Node spoed en verandering van TPL

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
Jacques van Eeden
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Wed Jun 08, 2011 10:47 am

Node spoed en verandering van TPL

Post by Jacques van Eeden »

Goeie middag

Voordat ek myself nou gaan frustreer help my gou asseblief. Ek het begin deur net tot by die crimping groove te seat. My groepe was OK maar sal graag wou kleiner. Deur nou met TPL te speel wil ek graag kyk of ek kleiner groepe kan kry. Ek wil begin by maksimum magasyn lengte en vandaar af terug werk en kyk wat maak dit aan my groepe. 
Ek het 'n node spoed gekry van 2295fps met 'n TPL 76.5mm vir my 303
S335 lot 696
Federal 210 Primers
Hornady 174gr RN
Loop 21.91 duim
Remington doppe 58.6 grein H2O

Nou my vraag is as ek TPL verander na 77.3mm sal dit my node spoed verander of nie.
Met ander woorde moet ek nog laai vir 2295 of sal daar nou 'n ander spoed wees?

Ek vind dat ek 2,7 grein meer S335 moet gebruik om dieselfde spoed te kry met die langer TPL.

Dankie vir die hulp.
Jacques
.177 Gecado, .22 Rem Scoremaster 511, .22 Brno Model 2, 222 Rem Anshutz, Colt AR 15, .303 Lee Enfield No4 Mk1, .308 Win Howa Varm, 22-250 Rem Howa Varm, 12Br Mossberg, 12Br Baikal s/s, .38Spl Taurus, Vektor SP1, Vektor SP2, Ruger Redhawk .44Mag, CZ200
User avatar
Jacques van Eeden
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Wed Jun 08, 2011 10:47 am

Re: Node spoed en verandering van TPL

Post by Jacques van Eeden »

Arnold, help asseblief. :'(
.177 Gecado, .22 Rem Scoremaster 511, .22 Brno Model 2, 222 Rem Anshutz, Colt AR 15, .303 Lee Enfield No4 Mk1, .308 Win Howa Varm, 22-250 Rem Howa Varm, 12Br Mossberg, 12Br Baikal s/s, .38Spl Taurus, Vektor SP1, Vektor SP2, Ruger Redhawk .44Mag, CZ200
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

Re: Node spoed en verandering van TPL

Post by jl1904 »

Naand Jacques, jou spoed gaan verander as jy TPL verander, maar jy moet nogsteeds na jou node spoed toe werk, so jy sal moet lading aanpas.
Gamo CFX, .22 Brno, .223 CZ 527, .243 Howa varmint, 6.5x55 Swede, 30-06 Brno, 300WSM Howa, 303 BSA Nr1 Mk3, 375 H&H , CZ 712 semi auto 12br, Marlin 45-70, 9mm Para CZ
User avatar
Jacques van Eeden
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Wed Jun 08, 2011 10:47 am

Re: Node spoed en verandering van TPL

Post by Jacques van Eeden »

Dankie jl1904

Ek het gesien ek moes 2.5grein meer laai om weer 2292fps te kry in PMP doppe en is nou besig om weer op te werk met Remington doppe. Het net gewonder en gedink ek moet dalk eers vra voordat ek als doen en dan uitvind die spoed het verander.

Groete
.177 Gecado, .22 Rem Scoremaster 511, .22 Brno Model 2, 222 Rem Anshutz, Colt AR 15, .303 Lee Enfield No4 Mk1, .308 Win Howa Varm, 22-250 Rem Howa Varm, 12Br Mossberg, 12Br Baikal s/s, .38Spl Taurus, Vektor SP1, Vektor SP2, Ruger Redhawk .44Mag, CZ200
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

Re: Node spoed en verandering van TPL

Post by jl1904 »

Lyk my jy verstaan dit soos ek Jacques, die node in mil/sek word bepaal deur die spoed oor 'n sekere lengte loop, so as jou komponente die selfde bly en veranderings in primer of seating diepte gemaak word moet spoed aangepas word om terug op die node te kom, deur lading aan te pas.
Wat se koeels skiet jy mee.
Het jou geweer 'n lang freebore, ek vra omdat jy wil laai op maks wat in magasyn kas kan pas en dan terug werk.
As dit nie die geval is nie het ek gevind dat ek gewoonlik tussen 0.8 en 2mm van die groewe af akkurate ladings kry. 
Gamo CFX, .22 Brno, .223 CZ 527, .243 Howa varmint, 6.5x55 Swede, 30-06 Brno, 300WSM Howa, 303 BSA Nr1 Mk3, 375 H&H , CZ 712 semi auto 12br, Marlin 45-70, 9mm Para CZ
User avatar
Jacques van Eeden
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Wed Jun 08, 2011 10:47 am

Re: Node spoed en verandering van TPL

Post by Jacques van Eeden »

Goeie more

Ek laai 174 grein Hornady RN en as ek tot teen die groewe laai (77.76mm)is die punt net 3.6mm in die dop wat te min is. Ek probeer om ten minste die koe?l twee derdes van die kaliber in die dop te kry.
Met 'n TPL van 77.3mm is die koe?l darem 5.1mm in die dop met 'n vry boor van 0.88mm. Die magasyn kan 79.48mm Totale magasyn Patroon Lengte vat.
Toe Arnold vir my die node uit gewerk het het ek vir hom 'n TPL van 76.5mm gegee wat tot by die krimp groef was. Dit het 'n vry boor gegee van 2.26mm. Nadat ek oom Ludwig en Wouter se gids gelees het verstaan ek dat jy laai vir die spoed en dan speel met die TPL om die groepe te probeer kleiner kry.
Dit is hoekom ek wil begin op so lank as moontlik.

Ek laai ook 174 grein PMP FMJBT wat ek solank maak om in die magasyn te pas. Ek het die lading aangepas om weer 2292fps te gee nadat die node spoed wat ek gekry het ook vir 'n korter TPL was. Die lengte is 1.82mm langer en die lading is op met 0.9 grein
om weer die spoed te gee.

Dit is hoekom ek wonder of die node spoed dieselfde bly. ???

Groete
Last edited by Jacques van Eeden on Sat Jul 14, 2012 3:01 pm, edited 1 time in total.