Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het my 30-kwes se lading verander omdat as hy warm geskiet raak tekens van druk degin wys het en my skouer onnodig pak moes vat. My groeprings op 100m was OK met die vorige lading. Ek toets toe die ligter lading vamore en kom agter dat hy baie beter groepeer op 200m as 100m, sommer sleg op 100m. Het al baie gehoor van "Hy's nog nie gestabiliseer op 100m nie ens." Na ek 'n p?llie geb?l het wat benchrest skiet, en nog nie tevrede was met sy antwoorde nie, soek ek toe bietjie rond en kom op hierdie oulike verduideliking af op die onderstaande link...
Taffie geluk met daai jakkalse,
Ek hoop jy't die link interesant gevind? Die roer is niks spesiaals nie ou K98 Musgrave. Die doppe is ma Highland wat ek dink darem meer spasie het as PMP doppe. En jy's reg dis 'n rowwe lading maar ek hou die spul dop vir te veel druk.
Dawie
Ps Andr?(Swarofski) sal laat weet as die spul in my gevreet gebars het.
Jong ek sien die Boere is nie bang nie, vir herlaai in elk geval nie. Daar is een kaliber waar ek wegbly as dit by eksperimente kom en dit is 'n pel van my se 6x45, ek wonder hoekom ou Gregor Woods so van die roer hou.
Raynie
Ek het nou self in die Somchem boekie gaan kyk, en wragtie. Waarom sou mens dan 'n 300 win mag koop as jy vir baie goedkoper, en onveiliger, dit met 'n 30-06 kan doen??? Dawie
Kerels
ASSEBLIEF alle eienaars van 30-06 gewere moet besef dat die lading van Dawie net veilig is in sy geweer se kamer,kopspasie,loop demensies.En dan net met sy dop,punt,slagdop en lading kombinasie.
Dit moet onder geen omstandighede in enige ander 30-06 geweer geskiet word nie !!!!!!!!!!!!!!
Ek vra weer mooi ASB MOET NIE DIE LADING GEBRUIK NIE
johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
Die Topic gaan oor die LINK wat handel oor die spiraal pad wat die ongestabileseerde punt volg voor hy stabiliseer wat ek graag wou deel.
Die topic was nou ongelukkig ge-sidetrack deur my onverantwoordelike brokkie by-inligting. Die lading is na opgewerk en ek kan almal ook maar net vra om eers 'n studie te maak van herlaai en ladings van onder af op te werk met die nodige agting vir veiligheid en NOOIT LADINGS WAARVAN JY GEHOOR SOMMER NET TE LAAI NIE!!!!!!!!!!
Terug na die bespreking, ek het gehoor dat boat-tail punte langer vat om te stabiliseer. Is dit omdat hulle "centre of gravity" verder vorentoe is agv die materiaal wat weggevat word op die stert. Ek het iewers gehoor 'n stabiele of akurate punt se "centre of gravity" probeer die vervaardigers so ver terug bring as moontlik deur bv gaaitjie voor in te boor ens???
Het die eksperts 'n antwoord of verduideliking? Dawie
Ek het dit toe darem gelees gekry en dit maak sin. Van flatbase en boattail koeels weet ek egter nie so baie nie, kom net agter dat die groeperings beter is met flatbase koeels. Ek skiet hierdie varmint koeels so vinnig ek kan om tot so 270 meter nie te veel te worry nie. My ou teleskopie het die # 8 kruisdraad en as die jakkals om die kruis moet loer om my te sien weet ek dat dit te ver is. Lekker om die jakkals in die teleskoop te sien val.
Dawie
Het die antwoord nie met ballistiese koe?ffisient en sectional density te make nie.??
Speel dit werklik 'n rol nader as 250 meter???
By penetrasie op grootwild is die platgat nie so geneig om in die bok te dwaal nie.
Dawie
Stabilisering hou verband met die RPM van die projektiel. Die ideaal vir enige koe?l is tussen 180000 en 230000 rpm. Dus spoed en groeftwist is die belangrike dinge. Looplengte speel beslis ook 'n rol. Soos 'n koe?l trek sal sy spoed en sy rpm verander.
B.K. en S.D. bepaal hoe gou jou koe?l sy spoed sal verloor wat weer sy stabiliteit sal be?nvloed.
Hierdie dinge maak egter nie in die jagveld en op normale jagafstande veel verskil nie en is sommer net om sekere slim ouens se verstand aan die werk te hou.
Werk vir jou ladings uit en kyk watter lading pas jou geweer en geniet jou skiet.
Daar is geen twee gewere met dieselfde eienskappe en wat presies dieselfde skiet nie --- amper soos vry, elke meisie het haar eie dinge.
rpm hoe vinnig moet n koelkie trek , of hoe vinnig kan hy spin voor hy van koers af spin of disintegreer of sommer homself uit shape uit spin en gaan tref waar hy wil...
Is dit moontlik dat n punt kan disintegreer voor hy by teiken kom?
Soou ek dan aflei hoe vinniger hy spin hoe beter moet die konstruksie wees....
Ek weet dit is neuskrap akkuraatheid waarvan ons nou praat , maar net lekker om te weet..
ek skiet my roer waa hy groeepeer en dis dit..
en hoe meet n mens jou revs op jou punt?
dalk net met n volume, maar ek vra ma net..
Jy meet nie jou refs nie. Werk hulle uit. Daar is bewese optimum RPM as die ideaal om te gebruik met inagneem van verskeie by faktore.
Ek maak my egter nie moeg met al hierdie teorie nie en het nog altyd vleis in die pot gehad en ook nie te stukkend geskiet nie.
Ja die koeel kan disintegreer. Ken mos die storie van die eerste swift koe?ltjies wat soos vo?lhael op 20tree geskiet het.
'n Koe?l spin nie van koers nie behalwe met meer drukking of wrywing op een sy.
FM.
dis nie dalk FM wat familie is van chris cotzee....nie (de wetsdorp)?
mooi loop (die sand maak mooi spore en mens ka ver skiet as jy n 30 hart het in daai suidwes afrika )