Om akkuraat oor skietstokke te kan skiet..

Post Reply
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Om akkuraat oor skietstokke te kan skiet..

Post by Piet Pille »

'n Hartlike middagse uit 'n winderige  Grootfontein!

Ek kort raad ivm die (korrekte) gebruik van skietstokke in die veld. Die goed frustreer my nogal....... in ander woorde- ek skiet maar twyfelagtig met hulle. Ek het eers onlangs begin om van skietstokke gebruik te maak as ek stap en jag, maar moes nou by twee geleenthede agter bokke aanstap wat ek van die stokke af geskiet (kwes) het.

Ek weet die antwoord le grotendeels by oefening met hulle, en ek het alreeds op die skietbaan begin, maar vaar nie veel beter oor hulle as vryhand (uit die vuis) nie. Hulle werk baie goed as ek kan sit met my elmboe op my kniee en my voorste hand wat dan op die een poot stut - dan skiet ek bitter akkuraat, maar hier in die digte bos kry elk selde die kans om te sit/le en skiet.

Ek stel hulle so op dat ek omtrend regop staan as ek oor hulle aanle, maar die agterste elmboog wat "vlieg" voel baie ongemaklik en ek sukkel om die kruis te stabiliseer- wat in beide gevalle veroorsaak het dat ek die skoot gehaas het. Omrede die bos ook ruig is , kan mens dikwels nie jou skoot kies nie, en is slegs 'n klein stukkie van die blad sigbaar, of slegs die nek of kop. En dan is daar gewoonlik nie 'n dik boom met gemaklike mik in die omtrek nie. Ek moet se, die driepoot wat ek gekoop het is opsig self baie gemaklik om vinnig op te stel en staan stelf stewig, maar die aanle bo-oor hom voel ongemaklik.

Moet ek meer gebukkend staan, of is daar miskien 'n truuk met bv. die geweerbelt wat daai agterste elmboog meer kan vashou of wat?

Terloops, as dit dalk van waarde kan wees:
Ek het eenkeer 'n baie waardevolle wenk gekry as daar uit die vuis geskiet moet word-
Moenie probeer om die kruis stil te hou op die kolletjie waar jy wil skiet nie. Begin deur heelwat laag (50cm of so) laer as die teiken area te mik en dan stadig op te tel todat jy by jou teikenarea kom. sodra jy dan op jou plek is, stop en skiet jy onmiddelik. Die stadige beweging is bleikbaar 'n meer gekontroleerde beweging vir jou spiere as om 'n swaar voorwerp (jou geweer) te probeer doodstil hou op een plek, en jy't meer beheer. Werk soos 'n bom vir my, probeer dit gerus bietjie..!
P.S. Miskien moet ek hierdie selfde teorie met die skietstokke ook probeer :-\
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Om akkuraat oor skietstokke te kan skiet..

Post by tripodmvr »

Ek stel my tweepoot op sy langste en druk hom dan voor my in die grond vas. Ek sit my geweer in die mik wat hy bo-op het en beweeg dan voor of agtertoe om die hoogte reg te kry. Ek probeer nie te gebukkend skiet nie. Met jou linkerarm bykans gestrek vorm dit 'n baie stabiele platform. Moet nie te naby aan die stokke staan nie. Vir driepoot gebruik ek bykans dieselfde tegniek.

Het nou weer twee doodskote op beide BWB en rooibok in die bos geskiet. Slegs een patroon vir elk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Om akkuraat oor skietstokke te kan skiet..

Post by BLOK »

Pieter Vorster wrote: Terloops, as dit dalk van waarde kan wees:
Ek het eenkeer 'n baie waardevolle wenk gekry as daar uit die vuis geskiet moet word-
Moenie probeer om die kruis stil te hou op die kolletjie waar jy wil skiet nie. Begin deur heelwat laag (50cm of so) laer as die teiken area te mik en dan stadig op te tel todat jy by jou teikenarea kom. sodra jy dan op jou plek is, stop en skiet jy onmiddelik. Die stadige beweging is bleikbaar 'n meer gekontroleerde beweging vir jou spiere as om 'n swaar voorwerp (jou geweer) te probeer doodstil hou op een plek, en jy't meer beheer. Werk soos 'n bom vir my, probeer dit gerus bietjie..!
P.S. Miskien moet ek hierdie selfde teorie met die skietstokke ook probeer :-\

Ek maak ook maar so, werk vir my, jy moet net die sneller egalig trek en nie as die kruis oor die teiken kol beweeg ruk treg nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Om akkuraat oor skietstokke te kan skiet..

