Page 1 of 1

Skootplasing eland

Posted: Thu Jul 26, 2012 7:50 am
by Carl
Ietsie vir die pot/biltong spens, die elande wei rustig op 150-170m, dis oop bosveld in die Koster omgewing. Kareebome en lang gras. Bul is R9000 koeie R4500 ;)

Re: Skootplasing eland

Posted: Thu Jul 26, 2012 12:51 pm
by gillie
Sal nie skiet, weet nie wie se kalfie staan daar links agter bos nie, bul te duur... Wil nie kalfie wees los nie  ;D

Re: Skootplasing eland

Posted: Thu Jul 26, 2012 1:00 pm
by BRNO (Pierre)
Linkerkanste bok, reg tussen die oog en die oor.

Re: Skootplasing eland

Posted: Thu Jul 26, 2012 2:28 pm
by Hilux01
Ek is so half onseker of hierdie regtig "groot" koeie is
As ek moet een van die regter kantse twee op die blad

Re: Skootplasing eland

Posted: Fri Jul 27, 2012 7:16 am
by Gawie(13mm)
Gillie, goeie roep my maat.

Re: Skootplasing eland

Posted: Fri Jul 27, 2012 7:24 am
by gillie
7mm wrote: Gillie, goeie roep my maat.
So op daai punt, wanneer sal daai kalfie begin self vreet ?

Re: Skootplasing eland

Posted: Mon Dec 03, 2012 4:54 pm
by Carl
Twee nuwe fotos vir die vakansie. Mooi skiet.

Re: Skootplasing eland

Posted: Mon Dec 03, 2012 5:53 pm
by Gerhard
Carl wrote: Twee nuwe fotos vir die vakansie. Mooi skiet.
Die tweede bul begin mooi raak maar moet nog bietjie gaan voor hy n blou bul word.

Sal wag dat die koei agter hom eers weg stap. Maar soos hy daar kyk lyk dit of hy jou reeds gesien het en die tyd vir skiet nie baie is nie....

Re: Skootplasing eland

Posted: Mon Dec 03, 2012 9:44 pm
by grumpy
Ek weet nie maar prys is bietjie rof!

Re: Skootplasing eland

Posted: Tue Dec 04, 2012 9:58 am
by ROBBIE1
Die koeie se prys is in lyn, maar hulle is bietjie skraal, heel links seker so 190kg, middel 2 sien jy die ribbes, regs ook mooi.  Tweede bul n mooi een, ma prys taai sal ek se, glo nie hy sal 300kg maak nie, dan kos hy R30/kg. Op 150m sal ek vir n kopskoot gaan,  dit is mooi oop, nie takkies ens in die pad nie, behalwe as jy die trofee wil hou. 

Re: Skootplasing eland

Posted: Tue Dec 04, 2012 10:04 am
by Carl
Dis nie regte pryse nie, sommer net 'n grap om die skut te laat fokus;-) Op die stadium jag ons nog nie elande nie - te veel verloor weens ander omstandighede. Draadstrik x2, spring oor draad x2.

Re: Skootplasing eland

Posted: Tue Dec 04, 2012 10:17 am
by BRNO (Pierre)
Daai onderste bul tender darrem vir n 165gr Accu Bond teen 2900ft/sek reg tussen die oe. Die skoot lyk nie te ver nie, en die bul is mooi rustig.

Re: Skootplasing eland

Posted: Tue Dec 04, 2012 10:31 am
by johnny
As die prys sak na so 7000 vir daai tweede bul sal hy tussen die oe moet le.

groetnis

Johnny

Re: Skootplasing eland

Posted: Tue Dec 04, 2012 11:03 am
by Skolla
BRNO .06 (Pierre) wrote: Daai onderste bul tender darrem vir n 165gr Accu Bond teen 2900ft/sek reg tussen die oe. Die skoot lyk nie te ver nie, en die bul is mooi rustig.


As ek daai bul so bekyk,op die tweede foto, lyk hy nie vir my so rustig nie.
Sy nekvel vertel vir my hy het so pas sy kop in die rigting van die kamera geruk en sy o? lyk ook onrustig.
Ek sou reken hy is baie na aan wegspring.Die koei weet ook van iets, net nie in watter rigting nie.
Ek sou gaan vir sy rug, reg tussen sy bladbene,net onder die kambene, indien ek die regte koeels het.
My 2c.