Page 1 of 1
wippet jack russle kruis?
Posted: Wed Aug 01, 2012 3:28 pm
by cassie_calvinia
ken van julle die honde? het van julle sulke honde? ek soek kleintjies asb!
Re: wippet jack russle kruis?
Posted: Wed Aug 01, 2012 3:29 pm
by BLOK
Voeltjie hond met houding klink vir my. Wonder hoe sal hy lyk.
Re: wippet jack russle kruis?
Posted: Wed Aug 01, 2012 3:51 pm
by Dawid
Miniatuur windhond met die hart van n leeu..
Self opsoek na so n steekbaard, wired hair,jack russel kruising ding........sommer net n brak, die opregte goed hou nie.
Re: wippet jack russle kruis?
Posted: Wed Aug 01, 2012 3:59 pm
by cassie_calvinia
hul noem dit die Lurcher breed.
ek kry nie teler in SA nie.
my vriend het 1, maar hy teel nie meer.
Re: wippet jack russle kruis?
Posted: Wed Aug 01, 2012 4:00 pm
by Zack Benade
Blok
Voeltjie hond met houding klink vir my. Wonder hoe sal hy lyk.
Laat ek dit anders verduidelik.
Dis so klein soos 'n .204 en 6Br maar is so kwaai soos 'n 700NE.
DIe hart van 'n leeu
Re: wippet jack russle kruis?
Posted: Sat Aug 04, 2012 12:09 pm
by Dawid
Cassie ek`t daai "Lurcher breed" van jou bietjie ge Google en daai brakke lyk ook maar nes die Specials wat n man by die SPCA kry

Sien dis oorwegend Whippet
Ek gaan sommer daar by Welkom se SPCA vir my n "brak" kry en hy moet so lelik wees soos die duiwel homself en hom sommer n oulike naampie gee........iets soos.....wag ek werk daaraan
Hier gaan ons nie regkom nie die manne het net "Pedigree"
Re: wippet jack russle kruis?
Posted: Sat Aug 04, 2012 12:11 pm
by cassie_calvinia

dit lyk my so.
dit is glad nie 'n mooi hond nie! maar dink hy sal mooi loop.
Re: wippet jack russle kruis?
Posted: Wed Oct 31, 2012 7:40 am
by Foxhound
dawid
jy sal verbaas wees, ekt so 10 jaar trug vir my n gsp by bloemfontein se dbv gaan haal want ekt nie kans gesien om klein hondjie groot te mnaak ni, toe ek daar aankom staan daar die lelikste brak onder die son saam hom in die hok
ek betaal toe my donasie en albei is saam my huistoe
die gsp was een van die lekkerste bloedspoor jaghonde wat ek gehad het maar hyt nie n geelslang oorleef nie
die brak se naam was toe maar brakkies, want hy was n opregte hond, sy ma en pa was n hond! hy was ook seker 'n wirehaire x jackrussel gemix met n worshond en staffie kop!!!! maar ou brakkies het vir niks gestop nie, hyt nooit siek geword nie en was altyd by my gewees,bosluise het hy baie gekry en vlooie, dan ek hom maar gedip,
toe brakkies die dag kanker kry en ek hom moes laat uitsit op die ou end was dit n baie hartseer storie, ons hele gesin was in rou vir 2 weke omtrent,haha, mens raak so geheg aan die brakke!!!