Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het die naweek die geval gehad wat ek 'n klein gemsbok koei van kant moes maak omdat die bok nie kon opstaan nie. Die bok het geen reaksie getoon nie en ek kon sien iets was nie in plek nie
My vermoede is lambosluis want een oomblik was sy nog reg en die volgende net gaan neerval - geen gebrekte bene of beserings was opgemerk nie. Ons vermoed dit is ook 'n groot rede waarom die getalle van die gemsbokke en hartebeeste nie wil voor kom nie. Kan dit die geval wees?
Nou 'n vraag vir die kenners van die gebied, watse metodes gebruik julle vir bosluisbeheer?
Christo
As jy is waar karooverlammingsbosluis voorkom weet ek gemsbokke maak dit nie tensy jy hulle behandel met Deadline of so iets nie.As jy betyds is en hulle kan vang kan jy hulle deadline en dan parafien en melk 50/50 meng en vir hulle ingee-dit werk vir skape en as dit nie te laat is nie staan hulle vinnig op.Weet nie of dit vir bokke sal help nie ma dit behoort.
Henry
JA LAMBOSLUIS IS N BL*&^& SEM .VRIEND NABY MY HET BAIE EEN WINTER VERLOOR .RAAD TEEN DIT ? JY KANNIE GEMSBOKKE IN LAMBOSLUIS VELD SIT NIE .BY SKAAP KAN JY DIE BOSLUIS AFTREK EN BINNE N PAAR UUR SAL DIE DIER WEER STAAN ,AS HY NIE REEDS TE SWAK IS NIE .SOMMIGE JARE IS DIE UITBRAKE OOK ERGER AS ANDER JARE .DIT HELP OOK OM BEESTE [WAT MET DEADLINE BEHANDEL IS ] IN DIE KAMPE TE LAAT WEI ,MAAR DIT BLY MAAR N RISIKO
christo as ek dit nie mis het nie kry jy n ding wat jy by jou waterplek opsit wat dan die diere bietjie deadline opspuit as hulle gaan water drink d.m.v n sensortjie.eks nie seker wat sy naam is nie,aplicater of iets.het dit lank terug in die landbouweekblad gesien.google dit maar.miskien ken jy al die ding.wa bly jy?
Dankie vir die replies manne. Ek sal maar mense van Natuur Bewaring kontak en hoor wat hulle voorstel en dit van daar af vat.
Johan ons is tussen Touwsrivier en Laingsburg. Ek sien gereeld die advertensies in die SA Jagter en Wild en Jag van die verskillende bosluisbeheer toestelle. Dalk die moeite werd om 'n paar aan te skaf. Ons elande is ook betrek met die bosluise maar dit affekteer hulle glad nie. Sal julle op hoogte hou indien ek vordering gemaak het.
Ek het nog nooit van so iets gehoor nie. Ek boer nou nie maar het baie vriende in boerderye. Kan mense dit ook oorkom?
Ek het net gewonder hoekom is ek altyd so lam op 'n Maandag na die naweek in die veld.(is ernstig)