Page 1 of 1

In die botter

Posted: Sun Jul 15, 2012 8:40 pm
by Boesman
Manne, Vrydagmiddag val ek toe pens en pootjies met my gat in die botter. Ons het 'n gemsbok en twee springbokke gaan jag, en as ons dalk 'n koedoe kry vir 'n bonus. Ek het my voorberei vir 'n jong bul of 'n koei. En daar loop ek my vas in die grootste koedoe van my loopbaan. Hy't agter 'n bos weggekruip, en ek kon net die boonste helfte van sy blad en sy kop sien, maar 'n boom se takke wat voor sy gesig was, het my laat twyfel oor 'n kopskoot. Ek het maar die blad gevat. Was so 110 meter, en ek het met die eerste oogopslag gesien dis 'n meneer. Nou-ja, ek is nie eintlik 'n trofeemeter nie, maar toe ons by hom staan, het ek besef hierdie is regtig 'n besonder groot bok. Ek kon die versoeking nie weerstaan nie, en het toe maar gemeet. 55". Pragtige simetriese horings met ivoorpunte. En toe gaan slag ons hom... Kop, vel en pote af. Net die karkas 185kg. Glo nie ek sal dit weer kry nie. Ek het toe maar die gemsbok gelos vir ander dag. En ja, weereens die kamera by die huis vergeet. Sal later vir julle 'n foto van die horings plaas.

Re: In die botter

Posted: Sun Jul 15, 2012 11:18 pm
by quintin
:D veels geluk boesman. dit moet seker n eer wees om so skoot te kan aftrek, ek het self nog ni so voorreg gehad . so wat dai oomblik en bere hom in di groot boek. well done

Re: In die botter

Posted: Mon Jul 16, 2012 12:20 am
by visstok
Baie geluk Boesman! Nes jy se, in die botter geval!!

Groete Alex

Re: In die botter

Posted: Mon Jul 16, 2012 3:31 pm
by Boesman
Dankie manne, alle eer aan die bok en die veld. Nie die jagter nie.

Re: In die botter

Posted: Mon Jul 16, 2012 3:35 pm
by tau
Geluk Boesman. 'n groot gryse val nie sommer net nie.

Re: In die botter

Posted: Mon Jul 16, 2012 3:57 pm
by Eugene
Baie geluk, sal graag daai horings wil sien!

Re: In die botter

Posted: Mon Jul 16, 2012 5:48 pm
by Frederik
Omdat ek amper niks van my fotos het toe ek jonk was nie met die jagte het ek besluit daar is nie 'n manier dat veld toe gaan sonder wapen, ammunissie en kamera nie. Deesdae is dit so maklik met 'n klein digitaal en dit kos niks om van die fotos ontslae te raak nie. Maar dit kos jou baie as jy daardie oomblikke mis.

Maar nou ja dinge gebeur maar so. Miskien kom jy weer in die botter met iets anders en hopelik vir ons almal op die forum het jy 'n kikkie of twee.  ;D

Re: In die botter

Posted: Mon Jul 16, 2012 9:03 pm
by Marc
Baie geluk, jammerte oor die kamera  :'( Dit was voorwaar 'n lekker bonus  8)
Mooiloop
Marc

Re: In die botter

Posted: Tue Jul 17, 2012 8:35 pm
by theedge
Geluk maat

Re: In die botter

Posted: Fri Jul 27, 2012 8:56 pm
by Boesman
My plan was beslis om die kamera saam te neem. Ek neem nie foto's nie, maar memories. Eintlik het ek baie min jagfoto's, omdat ek nie erg daaraan het nie. Onthou is vir my soveel lekkerder. Maar hier's 'n foto van die horings.

[img width=560 height=420]http://i1199.photobucket.com/albums/aa4 ... G_1197.jpg[/img]
Geniet dit.

Re: In die botter

Posted: Fri Jul 27, 2012 9:10 pm
by atplay
Mastag!

Re: In die botter

Posted: Fri Jul 27, 2012 10:23 pm
by Flip Nel
mooi

Re: In die botter

Posted: Sat Jul 28, 2012 5:46 am
by Reggie Gerber
Awsome set of horns

Soos jy se die memories is alles.

Ek het n soort gelyke stel op my muur 54" maar die twee dae se "cat en mouse " sal altyd my memory wees van hom

Reggie

Re: In die botter

Posted: Sat Jul 28, 2012 8:09 am
by Frederik
Pragtige stel horings.

Re: In die botter

Posted: Sat Jul 28, 2012 8:36 am
by Spanner
D?ksels daai horings vertoon mooi, ek het plek teen my muur vir net so stel, ek moet hulle nog net raakloop.

Re: In die botter

Posted: Sat Jul 28, 2012 8:43 am
by Ralph
Baie mooi horings. Sit dit op 'n bord en bewaar dit.

Re: In die botter

Posted: Sat Jul 28, 2012 1:56 pm
by stan man
maak vir jou n mooi europese montering. dit is n grootse voorreg om so n dier te kan skiet. ek persoonlik dink dit is n moet om n dier se nagedagtenis te laat voortleef. daarom maak ek europese monterings van die meeste diere wat ek skiet. ja ek weet n mens het nie plek vir almal nie,maar dan kan dit vir iemand gegee word wat dit waardeer.ek het self nog net een trofee laat maak maar die ander wat ek self wou he het ek gemonteer en dit kom dan by my braai op.

jy het regtig n baie mooi koedoe kon skiet.
daie geluk.

Re: In die botter

Posted: Sat Jul 28, 2012 11:24 pm
by Boesman
Ek gaan dit verseker monteer! 'n Man soos daardie verdien om verewig te word. Dis darem wonderlik wat die natuur vir ons gee.

Re: In die botter

Posted: Tue Jul 31, 2012 7:46 pm
by johnny
Vinnige vragie, het daar n traan uit sy oog geloop na hy dood was, sien dit nogal gereeld , veral op groterige koedoes, en gemsbok, is daar ander manne wat dalk dit ook al gesien het???

cheers

Re: In die botter

Posted: Thu Aug 02, 2012 3:39 pm
by Boesman
Ek het al baie gehoor van die traan uit 'n koedoe se oog, maar snaaks genoeg dit nog nooit gesien nie. En daarom ook nie eintlik gekyk daarvoor nie..., maar sou dit darem seker gesien het as daar was. Ek kan jou nie met sekerheid antwoord nie.