303 Akuraatheid oor lang afstand

Post Reply
WindhoekDraught
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Wed May 30, 2012 10:45 am

303 Akuraatheid oor lang afstand

Post by WindhoekDraught »

Dagse Manne,

Ek het die verskil tussen 150gr en 174gr van nader beloer en vind die volgende:

150grHornady Spoed 2600ft per sek;
100m zero:
Patroon val 12 duim op 250m
Wind teen 20km/h skuif 10 duim

174 FMJ Spoed 2400 ft per sek
Patroon val 13 duim.
Wind skuif 8 duim.

Op n 200m zero val:
150 gr 5 duim en 174 gr ook 5 duim. (Afgeronde syfers)

So ek verstaan daar is dan nie n groot verskil tussen die twee gewigte nie. Ek het maar besluit om die Gemsbokke met die 303 te klits met die 174gr (afstande is nader; so max 180m, en die Springbokke met 30-06 met 125gr).

Is daar manne met beter raad op watse grane (gr) die beste vir lang afstande 250m en verder te gebruik?

Groete
Windhoek
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 303 Akuraatheid oor lang afstand

Post by Armand Steenkamp »

Ek sou net n 165gr premuim koel in die 3006 laai en alles met hom skiet.

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: 303 Akuraatheid oor lang afstand

Post by FHM »

Windhoek,
Ek se nie jy moet ander koels of greine probeer nie - mens probeer nie iets nuut as mens gaan jag en jou geweer is reeds reggestel op n seker grein nie.  ???Jy het seker nou al ge oefen met jou 125 Gr op 250 m so jou 0kwes is seker ingestel daarop. ;)

Vir interressantheid, ek het die afgelope naweek n B/bok en S/bok op 250 m bladskote met A-frames 180 gr geskiet met my 0-kwes. Ek het voor die tyd op daai afstande met daai greine geoefen so ek het gemaklik gevoel. 

In my beskeie mening sal jou 0kwes met 125 gr op 250m die werk doen op s/bok, as dit windstil is. Persoonlik sou ek self veilig speel en 150 gr in die 0kwes op daai afstand ge oeffen en gebruik het, net as daar dalk n ou windjie roer die dag. Dis my 5 c. ;D
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
22-250 Sniper
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Fri Dec 09, 2011 8:20 pm

Re: 303 Akuraatheid oor lang afstand

Post by 22-250 Sniper »

Hier by ons praat die manne van posbus 303. Een van die voordele van n 303 op lang afstand,jy het tyd om in jou spotting scope te kyk waar die skoot val. Let the past live in the past.
GUNS DON'T KILL, PEOPLE KILL
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 303 Akuraatheid oor lang afstand

Post by Carl »

22-250 Sniper wrote: Hier by ons praat die manne van posbus 303. Een van die voordele van n 303 op lang afstand,jy het tyd om in jou spotting scope te kyk waar die skoot val. Let the past live in the past.
:laugh:
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 303 Akuraatheid oor lang afstand

Post by Gerhard »

22-250 Sniper wrote: Hier by ons praat die manne van posbus 303. Een van die voordele van n 303 op lang afstand,jy het tyd om in jou spotting scope te kyk waar die skoot val. Let the past live in the past.
Oppas dat die "past" nie vandag se kalibers stil skiet nie...

Ek het menige kritiek al stil geskiet op 300m + met my 303, 174gr Army ammo en 'n 4 x 32 tasco scope.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 303 Akuraatheid oor lang afstand

Post by Gerhard »

WindhoekDraught wrote: Dagse Manne,

Ek het die verskil tussen 150gr en 174gr van nader beloer en vind die volgende:

150grHornady Spoed 2600ft per sek;
100m zero:
Patroon val 12 duim op 250m
Wind teen 20km/h skuif 10 duim

174 FMJ Spoed 2400 ft per sek
Patroon val 13 duim.
Wind skuif 8 duim.

Op n 200m zero val:
150 gr 5 duim en 174 gr ook 5 duim. (Afgeronde syfers)

So ek verstaan daar is dan nie n groot verskil tussen die twee gewigte nie. Ek het maar besluit om die Gemsbokke met die 303 te klits met die 174gr (afstande is nader; so max 180m, en die Springbokke met 30-06 met 125gr).

Is daar manne met beter raad op watse grane (gr) die beste vir lang afstande 250m en verder te gebruik?

Groete
Windhoek
Windhoek,

Jy kan maar met die 174gr of selfs 180gr's uit jou 303 jag tot op 200m.

Ek het hele klompie bokke op daai afstand gejag sonder enige probleme.

Sou voorstel jy zero die 303 op 150m en maak dan seker waar hulle print op 200 en 250m voor jy gaan jag.

Vir die 3006 stel ek 150gr voor vir die springbokke.

Met my 3006 kry ek 3050fps met 150gr Nosler BT's en Accubonds.

Die regte afstand zero en dan seker maak waar jou geweer print op verskillende afstande bly die geheim.

Lekker jag en onthou die fotos.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
WindhoekDraught
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Wed May 30, 2012 10:45 am

Re: 303 Akuraatheid oor lang afstand

Post by WindhoekDraught »

Dankie Gerhard, sal so maak en n klompie foto`s neem. Ek hoor dit reen in die Kalahari en dat dit vrek koud is op die oomblik, miskien vries daai bokkies nog as ons daar kom en skiet ons hulle van naby  ;D
Post Reply