Skietles.

Post Reply
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Skietles.

Post by Chevvy SS »

Manne, verlede week het ek 'n vertoning gesien wat my sprakeloos gelaat het.

Ek is genooi om ietsie vir myself te skiet vir "goeie diens" gelewer oor die afgelope 18maande. Skiet toe 2 gemsbokke op so 150m, en voel heel trots. Maar my keel trek toe vir die langer skote op wilde springbokke, want die wind was meer as 30km per uur. Moes van die bakkie skiet, want dis kaal vlaktes en daar was nie 'n skietrak op die bakkie nie- net een van daardie V-sakke en 'n plank om op te sit. Ek kon glad nie 'n gemaklike posisie kry vir dooierus nie.

Na so 6 skote en 2 bokke, stop die baas en klim agterop met sy 25-06 Sandero en maak die magasyn vol met Winchester fabriekspatrone. 14 skote later en 10 bokke op 300 meter+, was ek skaam en het besluit om my guns op te hang, vir altyd. Sommige skote was sommer oor die bakkie se deur. Net kop en nekskote het my daardie besluit laat neem.

Dit was voorwaar iets om te sien in daardie wind. En hy jag nie baie nie, en s? hy kan glad nie van die bench af skiet nie.
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Skietles.

Post by matewis »

Hy skiet dalk nie baie nie maar ek kan jou verseker hy en sy roer verstaan mekaar! Wys maar net weer dat jy moet weer wat werk, en daarby hou.

Maar ja dit bly indrukewekkend (en intimiderend!) om 'n man wat kan dop te hou.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Skietles.

Post by FHM »

Ja nee Chevvy SS, dit sal enige man laat nederig raak... ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Skietles.

Post by Marc »

Net weer 'n bewys, PASOP VIR DIE MAN MET NET EEN ROER  :angel:
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Cornelius
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Tue Apr 03, 2012 1:33 pm

Re: Skietles.

Post by Cornelius »

Dis indrukwekkend! Sal geniet om so iets te beleef eendag en nog meer as ek so iets eendag kan doen na jare se oefening met my eerste roer wat hopelik volgende week in sy nuwe huis staan. Wag nog net vir lisensie kaartjie.
Bowtech Destroyer 340
9mm P07 Gen 2
.22 Mauser | .243 Win | 6.5 Grendel | 6.5 PRC | 7mm Rem Mag | 300 PRC | .303 MK2 No.4 | 338 Win Mag
.375 H&H | 450 Rigby
wannaby
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Fri Jul 30, 2010 9:45 pm

Re: Skietles.

Post by wannaby »

Chevve ss
Daar is nogal baie sulke manne, ek self skiet in 'n jaar baie doppe leeg meestal op die baan maar van my buurmanne asook my pa sal sonder oefen met 'n enkel skoot 'n dier dood.  My oom (70) s? my laasjaar hy het vir my 'n paar 243 doppe  aangesien hy fabrieksammunisie skiet en ek herlaai.  Ek s? toe nee dis reg ek sal dit kom haal(ek kan nogal doen met so 'n ekstra honderd of so) daar aangekom gee hy my 7 doppe van die sewe koedoes wat hy geskiet het.

Ek troos my maar daaraan dat party mense net bloot goeie jagters is want hierdie einste oom het in sy army kampe ook maar sleg gevaar op die teikens maar as 'n bok staan val hy.

Groete Wannaby
"winning starts with beginning"
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Skietles.

Post by GERT vd M »

Chevy,
          Se my net een ding: waar het jy daai gewere opgehang, sodat ek dit kan gaan haal ;D :D
          Aan die anderkant weer, ek ken mense wat ook so kan skiet op 300 tree maar as n groot koedoe bul hier op 25 tree
voor hom inloop dan kry hy die wilde ritteltits( familie van bokkoors , net erger )
                          Groetnis
                            Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
Post Reply