Post by Piet Pille »

tripodmvr wrote: Ek stel my tweepoot op sy langste en druk hom dan voor my in die grond vas. Ek sit my geweer in die mik wat hy bo-op het en beweeg dan voor of agtertoe om die hoogte reg te kry. Ek probeer nie te gebukkend skiet nie. Met jou linkerarm bykans gestrek vorm dit 'n baie stabiele platform. Moet nie te naby aan die stokke staan nie. Vir driepoot gebruik ek bykans dieselfde tegniek.

Het nou weer twee doodskote op beide BWB en rooibok in die bos geskiet. Slegs een patroon vir elk.
Dankie Tripod.
"Met jou linkerarm bykans gestrek vorm dit 'n baie stabiele platform." Dus bedoel hy jou "voorste arm, nie die "sneller arm" nie? (Ek skiet links so moet nou net die prentjie in my kop uitsort en omdraai). As ek jou reg verstaan "le die skietstok skuins terug na jou toe" (maw die voete verder skuins na voor met die mik nader aan jou)? En dan druk jy die stok "meer regopper" namate jy hoer wil skiet? Dit maak sin. Ek sal dit probeer

Dankie
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Om akkuraat oor skietstokke te kan skiet..

Post by tripodmvr »

Jy maak nou dat ek wals stappies hier voor die rekenaar sit en maak. Jy het dit reg gestel. Dit help om jou snellervinger se elmboog parallel aan die grond te maak en so meer positiewe spanning op die opstelling te plaas. Die tweepoot l? dus terug na my en so kan jy 'n druk na vore uitoefen om stabiliteit te kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Om akkuraat oor skietstokke te kan skiet..

Post by Piet Pille »

;D ;D Dankie 3-poot. Ek het nou self paar wenkbroue hier in die apteek laat lig met die besem......
Sal bietjie gaan toests opi skietbaan!
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Om akkuraat oor skietstokke te kan skiet..

Post by Spanner »

Pieter, gebruikjy 'n tweepoot of 'n driepoot ?

Ek het vir jare met 'n tweepoot geskiet, en maar kakkerig uit die staan posisie geskiet.  Die jaar het ek my skietstokke verander deur 'n ekstra kort poot teen die regterkantste poot vas te sit.  Dus is dit nou 'n tweepoot, of 'n baie stabiele driepoot as daai kort been uitgedruk word.  Daai modifikasie maak die wereld se verskil vir my, ek skiet nou aansienlik beter oor die driepoot !  Die stokke kan steeds as tweepoot gebruik word as die spasie beperk is, en die kort poot pla nie in die V-mik nie.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Om akkuraat oor skietstokke te kan skiet..

Post by Piet Pille »

Spanner wrote: Pieter, gebruikjy 'n tweepoot of 'n driepoot ?

Ek het vir jare met 'n tweepoot geskiet, en maar kakkerig uit die staan posisie geskiet.  Die jaar het ek my skietstokke verander deur 'n ekstra kort poot teen die regterkantste poot vas te sit.  Dus is dit nou 'n tweepoot, of 'n baie stabiele driepoot as daai kort been uitgedruk word.  Daai modifikasie maak die wereld se verskil vir my, ek skiet nou aansienlik beter oor die driepoot !  Die stokke kan steeds as tweepoot gebruik word as die spasie beperk is, en die kort poot pla nie in die V-mik nie.
Die eerste keer was oor 'n 2-poot, maar ek het nou intussen vir myself 'n 3-poot gekry. Hy staan baie stewig maar ek het 2 naweke terug drooggemaak oor hom met 'n relatiewe maklike skoot. Die geweer "see-saw" nogal redelik oor die mik van die 3-poot. Die pote self staan egter stabiel genoeg. Dit voel of my agterste elmboog "support" soek. Ek dink miskien n.a.v. wat tripodmvr geskryf het, dat ek meer stabiel sal wees as ek meer "voorwaarste druk" teen die 3-poot kan uitoefen deur meer teen hom as op hom te l?. Ek dink dis dalk waar die probleem is- die geweer l? net los bo-op i.p.v. dat ek effense voorwaartse druk kan uit oefen (soos in die geval van 'n stewige boom waar ek die geweer teen my voorste hand in 'n mik/stam kan vasdruk met my skouer). En om nou vir die recoil te kompenseer trek ek die geweer met my snellerhand teen my skouer i.p.v. om met my skouer "in die kolf in te l?". Dis dalk hoekom dit ongemaklik en onstabiel voel.

