwer brass, wat ek glo baie jare se goeie diens sal gee, soos bewys deur Camillus, Camco, Imperial, GEC en andere met hulle brass slotte ? dit is sagter as staal maar glad en bied ho? weerstand teen slytasie Verder word die slot bygestaan duer die langer ?tang? van die
?Friction Folder? wat baie druk van die slot af neem.
- Op die spesifieke WK 75 is daar nie 'n vol grootte ?tang? nie, so die slot sal baie meer van die druk absorbeer. Ek het ook opgelees oor probleme wat baie gebruikers ondervind met veral Ti linerlocks ? slytasie wat sogenaamde ?lockrock? veroorsaak en ook dat die slot vas slaan. So, op die mes het ek 'n staal insetsel gedoen vir die slot
- Die insetsel is van N690 vlekvrye staal, maar dit is nie verhard nie. My gedagte hier is dat mens verweering en slytasie gaan kry oor tyd, ongeag van die materiale, so mens kan dit net sowel beheer en die slytasie op die slot kry, eerder as die lem. Die inset stuk kan vervang word as dit moet ? en baie makliker as die lem.
- Hou asseblief in gedagte dat alles slegs rof weg aanmekaar gesit was toe die fotos geneem is en nog baie moes afgewerk word.
Die inset stuk:

Hierdie een is vas geklink maar op produksiemodelle sal dit verwyderbaar wees:

Mes oop:

En toe. As enige iets dalk effens uit lyn lyk, hou in gedagte die mes is bloot aanmekaar gedruk en is nog nie vas nie ? en daar is heelwat sylingse druk vanaf die slot:

En klaar:
Soos gesien kan word in die fotos het ek vir die lem 'n ?swedge? of vals snykant op die boonste punt gegee. Dit sal opsioneel wees op produksie modelle.


Ek het so bietjie groefies in die rugkant gesny om te help met een hand oopmaak:


?Swedge? of vals sny kant van voor gesien:

Van bo:

Die lem is met die hand afgewerk tot 600 grein ?satyn? afwerking ? dit sal die standaard op produksie modelle ook wees. Fyner grit afwerkings sal beskikbaar wees as opsionele ekstras.

Daar is geen ?detent ball? in die mes nie, vir verskeie redes:
- Ek het nie enige handig gehad nie.....!
- Ek is nie heeltemal oortuig dit is nodig nie ? eerstens is die spil skroef verstelbaar vir wrywing so die bal speel geen rol in die toe hou van die lem nie, tweedens, die druk vanaf die slot teen die lem in die toe posisie is dieselfde met of sonder die bal, derdens die wrywing van die vol lengte van die slot is groter as die van die bal alleen, wat verseker die lem is stewig in die toe posisie en laastens, as gevolg van die groot area voor die spilpunt is die stuk van die lem wat in kontak is met die slot, en dus ?sirkel merke? kan optel heeltyd binne in die mes en nooit sigbaar nie.
- Na dit alles ? die bal sal wel aangebied word as opsie op produksie modelle!
Veranderinge en opsies op produksie modelle:
- die mes sal beskikbaar wees in O1, 12c27, N690 en of D2 staal
- dit sal beskikbaar wees in 'n veskeiedenheid van handvatsel materiale ? hout, been, G10 ens
- dit sal beskikbaar wees as ?liner/frame lock?. Liner lock FF kombinasie, suiwer FF en dan slipjoint
- Daar mag later 'n ?back lock? model volg
- staal inset stukke sal verwyder/vervangbaar wees
- ?detent? balletjies sal aangebied word as opsie
Enige redelike en haalbare modifikasie wat die klient wil h? sal oorweeg word
Dankie vir die geduld om deur alles te werk en kommentaar is soos altyd welkom!




