Hi aan al die lede!
Ek het die laaste ruk 'n proebleem op getel met gesin wat lei tot my geweer (30-06 Musgrave) wat terug keer na regte eienaar (oupa) d.w.s dat ek op die stadium gese is deur my pa om na 'n nuwe geweer te soek. Ek het aan my pa voor gestel dat ek 'n 300. WM kan kry en hy het in gestem (het al met baie gewere geskiet soos 375 H&H, 308, 243, 303 ens.). Ek het net 'n vraag oor die geweer: Sal ek in die bosveld kan jag sonder om vleis lelik op te voeter met 'n afstand van 80-180m? Watse gr patroon is die beste vir hierdie jag omstandighede? Is daar ander gewere waarna ek ook moet kyk? (Wil darrem bietjie lang afstande gan in die vlaktes van so BAIE VER)
Groete aan almal!
VRAE OOR 300. WIN MAG!!!
- brendon96
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Thu Jul 12, 2012 10:22 pm
VRAE OOR 300. WIN MAG!!!
Last edited by brendon96 on Thu Jul 12, 2012 11:26 pm, edited 1 time in total.
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: Vrae oor 300. WIN MAG!!!
Hi Brendon
Welkom hier. Jy kan gaan search onder die herlaai afdeling daar is / was nou onlangs 'n paar geselsies oor die 300wm. Om jou vraag te antwoord - dit hang af.
Jy kan 220gr gelaaide patrone kry wat beter sal doen in die bosveld, met betrekking tot vleisskade. Ek het vir lank net 'n 300wm gehad en 180gr PMP pro-amms geskiet - op 'n rooibok op bosveld afstande gaan jy vleis verloor. As jy self gaan laai dan kan jy kyk na monolietiese (koper) punte soos: Barnes, Hornady GMX of ander premium bonded punte soos Nosler Accubonds of Hornedy Interbonds, om 'n paar te noem.
Party van die slim manne hier sal dalk ook aanbeveel dat jy na die 300WSM kyk. Ek ken nie die goed goed genoeg om te weet of dit so groot verskil maak nie, maar stel voor jy doen jou huiswerk op dinge soos beskikbaarheid van ammunisie en herlaai komponente asook die prys hiervan. Hoeveel jy gaan skiet moet ook deel maak van hierdie sommetjies.
As dit jou eerste en enigste geweer gaan wees, moet jy ook gaan dink of die kaliber vir jou die veelsydigheid gaan gee vir dit waarvoor jy hom gaan aanwend.
Ek het my eerste klomp bokke met my 300wm geskiet en hy sal maar altyd een van my gunstellinge wees. Hoop dit help.
Groete
Christo

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: VRAE OOR 300. WIN MAG!!!
300wm, jy kannie n fout maak nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!