deur die voetjies skuins na voor in die grond te sit, kan ek dalk meer teen hom le, sonder om hom om te druk.
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Om akkuraat oor skietstokke te kan skiet..

Post by Piet Breedt »

Ons skiet baie kompetisie oor so n twee poot, en oor redelik lang afstande.

Hier is wat ek maak:

Plaas twee poot dwars voor jou, redelik v?r en staan met jou twee voete parralel met die stok, en 90 grade met die teiken. Met ander woorde, albei jou voete moet reguit na die teiken wys. L? nou half in die stokke in met jou nie skiethand uitgestrek, hou jy die tweepoot vas.

As jy in die gewone staan posisie met jou hakke opgelyn, of effens skuins met die teiken staan, wieg jy te veel van links na regs, en swing jy die heeltyd oor die teiken.

Probeer dit en laat weet hoe dit werk.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Om akkuraat oor skietstokke te kan skiet..

Post by tripodmvr »

Met die gemak van fotos neem deesdae sal dit die beste wees om die skiethouding te demonstreer. Met my potsierlike lyfie is ek nie die beste rolmodel nie. Kom julle hunks en wys hoe dit gedoen moet word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Danie Lombard .243

Re: Om akkuraat oor skietstokke te kan skiet..

Post by Danie Lombard .243 »

Ons lede van SA Jagters skiet al ons skiet komp met twee of drie been skiet stokke.
Die vlakte tabel op die springbok teiken asook die bosveld tabel op die sebra of blouwildebees teiken op provinsiale sowel nasionale skiet komp word met die skiet stokke geskiet met groot sukses vanaf 50 meter tot 300 meter. Pieter, ek stel voor jy kom in kontak met iemand wat lid is van SA jagters wat deelneem aan die tiepe komp dat die persoon vir jou kan wys hoe om met die skiet stokke te skiet. Ek dink nie mens kan in woorde dit verduidelik nie. As iemand jou wys gaan dit jou baie help.

Skiet stokke wat reg gebruik word is 'n groot aanwins vir goeie skoot plasing.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Om akkuraat oor skietstokke te kan skiet..

Post by tripodmvr »

Danie Lombard .243 wrote: Ons lede van SA Jagters skiet al ons skiet komp met twee of drie been skiet stokke.
Die vlakte tabel op die springbok teiken asook die bosveld tabel op die sebra of blouwildebees teiken op provinsiale sowel nasionale skiet komp word met die skiet stokke geskiet met groot sukses vanaf 50 meter tot 300 meter. Pieter, ek stel voor jy kom in kontak met iemand wat lid is van SA jagters wat deelneem aan die tiepe komp dat die persoon vir jou kan wys hoe om met die skiet stokke te skiet. Ek dink nie mens kan in woorde dit verduidelik nie. As iemand jou wys gaan dit jou baie help.

Skiet stokke wat reg gebruik word is 'n groot aanwins vir goeie skoot plasing.
Ek is ook lid van SA Jagters en ook baanbeampte. Die stokke wat nou toegelaat word vir skyfskiet en die' wat mens prakties in die jagveld kan gebruik verskil hemelsbreed. Die tegnieke moet net prakties aangepas word en dan kan mens baie goeie resultste uit 'n 2 poot kry. 'n Vreind van my het minder as 2 duim groepeer op 100m met 'n tweepoot uit die staanposisie. Met oefening kan 'n baie goeie skootplasing verkry word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Om akkuraat oor skietstokke te kan skiet..

Post by Vlakvark »

Kry vir Geno vir 'n foto sessie Hy het goed gelyk met daai ses jakkalse met een skoot foto tot die greenies het hom gelike

http://www.google.com.au/search?q=tripo ... 93&bih=463
Image
Image
Post Reply