30-30 Marlin

Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

30-30 Marlin

Post by Pvdw »

Hi daar almal.

Ek het 'n 30-30 Marlin Lever action. ;D ;D ;D Hy is nog by my pa en ek wag nog vir die lisensie. >:( >:( >:( >:( Het net gewonder wie daarbuite het nog 'n 30-30 sodat ons so 'n bietjie kan gesels oor skiet/ herlaai/ladings/punte en sommer net 30-30.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 30-30 Marlin

Post by 243Songdaug »

M?re Peet.

Ek het nie 'n Marlin nie, maar wel 'n Mod. 94 AE Winchester.

Vra gerus waarmee ek kan help.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 30-30 Marlin

Post by Pvdw »

Dankie Jaco.

Wat skiet jy met die 30-30 en watter punte werk die beste vir jou 150 of 170gr? Ek sien die Amerikaners is sterk op die 150gr punte.  Ek hou ook van hulle maar die 170gr is tog bietjie beter in die bos as daar dalk 'n takkie of so in die pad is.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 30-30 Marlin

Post by 243Songdaug »

Peet.

Ek skiet 125gr Sierra HP's en 150gr Speer FN punte deur my outjie.

Ladings:
Punt                      :  125gr Sierra HP(eintlik vir handwapens bedoel - maar hulle gooi mooi)
Dop                        :  Norma
Aandryfmiddel          :  S335
Lading                    :  32gr
Ontsteker                :  Large Pistol - hulle is nie so hard soos die Large Rifle primers nie

Ladings:
Punt                      :  150gr Speer FP
Dop                        :  Norma
Aandryfmiddel          :  S335
Lading                    :  30gr
Ontsteker                :  Large Pistol - hulle is nie so hard soos die Large Rifle primers nie

Die geweertjie skier 3 skoot clovers - so ek kan nie kla nie - die sneller is net 'n nagmerrie!

Die 150gr punte is vir my die beste want hulle val nie so kwaai soos die 170's nie, maar ek soek my varkie in die kalahari tussen die duine - skote kan soms tot 150m gaan.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 30-30 Marlin

Post by Pvdw »

Hi Jaco.

Het jy die Marlin of die Win??

My Marlin se sneller is baie los en rattel sommer. Ek moet dit nog uitsorteer as dit wel gedoen kan word.

Die 30-30 doen nogal goed met die ligte punte. Ek plink soms met 120gr loodpunte. Dis alte lekker. Laai hulle met 7gr 221 met pisol primers. Spoed is so 1250ft/s. Dis lekker om mee te speel.

Gesels weer.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 30-30 Marlin

Post by 243Songdaug »

Peet.

Ek het 'n Win.
My sneller is baie hard, dink hy trek op 7 pond af!  Ek skiet self 169gn Josyd gegote punte met 'n gascheck oor 30gn S335.  die geweertjie skiet diep lekker en ek is eintlik spyt ek het hom nou vir my swaer geskenk.
Gelukkig sal ek die outjie nog vir so 3 jaar kan geniet - die SAP is mos nie haastig met lisensies nie.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 30-30 Marlin

Post by Christo »

243Songdaug wrote: ek is eintlik spyt ek het hom nou vir my swaer geskenk.
Gelukkig sal ek die outjie nog vir so 3 jaar kan geniet - die SAP is mos nie haastig met lisensies nie.
Wens ek het so 'n swaer gehad. Dit is regtig puik speelgoed daai.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 30-30 Marlin

Post by 243Songdaug »

Peet.

Ek het verlede naweek so bietjie die wapen vir swaergoed gevat om mee te skiet tydens 'n Bosveld tabel skiet op Lime Acres.

My swaer het darem die Zebra teiken met 7 uit sy toegelate 9 skote getref en was opslag oortuig dat ek 'n defekte wapen aan hom geskenk het!! Ek het toe maar die outjie gevat en dieselfde baan deurgedraf.

Ek het nie presies geweet waar die geweer skiet nie en het my eerste skoot laag geskiet('n minus 10!!!) - die res het ek so 'n titseltjie te hoog geskiet maar ek was baie verbaasd gewees om 'n Brons balkie(160 uit 270) te kon skiet en dit met winkel ammo!!!

Het weer die afgelope naweek die 30-30 saamgevat vir die BIGSHOOT - ook op Lime Acres.  Met die instel was ek met my 2de skoot op die X.  Ek het sommer net vir die lekker so in die staan uit die skouer na 'n coke blikkie geskiet wat teen 'n wal so 65m van my af gel? het - die manne se monde het oopgehang toe ek daai blikkie amper 4m hoog in die lig laat spring het(ja, ek weet die skoot was laag, maar ek dink helle het die nie geweet nie!!!!)

Die geweertjie skiet so lekker dat ek nou amper spyt is dat ek hom weggegee het.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 30-30 Marlin

Post by Pvdw »

Hi Jaco.

My 30-30 is 17 Des. goedgekeur en ek wag nou vir die lisensie kaart.

Kan nie wag nie. ;D ;D ;D

Jou swaer al reg gekom met sy lisensie of speel jy nog met die Win??

My 303 is ook goed gekeur. Lyk my ons neig so na dieselfde kalibers, 30-30 en 303 ;) ;)

Dankie vir die raad ivm my 303 projek.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 30-30 Marlin

Post by 243Songdaug »

Ou Peet ek is sommer baie bly vir jou oor die 30-30 se lisensie man!  Nou begin die pret.

Gelukkig het die swaer nog nie reggekom nie, so ek geniet nog tot tyd en wyl die leveraction.

Plesiertjie vir die raad op die 303.

Mooi aand.
Jaco
Dont tell me, show me......
Post Reply